Gautrain-ontsporing was hoofsaaklik ‘menslike fout’,

Argieffoto

Argieffoto

Volgens ʼn voorlopige ondersoek was die “geringe Gautrain-ontsporing” wat Donderdagoggend om 08:30 plaasgevind het toe die trein Hatfield-stasie stadig genader het, hoofsaaklik weens ʼn menslike fout.

Kesagee Nayager, woordvoerder van Gautrain, het Saterdag gesê die voorlopige ondersoek het drie sleutelfaktore geïdentifiseer.

“Eerstens, die laespoedontsporing het plaasgevind ná ʼn kragonderbreking op die sinjaalstelsel,” het sy gesê. “Tweedens, die integriteit van die stelsel in sy geheel is nie hierdeur geraak nie en die voorval het nie plaasgevind as gevolg van foutiewe veiligheidstelsels nie.

“Die sinjaalstelsel het reageer soos wat dit ontwerp is, en gesertifiseer is om die trein te verhoed om die betrokke deel te kruis teen die normale spoed. Derdens, volgens die feite tot ons beskikking, het die voorval plaasgevind as gevolg van ʼn menslike fout.”

Nayager het gesê die kerndoelwit van die veiligheidstelsel wat in die Gautrain ingebou is, en gesertifiseer is deur ʼn onafhanklike liggaam, is om te verseker dat ʼn katastrofiese ontsporing teen hoë spoed, nie kan plaasvind nie. “Die analise van die voorval het aan die lig gebring dat die veiligheidskenmerke onmiddellik reageer soos wat dit ontwerp is, deur die trein onmiddellik tot stilstand te bring.”

In hierdie stadium het die treindrywer die vermoë om in te gryp en die trein self te stuur, maar nie vinniger as 30 km/h nie. “Dit is ʼn bykomende ingeboude veiligheidsmaatreël om seker te maak dat ʼn treindrywer nie die trein teen vinniger as 30 km/h kan bestuur nie, wanneer dit in dié omstandighede bedryf word.”

Volgens Nayager het die voorlopige ondersoek bevestig dat, alhoewel menslike fout geïdentifiseer is as die hoofoorsaak van die geringe ontsporing, was die veiligheid van die passasiers of personeel aan boord nooit in gedrang nie. “Tydens die afgelope 48 uur is ʼn kragonderbreking gesimuleer op die stelsel en ons kan bevestig dat die kernveiligheidstelsel presies reageer soos dit ontwerp is en veronderstel is om te reageer.”

Die fokus van die ondersoek is nou om die rede vir die menslike fout te bepaal en internasionale kenners sal die bedryfsprosedures en opleidingsrekords ondersoek om seker te maak dat alle bedryfstelsels voldoen aan die beste interne praktyk, het sy gesê.

“As standaardpraktyk, hangende die formele ondersoek, is die treindrywer nie meer op aktiewe diens nie, en het dus nog nie weer ʼn trein gedryf sedert die voorval nie,” het Nayager verduidelik.

“Ons vra opreg om verskoning vir die ongerief wat die voorval veroorsaak het en ons wil graag passasiers verseker dat hul veiligheid ons nommer een prioriteit bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

w ·

Opleiding standaarde verswak om mense in posisies te sit wat hul nooit sal kan doen nie

Rabes ·

Ek verstaan nie die berig nie, want watter stelsel sal ‘n trein ontspoor om dit te stop. Ek’s seker hulle probeer ons ‘n rat voor die oë draai.

Griet ·

Lees asseblief die vervlakste berig en VERSTAAN wat dit oordra: Daar is sekere stelsels in plek vir veiligheids doeleindes. die ONTSPORING SELF was ‘n menslike fout, nie die stelsel nie!!

snoefie ·

ooit gewonder hoekom die NP nooit die “moltrein stelsel” of ondergrondse trein wou instel nie?

Chris ·

Ja ek het en tot die gevolgtrekking gekom hulle was of te suinig of te onnosel om dit te doen.

Jan ·

Darem kan Jan Van Riebeeck nie hierdie keer blameer word nie.

KP ·

Rabes ek stem saam die berig maak geen sin nie. Hulle is al weer besig om vir ons te lieg soos gewoonlik.

Anoniem ·

Ek is seker dom, want ek verstaan nie…. ‘n ontsporing beteken mos dat die trein se wiele van die spore af gekom het. Hoe op aarde is dit die bestuurder se skuld? Hy reguleer die trein se vertrektyd, spoed, wanneer die trein tot stilstand kom. Hy het nie nodig om ‘n stuurwiel te draai nie, want die trein volg net die spoorlyn? Kan iemand asb vir my probeer verduidelik?

Huh!? ·

Huh!? “Kragonderbreking laat trein ontspoor”. Én die treindrywer is deel daarvan?
Sak Sarel, sak . . .
Daardie perdegoete is ook nie vye.
Té hoë spoed en/of fout met ‘n spoor of trein se wiel(e) of onderstel is al wat ‘n trein kan ontspoor. D.w.s. ONDERHOUD !!

Cherokee ·

Die oordrewe gebruik van die woorde ‘geringe ontsporing’ en ‘laespoedontsporing’ klink desperaat. ‘n Belangrike 4rde sleutelfaktor is dat ‘kernveiligheidsstelsel’ nie die doel dien wanneer personeel nie weet hoe om dit te gebruik nie.

Ouman ·

Dit sal uiters naief wees om die gespuis te glo. Hulle leer by die Zuma bende om te lieg.

Dereck Le Roux ·

Hierdie mens het iets by politici geleer en dit is om op ‘n tegniese manier ‘n leuen te vertel so tegnies en oortuigend te probeer vertel dat hy homself glo en dink die publiek gaan hom ook glo.

Oom Johan Willemse ·

Die”geringe ontsporing” laat my dink aan die soldaat wat gesê het hy verkies om amper raak geskiet te word as amper mis. Ontsporing is ontsporing. As dit weens ‘n menslike fout was, moet stappe geneem word.
Die SS Mendi het ook deur ‘n menslike fout gesink en honderde is dood. Dalk sal hierdie vergelyking spreek tot diegene wat dit as gering afmaak.

Grapgat ·

Hahaha. Die treindrywer het met die trein se stuurwiel gespeel toe draai hy dit te veel????

MMJ ·

Wanneer daar soveel klem gelê word dat daar geen fout met die stelsel was nie maar daar word ook nie direk gesê dat die drywer ‘n fout gemaak het nie, laat dit my onwillekeurig dink daar was fout met die stelsel en die drywer. hoekom nie net, sê mense dit het fout gegaan hierdie persoon het die fout gemaak, dit is reggestel. Maak mens bekommerd as daar so vir die vervaardigers se “wickets” gekeer word.

Callie van der Merwe ·

Ek ruik n rot!!! Hoe kan n menslike fout n trein laat ontspoor behalwe as dit met spoed verband hou? Julle lieg vir die publiek na my mening! Verduidelik dan liewer wat die menslike fout was asb.

Gawie ·

Hoekom moet almal altyd so negatief wees? Die verklaring is baie duidelik dat die veiligheidstelsel gewerk het soos dit moes. Die ontsporing is ook deel van die veiligheidstelsel. ‘n Spesiale stel wissels word in die spoorbaan ingebou wat juis die trein van die spoor afdwing sou dit ‘n trajek binnegaan wat om veiligheidsredes gelsuit is. Met die spoed wat teen 30km/h gehou word, word gekeer dat die ontsporing katastrofies is, daarom is dit heel korrek om te verwys na ‘n ‘geringe’ ontsporing. Soortgelyke ‘geringe’onsporings kom nog al die jare voor waar drywers presies dieselfde fout gemaak het. Om nou na BBEEE te probeer verwys is uiters swak smaak.

Foeitog ·

Foeitog Gawie, moet vreeslik wees om nog so positief te probeer wees en nie die foute te sien nie. Die skrif is aan die muur tog klou die ou liberale mannetjies styf vas aan die een of twee strooihalmpies wat daar nog oor is, net tot iets met ‘n familielid gebeur, dan word daar groot opslae gemaak. Die DRYWERS het nie genoeg ondervinding nie, hulle is in posisies gedruk waarvoor hulle nie gereed was nie.

Wille ·

Jy is Jeg Gawie, uiters swak smaak :-) Die masjinis het uit-geswenk om ‘n voetganger te vermy…

Jade ·

Menslike foute raak al hoe meer, ook toe PRASA se lokomotiewe te hoog was, en hulle dit eers fiercely ontken het en later op die neus moes kyk, en vinnig iemand afdank om die skuld te vat. Dit gebeur as jy TE VINNIG alles wil oorneem. Te vinnig wil maak of jy alles weet en BETER kan doen as die vorige generasie, kry vir julle, julle foute raak al hoe opmerkliker en dit gaan net nog erger raak soos kaders ontplooi word in belangrike poste. NEE GAWIE die WAARHEID maak seer. Hou op in ontkenning leef!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.