Gautengse regering wis niks van tienling

Die 37-jarige Gosiame Thamara Sithole van Tembisa het vandeesweek glo aan 10 babas geboorte geskenk. Langs haar sit haar man, Tobogo Tsosetsi. (Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency/IOL)

Die Gautengse regering het Woensdag gesê hy is nie bewus van ʼn tienling wat in die provinsie gebore is nie.

“Ná berigte van die Independent Media-groep oor ʼn Gautengse vrou wat op 7 Junie geboorte geskenk het aan ʼn tienling, het die Gautengse provinsiale regering ʼn deeglike ondersoek gedoen by alle hospitale in die provinsie om die egtheid van die verslag te bevestig,” het Thabo Masebe, woordvoerder van die provinsiale regering, in ʼn verklaring gesê.

“Nie een van die hospitale in die provinsie – staat of privaat – het enige rekord van só bevalling by hul fasiliteit nie.”

Maroela Media het vroeër berig daar hang talle vraagtekens oor die geboorte van ’n tienling in Gauteng wat glo ook ’n nuwe Guinness-wêreldrekord laat spat het. Die nuus dat die 37-jarige Gosiame Thamara Sithole van Tembisa Maandagaand aan sewe seuns en drie dogters geboorte in “’n Pretoriase hospitaal” geskenk het, het Dinsdag soos ’n veldbrand versprei. Die storie is deur Pretoria News gebreek en spog met foto’s van ’n hoogswanger Sithole by haar man, Tobogo Tsosetsi.

Dit het egter geblyk dat niemand, selfs nie die regering nie, geweet het waar om dié egpaar en hul spruite op te spoor nie. Daar is ook nog geen foto’s van die babas gepubliseer nie.

Die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling vroeër Woensdagmiddag bevestig dat hulle op die hoogte is van waar die tienling en hul ma hulle bevind. Volgens Feziwe Ndwayana, woordvoerder van die departement, is Sithole sedert 2016 – toe haar eerste twee kinders, ʼn tweeling, gebore is – “ʼn kliënt” van die departement.

Guinness-wêreldrekords het vroeër gesê hulle het kennis geneem van die babas se geboorte, maar die nuwe wêreldrekord kon nog nie bevestig word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

KB ·

Wat weet enige regeringsinstansie van enigiets wat gebeur?
Bitter min, want hulle werk nie.

Johan D ·

Indien dit wel waar is verbaas dit my dat daar soveel geheimhouding is! Iemand dra kennis maar niemand weet so lekker wat aangaan nie! ʼn Mens sou dink dat dit al lankal op alle voorblaaie, die TV en in sosiale media gepleister sou wees, di’s mos darem nou nie elke dag dat iemand so ʼn spul babas kry na “normale” bevrugting nie!

Sarel ·

Departemdnt vzn Maatskaplike Ontwikkeling….
Is hulle dan nie defl van die Regeting nie…masr die Rsgering sé weet niks. 2 × 2 = 10….Slegs twee persone weet iets IEMAND & NIEMAND

deHAS ·

Miskien soek hulle nie die aandag nie, hulle wil dalk privaat wees.

Lindi ·

as hulle dit privaat wou hou, hoekom vra hulle vir borge en hulp om die kinders groot te maak. Hulle het reeds gevra vir donasies en skenkings

Louise ·

Pep Stores het destyds die Rabinowitz sesling geborg, dalk soek hulle ietsie van Woolworths :)

Danie ·

Baie slim om uit die oog te bly.
Hulle gaan hul storie vir baie miljoene aan iets soos Huisgenoot verkoop.

Francois Le Cochon ·

Op die foto lyk dit of die ma swanger tot in haar borskas is, of is dit ‘n duvet?

Retha ·

As daar so baie baba’s se lewens op die spel is word daar gewoonlik hulp verleen aan die ouers dmv versorgers , so ek byt nie aan die storie van privaatheid nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.