Gautrein-diens ontwrig weens ongeluk

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Die Gautrein-diens tussen die Pretoria- en Hatfield-stasies is vir eers gestaak weens ʼn ongeluk.

“’n Vragmotorongeluk het veroorsaak dat ’n heining op die oorhoofse lyn geval het. Ons kan bevestig dat geen treine betrokke was by die voorval nie en ons tegniese span herstel tans die diens tussen die twee stasies,” het Kesagee Nayager, woordvoerder van die Gautrein, gesê.

Netcare 911 het intussen bevestig dat die bestuurder van die vragmotor kritiek beseer is in die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.