Gautrein besluit oor tariefverhogings

Argieffoto

Weens die Covid-19-afsonderingsregulasies en die huidige ekonomiese situasie in Suid-Afrika, het Gautrein Woensdag aangekondig dat sy tariewe vir eers nie verhoog sal word nie.

Barbara Jensen Vorster, woordvoerder vir Gautrein, sê Gautrein en die Bombela Concession-maatskappy het besluit om nie sy tariewe in Junie te verhoog soos aanvanklik beplan is nie, maar om hierdie tariefverhoging uit te stel tot later in die jaar.

Dié besluit is gegrond op die feit dat daar in die stadium nog nie akkurate inligting oor die opheffing van die afsonderingsregulasies is nie.

Ingevolge die Gautrein-konsessieooreenkoms word die tariewe van die Gautrein jaarliks in Junie aangepas. Die jaarlikse tariefverhoging word gelei deur die verbruikersprysindeks.

Jensen Vorster sê Gautrein lê minder ritte af ten tyde van die afsondering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.