Gautrein gaan uitbrei

Argieffoto

Argieffoto

Reuse-uitbreidings word vir die Gautrein beplan met talle nuwe stasies en roetes in die vooruitsig.

Volgens ʼn woordvoerder van die Gautrein is ʼn lewensvatbaarheidstudie gedoen en is bevind dat die uitbreiding van die spoornetwerk aansienlike ekonomiese- en vervoervoordele sal inhou vir die provinsie én die land. Daar is onder meer voorspellings gedoen oor die provinsie se vervoerbehoeftes in 2025 en 2037. Daar is vasgestel dat indien niks gedoen word nie daar grootskaalse verkeersvertragings sal wees teen 2037 en dat motoriste teen ʼn gemiddelde spoed van 15 km/h op ʼn deurpad sal aankruier.

Ismail Vadi, LUR vir paaie en vervoer in Gauteng, het gesê 19 nuwe Gautrein-stasies word beplan oor die volgende 20 jaar.

Die uitbreidingsprojek maak voorsiening vir stasies in Roodepoort, Little Falls, Fourways, Sunninghill, Olievenhoutbosch, Irene, die ooste van Pretoria en Hazeldean op die roete tussen Jabulani via Cosmo City en Samrand na Mamelodi.

Die roete tussen Sandton en Cosmo City sal ʼn stasie in Randburg hê. Op die roete tussen Rhodesfield en Boksburg word ʼn stasie beplan by die East Rand Mall. Die moontlikheid van ʼn roete na die OR Tambo-lughawe van Boksburg word ook ondersoek. ʼn Toekomstige roete van Cosmo City na die Lanseria-lughawe is ook in die vooruitsig.

Volgens die Gautrein sal die uitbreiding in vyf fases geskied. Die Gautrein is al ses jaar aan die gang en sowat 80 miljoen passasiersreise is al onderneem.

Die Gautrein het volgens berigte al 122 000 werksgeleenthede geskep tussen 2006 en 2011 en vir elke R1 wat op die Gautrein bestee is, is R1,72 tot die Gautengse ekonomie bygevoeg.

Die Gautrein-bestuursagentskap het intussen sy lewensvatbaarheidstudie aan die provinsiale en nasionale tesourie en ander belanghebbendes oorhandig. Die uitbreidingsprojek sal na verwagting sowat 211 000 werksgeleenthede skep.

Die finale roete en omgewingsimpakstudies sal gedoen word sodra die projek goedgekeur word. Die spoed waarteen die ontwikkeling gaan plaasvind, sal afhang van hoeveel geld beskikbaar gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

pieter ·

Brei uit na vereeniging ,van der bijlpark sal n goeie beleging wees en voertuie verminder op r59

Pieter ·

Pieter nou praat jy! Dit sal fantasties wees. Die Vaal Driehoek sal in n ander wereld verander as daar so n betroubare stelsel is wat ons met die stad verbind.

Ano ·

Hoekom se jy dis geld mors Andre? Dis die beste ding “since sliced bread” Ek het daagliks tussen Hatfield en Jhb gependel – dit het my presises 1 uur en 5 minute geneem van ek opklim tot ek in my kantoor gesit het. Die trein is geweldig skoon, daar is veiligheids beamptes op die trein en die paar keer wat daar wel vertragings was, was regtig die minimum. Sal nie weer heen en weer pendel met my motor nie.

Mooi Andre ·

Ano, Andre was persoonlik betrokke by die “Business plan” en het selfs die lyn gestap met ‘n “Clip Board”. Sy vinnige komentaar hier word “geback” deur harde feite, hy kon dit net nie hier bekend maak die want die “Hawks” ondersoek hom omdat hy die aap uit mou wil laat.

Cherokee ·

So dit is dus waarom Andrè so ‘n uiteengelegde verduideliking gee waarom dit geldmors is.

Nico ·

Hmmm, die uitbreidingsplanne lyk goed, maar hulle sal natuurlik ‘n stasie soos Midrand moet uitbrei as dit nou so groot “treinwisselaar” gaan word.

Ook sal hulle op die Noord-Suid roete slegs 8kar treine kan inspan, want soos hy tans loop, is die trein al oorvol teen die tyd wat jy Midrand bereik van Pretoria af en smiddae as jy Sandton bereik van Park af.

Die 4 kar treine gaan nie die pyp kan rook nie. Gebruik die 4kar slegs buite spertyd.

Arséne Lupin ·

Stem 100 % saam. Vanoggend het slegs ‘n 4kar trein opgedaag ipv ‘n 8 kar – Hatfield se mense het toe alreeds ‘n groot gedeelte van die trein opgeneem! Dis onaanvaarbaar. In die middae vanaf 3uur moet hulle slegs 8karre stuur. En dan wil ek nie eers praat van meer hysbakke nie – een hysbak by Sandton stasie al buitewerking vanaf 8 Februarie!

Reinhardt ·

Slegs een probleem… ons treinspore word besit deur PRASA. Die Wes-Kaapse regering kan dus niks daaraan doen nie. Hulle probeer al vir jare om beheer oor die treinspore te kry.

Lalla ·

As jy daagliks op die N1 tussen Jhb en Pta moet ry, glo my, sal jy nie se dis geldmors nie. Ons kan nie wag vir die uitbreidings en hopelik minder verkeer op die paaie nie.

HBK ·

En weereens word die noorde van Pretoria uit die prentjie gelaat.

Arend ·

Jy is reg. As n stasie by wonderboom lughawe kan kom wat pta noord en montana area en sushangove dien, sal dit een van die mees winsgewendste stasies wees en baie groot ekonomiese voordeel inhou. Dis eintlik een van die stingendste uitbreidings wat nodig is.

Johann ·

Was en bly n goeie projek. My vraag is net: ig ag genome.die huidige “tendens” om reeds skatryk ANC en Zumaikies te laat “deel” in die “welvaart” van so n.projek…wie is bo aan die KOMSKEPVERNIETVAN DIE SOUSTREIN via die GAUTRAIN? En sluit die werkskepping kabel diefstal in?

Johann ·

En nou gaan die TAXI eienaars seker weer brand en breek en klippe gooi en paaie versper want “daar word van hulle besigheid gevat”? Soos hulle barbaarse optrede teen UBER? AFRIKA DEMOKRASIE….

Chantelle Connoway ·

Ek het vir tien jaar met my motor Sandton toe gery van Kempton Park af en elke jaar het die verkeer erger geraak, vyf jaar terug het ek begin trein ry vir een jaar en dit was baie beter, ek sal die trein vir enige iemand aanbeveel maar ook dat hulle meer karre kan byvoeg tussen Santon en Rhodesfield, needless to say werk ek nou van die huis af en mis glad nie verkeer, stress, ongelukke en verkeers knope nie :)

Arlene Jansen ·

Hoop daar gaan na bus roete na The Reeds ook gekyk word

Marinda ·

Ek het vir lank met die Gautrein gependel tussen Rhodespark en Rosebank. Wat ‘n fees! Toe trek ons Bassonia (Suide van Jhb toe, en ek moet ry op die M2 en M1, oor die dubbeldekker brug; waar hulle alreeds so effens begin padwerke doen. Behoede my as hulle nou regtig begin bane toemaak. Julle praat van 15km per uur in 2035. Maar ons ry nou al teen ‘n roekelose 6 -10km per uur! My petrol het baie meer geword want dit is so goed jy in 1e en 2de rat al die pad. Dan die frustrasie van motoriste wat in die geel baan ry en voor jou kom indruk!! Gee my weer die Gautrein weer enige dag!

Reinhardt ·

Hoe ver moet jy pendel en hoe veilig is die paaie? As dit nie te sleg is nie stel ek voor jy ry fiets. Gemiddelde spoed op n fiets is so 15-25 km/h, dus sal jy vinniger by jou bestemming opdaag.

Sue ·

19 stasie oor die volgende 20 jaar!!! Hoe stadig wil hulle bou..teen daardie tyd met ontwikkeling en uitbreiding wprd nog n 50 stasies benodig…wat my agter agter kleinkinders eera sal kan gebruik.

Tilla ·

Brei uit na Pretoria Noord
Die paaie van en na die Noorde is ‘n nagmerrie

Alida ·

Wonderlike plan. Net jammer die treine was nie al 30 jaar gelede gebou nie. Gautrain bo!

Johan Bester ·

Ek het 30 jr gelede in Alrode gewerk en dit het ons 45 minute gevat sonder probleem om van Vanderbijlpark te ry om 6h45 by werk te wees.Jy sal dit nie nou regkry nie.
Ek vlieg gereeld vroeg van Jhb lughawe die een wat n kommunis naam nou het en partykeer as jy nie 5h00 ry nie kruip jy teen80km/hr.Ek sal die trein ondersteun en hoef ook nie R700 vir n week se parkering te betaal nie.

Johnny ·

Weet ons nou al hoekom die Gautrein in Hatfield ontspoor het?

My tweesent bydrae ·

Hatfield stasie het net een uitgang vir die motors . As daar op die onderste vlak geparkeer word ry mens teen n steil opdraande uit waar omtrent tien keer weggetrek word . Dit is n nagmerrie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.