Gautengse regering moet ingryp by Lenasia, sê DA

Inwoners van Lenasia-Suid versper paaie in die gebied (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Die Demokratiese Alliansie het ʼn beroep gedoen op die Gautengse provinsiale regering om die proses te bespoedig om seker te maak dat inwoners in Lenasia toegang het tot behoorlike behuising en betroubare dienste ná ʼn reeks betogings in die gebied.

“Ondanks ʼn belofte van die ANC- provinsiale regering dat grondgrype nie geduld sal word nie, het die situasie nou buite beheer geraak. Dit het daartoe gelei dat inwoners van omliggende gebiede, soos Lenasia, Lenasia-Suid, Zakariyya Park en Ennerdale gereeld water- en kragonderbrekings beleef, ʼn toename in misdaad sien en omgewingsagteruitgang beleef,” het Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, gesê.

Hy het gesê die Stad Johannesburg verloor inkomste weens die diefstal van water en elektrisiteit en infrastruktuur word beskadig. Volgens hom is inwoners die slagoffers van die ondoeltreffendheid van die ANC.

“Politici wat verantwoordelik is vir die probleem moet nou dringend ingryp om seker te maak dat diegene, wat hulself verryk tot nadeel van ander, aangetree moet word. Inwoners word benadeel deur die ANC-regering se versuim om behuising, behoorlike infrastruktuur en dienste te verskaf en die wet toe te pas.”

Inwoners het Vrydag paaie na Ennerdale, Zakariyya Park en Lenasia-Suid in Johannesburg versper. Hulle betoog teen onwettige grondbesetting in die gebied. Die polisie moes Saterdag van rubberkoeëls gebruik maak om grondbesetters in Lenasia te ontruim. ʼn Groep inwoners het Saterdag ʼn optog gehou teen die grondbesettings in die gebied. Wayne Minnaar, senior superintendent van die Johannesburgse metropolisie, het intussen gesê gemoedere het bedaar in die gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

John ·

En nou verwag Lenasia vreeslik baie simpatie sodra hul eiendom glo waarde sal verloor met plakkers naby. Wanneer het een van hulle ‘n woordjie geuiter oor die dreigende grondgrype sonder vergoeding of die plakkerkampe wat orals in die Kaap opskiet?

Johanna Botha ·

Nee die polisie moet dalk oorweeg om hulle werk net te begin doen …hulle kyk mos net …monitor is die woord !

Trol ·

Die anc behoort te weet dat hulle nie kan bekostig om hulle stemvee almal gratis huise te gee nie. Vir elke huis wat betaal word, kan daar n nuwe huis gebou word.

JDeer ·

Nee stem cANCer, alles gaan mos beter word, modder gaan mos in heuning verander….

sweis ·

Waneer word diskriminerende wetgewing teen die wit minderhede geskrap behoort ook op hulle agenda te wees.

Adri ·

Sweis, die regering sal nie vir ons werk gee nie. Die ANC wil ons graag weg hê, punt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.