Gautrain-staking vinnig beëindig

Gautrain busʼn Staking deur Gautrain-busbestuurders het Vrydag slegs ʼn paar uur lank geduur.

“Alle busse is weer terug op die pad,” het Errol Braithwaite, woordvoerder van die Gautrain-bedryfsmaatskappy Bombela, gesê.

Sommige van die werkers het Vrydagoggend te midde van loononderhandelings met ʼn onbeskermde staking begin.

Rea Vaya-busbestuurders het vandeesweek tydens ʼn staking pendelaars vier dae lank gestrand gehou in en om Johannesburg. Dié staking het Donderdag tot ʼn einde gekom.

MyCiTi-busroetes is ook vandeesweek ontwrig nadat ʼn paar busbestuurders van die TPI-voertuigbedryfsmaatskappy het twee dae lank gestaak voordat dié staking ook Donderdag beëindig is. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.