Gautengse regering het ‘geen benul’ watter bates hy besit

(Foto: Unsplash)

Die Gautengse regering het geen benul watter vaste bates hy besit, óf in watter toestand dit is nie, het die DA in die provinsie Sondag gesê.

Die DA sê hy is “geskok” dat die departement van infrastruktuurontwikkeling en eiendomsbestuur nie weet wat die status van sy bates is nie, het die DA-woordvoerder vir infrastruktuurontwikkeling in Gauteng, Alan Fuchs, in ʼn verklaring gesê.

Fuchs het gesê dit het duidelik geword nadat die LUR vir die departement, Tasneem Motara, gevra is om ʼn lys met leegstaande geboue in regeringsbesit te verskaf.

“Die lys wat verskaf is, is onakkuraat en nie ʼn ware weerspieëling van al die leë geboue onder die bestuur van die departement nie. In die vorige termyn het die portefeuljekomitee afgekom op verskeie kommersiële en woongeboue wat nie onderhou word nie. Die geboue is in gebiede soos Randburg, Boksburg, Alberton, Mogale City en Pretoria. Die meeste daarvan staan leeg, of word onwettig beset.”

Een van die geboue wat die LUR as leegstaande bestempel, word beset deur inwoners wat ingevolge ʼn ooreenkoms tussen die departement en die Mogale-burgemeester daar woon. Die departement behoort te weet van ʼn ooreenkoms wat hy onderteken het, het Fuchs gesê.

Die DA het gesê dit is kommerwekkend dat die departement wat verantwoordelik is vir die voogskap van vaste bates ter waarde van R43 miljard nie ʼn volledige en akkurate lys daarvan het nie, asook nie die mensekapitaal om dit deurlopend te evalueer nie.

“Dit is nie verrassend nie, want die departement het geen eiendomsbestuursfunksie nie. Dié tekortkoming lei tot ʼn situasie waar die departement, afgesien daarvan dat hy nie ʼn akkurate databasis het nie, ook geen benul het van die finansiële verlies wat hy op ʼn jaarlikse grondslag ly weens die verslegtende toestand van sy bates nie,” het Fuchs gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Melanie ·

Hulle weet presies watter eiendom in hulle besit is. Die DA het nog net nie 2 en 2 bymekaar gesit nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Sodra die A&C ALLES onteien het SONDER vergoeding het hulle NIE ‘n lys nodig nie, Mnr Fuchs!!

Johanna Botha ·

Onkunde onbeholpe die mense is dom en weet niks nie …nou is daar n plan ….gaan nie werk nie !

Suid Afrikaner ·

Ek was ongeveer 2000 betrokke by ‘n projek vir die GAuteng regering. Ons is eeendag versoek om as deel van ons werk vir Gauteng regering vas te stel waar hulle hostels is. Vreemd genoeg het hulle verblyf fooie ontvang. ‘n Klompie oproepe en twee dae se rondry en almal was geidentifiseer en besoek.
Hulle was en is steeds hopeloos onbeholpe

Suzette Geringer ·

Dit kom nie eintlik as ‘n verrassing nie – hulle weet niks van niks.

Thinus ·

Dan wil hierdie idiote die NHI bestuur nadat elke liewe pilot projek gevaal het?

Peet ·

Enige lewensvatbare entiteit moet ‘n bate register hê. Is seker hulle het een gehad maar niemand weet wat dit ís en waar dit is.
Enigiets wat -bestuur of -ontwikkeling bevat, is in elk geval ‘n oksimoron vir die huidige bestel.
Sou wil voorstel dat julle ‘n raakvatter soos Uber Sturmfürer Lesufie kry om dit te doen. Hy moet net die aantal put toilette ook dokumenteer.
Iets wat hy mee sal sukkel is om goed wat hy nie beheer of besit nié as sy eie bate te beskou.
Dit sal in elk geval verhoed dat hy inmeng met vooruitgang.

Andrea van Vuren ·

Nee Ans, hulle het bykans alles gevat. Al wat nog oorbly is ons pensioengeld (OBK) en ons mediese fondse. Glo my, binne ‘n jaar of twee is alles opgemors en buite werking. Een van die dae is dit jou eiendom.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.