Gautengse skole gereed: 16 000 nog nie geplaas

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Terwyl Gautengse skole gereed maak om Woensdag ʼn groot aantal nuwe leerders te ontvang het meer as 16 000 leerlinge nog nie plek in ʼn skool nie.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie bekend gemaak dat die departement ʼn totaal van 282 823 aanlyn aansoeke vir gr. 1‑ en gr. 8-leerlinge ontvang het. Volgens Lesufi is 266 613 (94,3%) van leerders geplaas terwyl 16 210 (5,7%) aansoekers nie op aanbiedinge gereageer het nie.

Die departement het van 28 November af laat aansoeke aanlyn aanvaar met slegs 1 068 skole wat nog plek gehad het. Volgens Lesufi is daar nog 863 skole wat plek het vir onmiddellike plasing. Die departement het ʼn totaal van 24 228 laat aansoeke ontvang.

Lesufi het gesê alle distrikte word tans as inloopsentrums hanteer om ouers te help met aansoeke van 7 tot 31 Januarie. Hy het gesê die departement doen alles in sy vermoë om seker te maak alle leerlinge word geplaas.

“Ondanks die hoë volume laat aansoeke doen beamptes alles in hul vermoë om te verseker dat aansoekers bygestaan en sonder vertraging geplaas word.”

Lesufi het intussen ook die van die geleentheid gebruik gemaak om al die gr. R‑ en die sowat 140 000 gr. 1-leerlinge te verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

IK ·

Hopelik is daar nie meer plek by Afrikaanse skole . . . of hoe Lesufi, dalk ‘n taxi maak vd skole . . . ??

Mornay ·

Feit bly staan. Afrikaans moet privaat gaan. So ook Privaat Afrikaanse skole

lewies ·

Om privaat te gaan is baie duur en ouers wat na uitnemendheid vir hulle kinders oorweeg het twee opsies: Hulle moet hulle kinders vroegtydig by goeie Afrikaanse staatskole registreer of hulle behoort hulle. lewensstandaard aan te pas om fondse te he vir hulle kinders se opleiding. Dit wat Mornay se bly egter die eerste prys. Ons kan nie ons kinders en onsself langer aan die dwaalgees van middelmatigheid wat vandag in SA aan die orde is, blootstel nie. Staan op !! en moenie self in ‘n kunsmatigheid verval nie. Leer ook julle kinders dat daar sekere sake is wat on- onderhandelbaar is. Stel vir hulle die voorbeeld, ouers !! ONS MOET DIE MORELE HOEGROND TEN ALLE KOSTE BEHOU!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.