Gautrein-busdienste nie beskikbaar

Argieffoto

Argieffoto

Die Gautrein se busdienste is van Dinsdagoggend af nie beskikbaar nie.

Volgens Kesagee Nayager, woordvoerder van die Gautrein, is dit te wyte aan ʼn staking deur die busbestuurders.

Nayager het gesê dit is ʼn onbeplande staking. “Samesprekings is tans met die bestuurders aan die gang om die rede vir die staking te bepaal.”

Nayager het egter benadruk dat treindienste van die Gautrein nie deur die busbestuurders se staking geraak word nie, en volgens skedule loop. “Ons sal pendelaars op die hoogte van sake hou,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

GES ·

Dit is waarskynlik die mees patetiese diens in Suid Afrika. ‘n Staking elke 3 weke gemiddeld. Die willose en onbevoegde bestuur kan eenvoudig net nie daarin slaag om die busbestuurders vas te vat nie. Die busbestuurders staak na willekeer vir die geringste dingetjies wat dit uiters moeilik maak vir pendelaars wat afhanklik van die busdiens is.

Duifie ·

Ek stem saam ek is nie n gereelde bus pendelaar nie en moes laas week dringend hospitaal toe maar wat n nagmerrie . daar is sekere busse wat net met kaartjies ry en ander wat net met geld ry so as jy nie n kaartjie het nie klim jy nie op die bus nie so nie wag jy of jy moet besluit of jy wil taxi ry ek moes 8uur by die hosp gewees het ek kom toe 14h00 daar aan so pateties is die busse in Pretoria.

Trots Afrikaans ·

Die groot swart leier is dood. Die spoor na Luderitz is herstel. Die stakings vind plaas. Ongelooflik hoe akuraat Siener was….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.