Gautrein-bomdreigement ʼn ‘valse alarm’

Argieffoto

Argieffoto

Die ANC het Saterdag bewerings deur ʼn lid van die uitvoerende komitee verwerp wat met ʼn “terreuraanval” op die Gautrein verband hou.

“Die ANC neem met misnoeë kennis van die gerug wat beweer dat pres. Jacob Zuma gesê het daar is mense wat beplan om die Gautrein op te blaas,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, in ʼn verklaring gesê. “Dit is jammer dat ‘algemene raad’ wat die president aangebied het oor waaksaamheid in die lig van wêreldgebeure, nou só erg verdraai word.”

Zuma het gesê terroriste slaan toe op openbare plekke om vrees in te boesem. In hierdie verband word plekke waar mense sosiaal bymekaarkom, soos openbare vervoer insluitend treine, en ander openbare plekke, geteiken.

“Dit is jammer dat ʼn breë waarneming oor voorvalle elders in die wêreld verkeerd geïnterpreteer word as ʼn onmiddellike bedreiging vir ons land,” het Kodwa bygevoeg. “Die verdraaiing kan onnodige paniek saai.”

Hy het nie die lid van die uitvoerende komitee se naam genoem nie.

Lees alle vorige berigte oor die Gautrein op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.