ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy en ʼn ander man Dinsdag ongemagtigde toegang tot die spoorlyn tussen die Pretoria en Hatfield-Gautrainstasies bekom het en hy deur ʼn sneltrein getref is.
Errol Braithwaite, woordvoerder van die Gautrain-bedryfsmaatskappy Bombela, het Dinsdag aan Maroela Media gesê treindienste gaan voort tussen die twee stasies, maar dat vertragings verwag kan word, aangesien die polisie op die toneel is.
Die twee mans het na bewering van die polisie of veiligheidswagte gevlug en op die treinspoor beland. Die beseerde man is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Dit is nog nie duidelik waar die ander man hom bevind nie.
Sjoe. Eina!!!
Ek hoop hulle word vervolg. Wanneer mense treinspore as oorgange gebruik, moet hulle mos weet wat die moontlike nagevolge kan wees, en in meeste gevalle, NOODLOTTIG. Wat van die treindrywer – dit moet verseker vir so persoon ook traumaties wees.
“Die ander man” sit nog oppoe trein se bonnet OF dalk is hy reeds by twee verskillende hospitale in kritieke toestand opgeneem.