Gautengse regering kanselleer alle Bosasa-kontrakte

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa (Foto: Dimpho Maja/ANA)

Die Gautengse regering sal alle kontrakte met Bosasa kanselleer en prokureurs is opdrag gegee om die kansellasie met onmiddellike effek in werking te laat tree, het premier David Makhura Sondag gesê.

Hy het verwys na sy provinsiale rede op 18 Februarie waar hy die Gautengse regering daartoe verbind het om enige besigheid met Bosasa te hersien in die lig van bewerings wat tydens die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping aan die lig gekom het.

Hy het die Gautengse etiese raad versoek om in besonderhede enige kontrak tussen Bosasa-entiteit en enige departement of entiteit van die provinsiale regering te hersien. Dit sluit in om te bepaal of enige kontrak onreëlmatig of op korrupte wyse toegeken is.

“Ek kan nou bevestig dat die departement van maatskaplike ontwikkeling sedert 2003/4 ʼn kontraktuele verhouding het met Bosasa vir ʼn fasiliteit waar kinders, wat in konflik is met die reg, tuisgaan. Die departement het tot dusver die afgelope 15 jaar altesaam R600 miljoen aan Bosasa oorbetaal.

“Die provinsiale regering, as deel van sy beleid van zero-verdraagsaamheid teen alle vorme van korrupsie, sal nie sake doen met enige diensverskaffer of entiteit wat by korrupsie betrokke is nie. Alle kontrakte met Bosasa sal gekanselleer word.”

Makhura het gesê alle kontrakte met enige diensverskaffer wat by korrupsie of staatskaping betrek word, sal gekanselleer word, net soos die provinsiale regering sy kontrakte met KPMG en McKinsey verlede jaar gekanselleer het. “Korrupsie kan nie genormaliseer word nie en dit bly die nommer een vyand in die regering en privaat sektor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Karolis ·

Premier Makhura, dit is ‘n goeie begin. Doen so voort.
In die verbygaan vat vir jou ‘n klokke.

John ·

Was Makhura onder narkose die afgelope paar jaar? En hy weet niks van niks…

Dries du Toit ·

Makura jy is deel van n korrupte organisaie wat almal geskep het. Jou organisasie se Nasionale Uitvoerende Komitee sit vol van die skeppers uit Bossasa. Mokoyane en Mantashe gaan jou lekker in die bek ruk ou maat. Wie dink jy bluff jy???

Frans ·

Wat gaan nou met die persone gebeur wat onwettig by Bosasa betrokke was en wat enorme geld daaruit gebuit het! Die regering sal mos nie alle Bosasa kontrakte kanselleer indien dit nou ‘n feit is dat korrupsie plaasgevind het nie. Dus word korrupsie en die kaping van groot geld erken, maar geen skuldiges word gestraf nie. Hoe interpreteer mens sulke uitsprake? Die gevolg is dus dat wanneer korrupsie gepleeg word, dan word die kontrakte gestaak sodat nie verdere korrupsie plaasvind nie. Dieselde beginsel moet dan vir e-tol geld; geen betaling en e-tol se kontrak moet gekanselleer word. Óf dink ons ondersoekspan se lede dat korrupsie slegs op sekere instansies van toepassing is terwyl die ander instansies aan die wet gehoorsaam moet wees? Geen deurlopende wyse van toepassing van die wet nie. Miskien is daar verskillende wetboeke wat vir elke instansie gebruik word, sommige tot “vergifnis” van korrupsie, ander tot afwingbare wetgewing met vonnisoplegging of boete. Dit is SA se “regstelsel” wat “taktvol” toegepas word.

Klip in die bos ·

Ons word van misdaad teen die mensdom oor apartheid beskuldig. Nou wonder ek maar net, Watter naam kan ons aan hierdie vergrype koppel? HELP asb.

BlinkStephaans ·

Ek wonder so by myself… die dag as Mr. Watson nou tot die besef kom daar is nie eintlik genoeg geld om hom uit die fiasko te koop… en hy skuif teen wil en dank daar by Mr. Zondo se spreekkamer in…. hoe lank dink julle gaan daardie lys name raak?… ek dink ons het maar nog net begin. Ou Wattie doen jy nou maar die regte ding en pak die patas uit… jy dink tog seker nie jy gaan onaangeraak hier uitstap. Ons wag… en dan hoop ek van harte daar is iets of iemand daar buite met genoeg tande om die span tot orde te roep.

Db ·

‘n Bietjie laat om nou stem te gooi. Waar is al die geld heen en hoekom moet ons almal daaronder lei. Hoekom kan hy nie sy stem begin dikmaak oor hierdie ellendige “loadshedding” nie! Hulle het seker almal kragopwekkers by die bose maatskappye verniet gekry en ons wat dit nie kan bekostig nie moet met kerse en lampe aanploeter. “I rest my case”

CallieL ·

Hier begin die cover up. Cr se naam is ook in bosasa. So, niemand hier gaan iets oorkom nie

SjN ·

Verkiesing lê voor, dit saam weer kospakkies en t hemde reën.

BlinkStephaans ·

Ek wonder net wie gaan betaal vir al die presentjies die jaar… want vorige jare het bosasa daarvoor betaal?

George in Bloem ·

Nou kan mens net wonder wie is die volgende klomp kaders wat nou ‘n beurt gaan kry om hulle sakke vol te stop van die vuisvoos belastingbetaler se geld. Want enige persoon wat dink hier gaan ordentelike tenderprosedures gevolg word met die toekenning van hierdie lekker vet tenders wat kom moet sy kop laat lees.

Irma ·

Nou eers?? Daar was seker nog ‘n paar wat vir hul ‘cashback’ bonusse gewag het. Dit kon eintlik skreeusnaaks gewees het…. as dit nie so rampspoedig en negatief was nie. Party mense het darem geen trots nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.