Gautrein bied Sondag beperkte diens

(Foto: Gautrein/Facebook)

Die Gautrein het aangekondig dat hy wel Sondag ʼn beperkte diens sal bied.

Die Gautrein sou aanvanklik glad nie dié naweek loop nie nadat onderhandelinge tussen Bombela en Numsa ʼn dooiepunt bereik het.

Daar sal Sondag ʼn beperkte diens tussen 09:00 en 18:00 beskikbaar wees op die Oos-Wes- en Noord-Suid-lyne. Treine sal elke uur beskikbaar wees in albei rigtings. Die Hatfield-, Pretoria-, Sandton-, Park- en OR Tambo-stasies sal oop wees.

Treine sal Maandag en Dinsdag tydens die oggend- en middag-standaardspitstye elke 15 minute beskikbaar wees. Die Gautrein sal later meer besonderhede bekend maak oor die reëlings wat buite spitstye vir die twee dae sal geld.

Werkers van die vakbond Numsa het Maandag begin staak oor ʼn loongeskil.

Volgens Bombela, die maatskappy wat die Gautrein bedryf, kon verdere loononderhandelinge nie die dooiepunt oplos nie.

Bombela bied ʼn loonverhoging van 4,1% aan terwyl Numsa ʼn verhoging van 26% eis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Persheks Adri ·

Fire die hele lot wat so sleg is om te werk! Daar’s baie mense wat wil werk. Die land is op sy knieë en hulle soek 26% verhoging aikona geen maatskappy gee daai verhoging nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.