Gautrein bied beperkte dienste

Argieffoto

Bombela, die maatskappy wat die Gautrein bedryf, het ʼn gebeurlikheidsplan in werking gestel ter voorbereiding vir ʼn staking van sy werkers wat Maandag begin.

Kesagee Nayager, Bombela se woordvoerder, het gesê beperkte treindienste sal gelewer word. Bykomende veiligheidsmaatreëls is ook op die stelsel in werking gestel.

“Die veiligheid van ons passasiers sal nie in gedrang wees nie,” het Nayager gesê.

Die beperkte diens sal op piektye, van 05:45 tot 09:00 en 16:00 tot 19:00, gelewer word met een trein elke 12 minute tussen Centurion en Sandton en een trein elke 20 minute tussen Sandton en die Park-stasie. Geen treindienste sal tussen die piektye gelewer word nie. Slegs die Centurion-, Sandton- en Park-stasie sal oop wees.

“Gautrein se busdienste sal slegs na die genoemde drie stasies ry en sal hul gewone roetes volg.”

ʼn Beperkte busdiens sal van 05:45 tot 19:00 vir passasiers na en van die lughawe- en Rhodesfield-stasie gelewer word.

“Kaartjieskantore sal toe wees weens personeel wat staak. Passasiers word dus aangemoedig om die kaartjiemasjiene te gebruik of geld deur ons webwerf of die Gautrein-app op te laai.”

Die United National Transport Union (Untu) het Sondag bekend gemaak sy lede wat vir die Gautrein werk, gaan Maandag begin om aan ʼn beskermde staking deel te neem. Dit is die eerste keer dat Gautrein-werkers oor lone sal staak.

Untu eis ʼn verhoging van 10% op die basiese salaris plus ʼn verhoging van 113% op ʼn behuisingstoelaag (van R750 tot R1 600), plus ʼn nuwe vervoertoelaag van R800 vir werkers wat nie op skof is nie, plus ʼn verhoging van 101% vir ʼn vervoertoelaag vir nagdiens (van R31,84 tot R64 per skof), met ʼn 10%-verhoging vir nagskof, mediesefondstoelaag van 55/45 en ʼn R20 000-bonus per werknemer per jaar (ʼn algehele verhoging van 19,6%).

Gautrein het intussen ʼn verhoging van 8% aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Bollie ·

Ek kan nie sien hoekom kon die treintjie nie van Hatfield af begin het nie.. maar die chaos wat gewoontlik op Pretoria stasie gebeur as die trein vertraag is is dit seker die veiligste, moet se die pad was besiger vanoggend

JoeV ·

Geen van die selaris eise hoef enigsins in lyn te wees met die welstand van die maatskapy nie, aangesien dit nog teen verlies werk kan belasting betalers maar opdok!

Hendrik ·

Ja het vir die bus gewag by Rhodesfield, maar toe word daar vir ons gese dat die busse geblok word by die depot.

Veters ·

Dis jammer dat een van die enigste treindienste in die land wat nog elke dag stiptelik vertrek volgends skedule nou moet deurloop. Die probleem lê by ‘n algemene ontevredenheidsgesindheid by sekere werkers in hierdie land. Niks is ooit goedgenoeg nie en daar is geen dankbaarheid om net ‘n werk te hê nie, al sit 26% van die land se bevolking sonder werk. Die mense met genoeg verstand sal eerder ander werk soek wanneer die betaling te min. is eerder as om ‘n paar dae se salaris te verloor en ‘n betalingsagterstand te bewerkstellig wat lank vat om in te haal met ‘n staking. ‘n Rit op die Gautrein is reeds baie duur en hoër as inflasie verhogings gaan die kaartjiepryse net nog opstoot, met die gevolg dat minder mense van die diens gaan bebruik maak, winste minder gaan wees en daar geen geld gaan wees vir bonusse nie.

Susan ·

Jy praat deur jou nek. Jy ry duidelik nie Gautrein nie. Ons staan spitstye en wens daar was meer treine. Dit is steeds elke dag goedkoper as om met n moror Sandton toe en terug te ry en verkeer te trotseer. Ek spaar baie deur te pendel met Gautrein.

Hendrik ·

Wel as die Tesla motor al autonoom beweeg sien ek geen rede hoekom treine (wat op ‘n sporelyn beweeg) nie autonoom kan beweeg en dus vanuit ‘n beheerkamer beheer kan word nie. Maak kaartjie verkope aanlyn en sied daar stakings het nie meer ‘n effek nie. Sover ek hoor is die Gautrain trein al reeds sem-automatiese en het die al trein beheer geneem toe ‘n drywer te laat begin stop het vir ‘n stasie.

Alida ·

Dit is nou die eens diens wat vlot verloop het want dit is reg begin deur kundige mense. Jammer hulle het nie mense met gesonde verstand aangestel om die dieste te lewer nie. Hulle word aangehits deur ander moeilikheidmakers en kan nie vir hulself dink nie. Ek kan nie dink dat die gautrain al ‘n wins toon nie. Wys hulle die state en as daar ‘n tekort is moet die werkers wat so eise sel maar inbetaal.

Watwou? ·

Iewers gelees Franse firma nou eienaar van GTrein
Jammer vir passesiers moet altyd spit afpyt
Hou van daai bonusse ens ens dink werkers
moet maar 2keer dink of néé dink unie soek meer geld!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.