Gautengse wetgewer by MRK verkla

Faith Mazibuko. Foto: ANA

Die VF Plus het ʼn klag teen die Gautengse regering en alle departemente ingedien by die Menseregtekommissie (MRK) en het ook ʼn inligtingsaansoek in terme van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting teen die provinsiale regering gebring.

Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, het gesê sy party het besluit om ferm op te tree teen die Gautengse regering ná die onlangse rassistiese uitsprake van Faith Mazibuko, LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, jeens wittes en Indiërs. “Sy is op band opgeneem toe sy op 15 Februarie in ʼn rassistiese tirade teen wit personeellede van haar departement uitgevaar het,” het Alberts verduidelik.

“Die VF Plus is oortuig dat die woorde wat Mazibuko geuiter het uit haar hart gekom het en ʼn werklike weerspieëling is van die wanpraktyke rondom Regstellende Aksie (RA) wat in die staatsdiens in die algemeen plaasvind, maar spesifiek ook in Gauteng. Die VF Plus het al baie bewerings gehoor oor hoe lede van minderheidsgroepe se CV’s bloot weggegooi word sonder dat hulle eers in aanmerking vir ʼn pos geneem word. Indien ʼn mens weet wat werklik binne menslikehulpbronne-afdelings gebeur, sal jou hare waarskynlik regop staan. Ons wil egter nou finaal vasstel hoe daar teen minderhede gediskrimineer word,” het Alberts bygevoeg.

“In die lig van hierdie gebeure het die VF Plus die MRK gevra om elke departement van die Gautengse provinsiale regering se regstellende aksie-beleid en praktyk te ondersoek om vas te stel in welke mate dit afwyk van die bevindinge oor hoe RA toegepas moet word soos bevind in die MRK se gelykheidsverslag van 2017/2018.”

Die MRK-verslag het bevind dat RA verkeerd toegepas word in Suid-Afrika en dat meer klem gelê moet word op sosio-ekonomiese omstandighede eerder as ras. “Dit beteken dat Mazibuko se uitsprake aanduidend is van rassisme met die toepassing van RA en die MRK moet dit ontbloot.”

Verder wil die VF Plus deur die inligtingsaansoek van elke departement verneem wat hul RA-plan is, hoe hulle dit in die praktyk toepas, wat hul interne prosesse is, hoe CV’s behandel word, waar en in watter taal oop poste geadverteer word, asook alle interne kommunikasie rakende aanstellings gemaak gedurende 2018 tot op hede, insluitende e-pos kommunikasie tussen personeellede.

“Parlementêre vrae van die VF Plus aangaande die werkersprofiel van rasse in die staatsdiens het aangedui dat minderhede onderverteenwoordig is. Daarom sal die VF Plus druk plaas op die Gautengse regering om meer mense van minderheidsgroepe in diens te neem. Hierdie diskriminasie teen wit, bruin en Indiërs wys weereens dat die ANC in Gauteng vervang moet word met ʼn koalisieregering.”

Alberts het gesê indien die VF Plus deel vorm van so ʼn koalisieregering sal die party seker maak dat meriete teruggebring word as kriterium vir aanstellings en dat rasse-diskriminasie beëindig word, selfs al moet die koalisieregering die nasionale regering daaroor voor die hof daag. “Die VF Plus sal bly terugslaan teen onbillikheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Irma ·

Inherent is dit wie en wat die ANC is. Hoe gaan die optrede verander word? Die MRK is ook net ‘n anc organisasie wat baie eensydig en ongeloofwaardige uitsprake maak. Dit is omtrent om te hoes teen donderweer. Hulle sal in elk geval vir hul boeties en sussies sorg.

koos ·

Irma, jy is soooo reg. VF+, ek waardeer wat julle doen, en nie dood stil is soos die DA, wat terloops nog onlangs vertel het dat hulle vir Afrikaans en minderhede “omgee” nie, maar ek en julle weet wat gaan die uitslag wees. Die “dame” is verkeerd verstaan en dit is eintlik apartheid se skuld dat sy so tekere gegaan het.

Ellisras ·

Dit is hoekom die Vryheid Front my stem kry. Dit is nog nie stemdag nie. Ander partye is welkom om mee te ding vir my stem.

julius ·

Hulle RA is soos die anc dit will hê. Sy tree reg op volgens hulle. Niemand sal dit kan stop nie.

willem Botha ·

Hierdie regstellende aksie moet ook nou tot n einde kom dit het tyd geword om te kyk na huidige benadeelde minderhede die vorige benadeelde meerderheid het nou genoeg tyd gekry

M ·

Skrik julle nou eers wakker … dis algemene praktyk in die staats diens. Word elke dag gedoen …. Gaan kyk in die verkeers departemente en ander staats diens instellings wanneer laas is wittes aangestel.

PJ ·

Hier sal niks van kom onthou net wittes is rassisties . Baie dankie VF+

George in Bloem. ·

Hoe enige persoon ooit kon of kan dink dat ‘n minderheid homself en/of sy regte sal kan handhaaf teen so ‘n oorweldigende haatvolle en vergeldings obsessiewe spul onbevoegde rassiste gaan my verstand te bowe. In hierdie piesangrepubliek sal dit NOOIT verander nie.

Windhoue ·

Daar is net een vraag om te beantwoord: wat moet ons nou doen om te verseker dat ons kinders in die toekoms in vrede, veiligheid en sekerheid sal leef in ‘n land waar hulle welkom voel? Of verkies ons dat ons kinders oor 20 jaar nog moet terugslaan en veg vir hul bestaansreg terwyl hul basiese menseregte verkrag en geskend word soos ons minderhede nou moet doen? Blykbaar is dit die toekoms wat VF+ voorstaan so ek stem Cape Party.
https://realsavideos.co.za/view/disrupted-land-2019-/VMMyu

Grys ·

Kom ons soek n tuislande iewers anderste, daars baie oop land… geen punt om by ń plek te bly waar almal jou haat nie.

MRK IS GROOT RASSISTE ·

Die MRK moet deur internasionale organisasies vir rassisme ondersoek word, hulle is self die grootste rassiste

Al ·

Stem – dis dieselfde MRK wat uitspraak gelewer het dat Julius Malema nie haatspraak doen nie!! Geldmors ….

pieter ·

My vrou in staatsdiens.Na 23 jaar nog steed nie bevordering gekry nie,maar die tea girl kry die pos waarvoor sy aansoek gedoen het.Met geen ondervinding nie.Dis belaglik da buite in staatsdiens.

JAN PIEREWIET ·

EK IS AL 37 JAAR BY MUNISIPALITEIT EN SIEN HOE ADMIN WERKERS BEVORDER WORD NA DIREKTEURE. AS DIT BY DIE WERK KOM MOET ONS DIT DOEN EN HULLE NEEM NET DIE KREDIETE

CallieL ·

Pieter dis hoekom alles wat staatsdiens is bankrot en in chaos is. Die tea girl kon heel waarskynlik nie goed tee maak nie toe spring sy 10 stappe op. Dis hoe anc werk, hoe meer bedrog jy pleeg hoe groter pos word jy mee beloon. Ek daag nog steeds die wittes in die anc uit om kommentaar te lewer op die missister se tirade dat wittes kan bly wees hulle het nog werk. Kom Wit anc lede, of kruip julle voort

Stem saam ·

Hoeveel (openlike) diskriminasie moet nog plaasvind voordat daar opgetree gaan word? Ek weet ek is nie altyd op hoogte van nuusgebeure nie, maar watter voorbeelde is daar van mense wat wel hul werk verloor het agv diskriminasie?

Sarel ·

Wonder wat heer Beukman se kommentaar sal wees? Sal seker self n regverdiging grond Vir die sogenaamde minister kan uitdink. Ons eie mense is ons grootste gevaar, van die ander verwag ons hulle optrede maar nie van ons eie nie.

Jeremia ·

Die aanloop hiervan het al lank terug begin.
In ‘n werksituasie: Senior kollegas wat juniors glad nie eens raakgesien het nie, maar die teemaker gegroet en feitlik om die hals geval het van vriendelikheid.
By die wej en/of in die daaglikse lewe: Die agteroor buig het veel erger geword. Dit verg soveel energie dat daar nog minder tyd is om te mors. Aldag en heeldag se vreemde Engels praat, verg al klaar baie energie.
Hoe lui die spreekwoord: “wiens brood ik eet….”

Frik Lotz ·

Dankie VF Plus! Doen so voort! Enigste party wat nie net praat nie, maar doen ook!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.