Die Gautrain-busbestuurders vervoer pendelaars na en van Gautrain-stasies.
Errol Braithwaite, ʼn woordvoerder van Bombela wat die Gautrain bedryf, het gesê hulle is nog nie seker waarom die bestuurders staak nie, want dit het slegs ʼn paar ure gelede begin. “Dit is ʼn onverwagse staking, die maatskappy het nie ʼn kennisgewing ontvang dat die werkers gaan staak nie,” het Braithwaite gesê. “Ons is in gesprekke met die bestuurders.”
Gautrain-busse in Pretoria gaan normaal voort. – SAPA