Gautengse regering wil e-tol skrap

(Foto: ANA)

Jacob Mamabolo, Gautengse LUR vir openbare vervoer en infrastruktuur, het die provinsiale regering se teenkanting van die Gautengse Hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) benadruk wat deur die omstrede e-tolstelsel geïmplementeer is.

Mamabolo het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy het in November die minister van vervoer, Fikile Mbalula, skriftelik in kennis gestel van die provinsiale regering se verwerping van voorgestelde AARTO-regulasies as nóg ʼn manier om e-tol in Gauteng af te dwing.

“Ons het ʼn omvattende voorlegging by die president, die minister van finansies en die minister van vervoer ingedien wat, so glo ons, die e-tolkwessie uiteindelik kan oplos,” het Mamabolo gesê. “Ons het ʼn afdoende saak gestel dat dit nie reg is dat inwoners van ons provinsies belas word met die betaling van e-tol nie.”

Volgens hom is Gauteng van mening dat die hoofwegnetwerk, waar die tolhekke aangebring is, nie net die provinsie dien nie, maar ook die nasionale ekonomie, die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG)-streek en die internasionale ekonomie. “Dit is dus nie regverdig dat die mense van ons provinsie die las moet dra nie,” het Mamabolo bygevoeg.

Finansiesminister Tito Mboweni het egter in 2019 tydens sy mediumtermynbegrotingstoespraak gesê die omstrede e-tolstelsel gaan nie in die onmiddellike toekoms geskrap word nie. “Die kabinet het verskeie opsies oorweeg om die geskil oor die GFIP op te los,” het Mboweni in daardie stadium gesê. “Die regering het besluit om die gebruiker-betaal-beginsel te behou.”

Mboweni het gesê niebetaling van tolgeld het reeds daartoe gelei dat die paaie verswak. “Ons kan nie die netwerk in stand hou nie. Ek maan die land om asseblief julle rekeninge te betaal. Ons moet ʼn kultuur skep van betaling, omdat staatsdienste slegs volhoubaar kan wees wanneer ons almal vir dié dienste betaal.”

Mbalula het verlede jaar herhaaldelik aan die media gesê die kwessie van e-tol moet opgelos word sodat die fokus na ander padinfrastruktuurprojekte kan verskuif. Hy het gesê pres. Cyril Ramaphosa se kabinet moet ʼn finale besluit maak oor die finansiering van e-tol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Piet parys ·

Wel wie dink jy moet betaal vir die paaie wat stukkend gery word waar jy rond ry . As niemand moet betaal nie sal die belastingbetalers seker weer die spit moet afbeid . Wat het van al die miljoene rand se lisensie gelde wat elke jaar buitensporig opgaan geword . Dit is die vraag wat jy liewers moet vra . As die spoorwee instand gehou was sou die paaie nou heel gewees het want dan moes 80 % van goedere deur die spoorwee vervoer word . DOEN NET JULLE WERK REG DAN HET JY NIE AL DIE DRAMA IN DIE LAND NIE.

Persheks Adri ·

Die paaie is om van naar te raak mens ry soos ‘n dronk mens om die slaggate te vermy genade hel man. Ek drink nie eers nie, maar soms lyk dit so eish

Rentia ·

Tito, stel hy die voorbeeld en betaal JOU rekeninge. Nie die regering nie, nie vrygestel omdat jy ‘n minister is nie, betaal hou rekening uit jou eie sak, nie myne en al die ander belastingbetaler se sak nie. Julle het reeds 95% werk gevat, inkomste gevat, diskrimineer teen velkleur, so waarmee presies moet ek nog etol betaal ook? Dat jy ‘n bonus kan kry om op jou bas te sit? Nee dankie. Skep jou eie betaal kultuur aan jou kant, los ons uit.

Gert ·

Almal was teen dit maar hulle het voortgegaan. Nou kla hulle omdat niemand belang stel om te betaal nie. Jammer maar dok maar self op vir skuld wat julle teen almal se sin aangegaan het.

Pietertjie ·

Onthou : die Staat se enigste inkomste is belasting. So, wat “hulle” ookal betaal, kom uit die belastingbetalers se sakke.

DieKriek ·

Die opskrif is n bietjie misleidend. Die regering hou by e-tol. Om kamma paaie te onderhou. Waarvoor word petrolheffings en lisensiegelde dan gebruik?

Michal ·

Vir mansion, villa, bentley, ferrari, rolls royce, lamborghini, gucci, diamant, glenfiddich whisky, franse champagne, dobbel, lacoste hemp en skoene, fondo partytjie, kos by woollies en natuurlik n vakansie by excotiese destinasies

Fred ·

Julle vergeet dat ons in n verkiesings jaar is, Natuurlik sal iemand nou se dat hulle die E-tol wil stop.. Stemme moet op een of ander manier gewerf word..
Nog leuns.

Wielspore ·

Goed, beter, beste nuus in ‘n lang tyd.
E-tol stelsels kan suksesvol wees as dit reg bedryf word maar in hierdie geval was dit uit staanspoor nie so. Ons woon in die Laeveld en ry letterlik een keer ‘n jaar ‘n gedeelte van die N12 en N3. Volgens die E-tol reels hoef ek nie te betaal omdat ek nie ‘n gereelde gebruiker is. Dan kry ons die rekening, volle tarief plus kostes dat ons ook op die N1 gery het al het ons nie daar gery.
E-tol is gebou sonder dat mense van Gauteng daarin geken is en die opbrengs gaan net so uit die land uit. Daar is geen ekonomiese voordele aan E-tol.

Pietertjie ·

Die sentrale regering het klaar ‘n finale besluit oor E-tol gemaak : dis hier om te bly. Jacob begin maar net stemme werf vir die verkiesing. Die bestelling vir pakkies pap en braaihoender is oppad.

dada ·

laat die regering eers al die geld terugbetaal wat hul verkwansel het

Retha ·

Dit is goeie roep. Gee terug die geld dan kan SAL, Eskom, paaie en alles wat uitmekaar val weer in plek kom, maar hoe meer geld daar verkry word hoe treuriger die dienste wat gelewer word of veronderstel is om instand gehou te word.

Raakvatter ·

“Mboweni het gesê niebetaling van tolgeld het reeds daartoe gelei dat die paaie verswak.” Nou sê my dan gou waar gaan my (en miljoene ander teen sowat R400 per persoon) se lisensie geld jaarliks heen? En die tol plaza fooie wat jy nie kan vermy nie? Tsek man!!

Sê maar net ·

Nou hou op praat en skrap dit nou net en kry klaar. Die ding sloer nou al vir jare! Deksels!

Yolandie ·

Vlngs my het die Gautengse regering hulle plig versuim deur nie te begroot om die paaie jaarliks instand te hou nie, nou kom hulle met stories dat die E-Tol gelde daarvoor moet betaal. Loutere snert!!!! Alles vd spoorwee network tot by die paaie is in ‘n vervalle toestand. Dit gaan ook oor wie regeer in die provinsie. Die Kaapse paaie lyk nie so nie want hier is ‘n regering wat hulle werk doen!!!! Die rede dat kos ook so duur geword het is omdat baie Vervoer maatskappye daai e-tol koste moet uitvurk en daarom moet dit iewers ingefaktor word……en waar gebeur dit???? By die kos wat ons mense van moet leef. So ja dis soos ‘n rots wat teen ‘n berg af rol…..dit het ‘n rippel effek.

Mieke ·

Die regering takseer ons op omtrent alles! Ek het hierdie lys “gecopy en paste”… dit gee mens ‘n idee van hoe baie geld hulle van ons neem!!
Building Permit Tax
Cigarette Tax
Corporation Tax
Income Tax
VAT
GST
Fishing Licence Tax
Food Licence Tax
Fuel LicenceTax
Petrol/Diesel Tax
Hunting Licence Tax
Luxury Tax
Property Tax
Service charge taxes
Capital gains Tax
Social Security Tax
Road Usage Tax
Local Tax
Vehicle Lice

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.