Gautrein-pendelaars gestrand

Pendelaars by een van die Gautrein-stasies. Foto: Via @TrafficSA op Twitter

Pendelaars by een van die Gautrein-stasies. Foto: Via @TrafficSA op Twitter

Honderde Gautrein-pendelaars was Maandagmiddag in spitstyd by stasies tussen Pretoria en Johannesburg gestrand.

Kesagee Nayager, die Gautrein se woordvoerder, het aan Maroela Media gesê vertragings is ervaar weens ʼn kragonderbreking tussen die Park- en Hatfield-stasie.

“Die kragonderbreking het omstreeks 17:00 ontstaan en kragtoevoer is ná sowat ʼn halfuur weer herstel. Tans word daar ʼn 30 minute vertraging tussen dié twee stasies ervaar,” het Nayager gesê.

Sy het gesê dit is nog nie in dié stadium bekend wat die kragonderbreking veroorsaak het nie en pendelaars om verskoning gevra vir die ongerief.

Die Gautrein-busdiens is nie deur die voorval geraak nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

nakkie ·

Park stasie is op die een punt in Johannesburg en Hatfield op die ander punt in Pretoria. Met ander woorde AL die stasies is beinvloed.

Stephan ·

Miskien moet hulle noem dat ons na n uur self die trein deure oop moes maak en vir 30min langs die spoor terugstap Midrand stasie toe. Geen behoorlike kommunikasie van Gautrain nie. Definitief nie voorbereid hiervoor nie! Geen veiligheidsmaatreels!

Varkie ·

Ja shame ek julle sien terug stap !! Ons was ook daar maar toe hulle gelukkig ons laat reverse terug na Marlboro se stasie… en van daar af op n ander een geklim, na n halfuur se wag

Basson ·

En daar was geen boodskap op Hatfield gewees om mense in te lig, inteendeel is die mense toegelaat om in te stroom en die plek net verder totaal op te blok. En wat ‘n gesukkel om toe weer uit te kom!!!!!
Wat is die spreekwoord oor ‘common sense’ nou weer?

Alida ·

Ag liewe genade hou op kerm dit gebeur nie elke dag nie en kom wereldwyd voor. Wees bly julle was nie in die trein nie. Dit raak baie benoud daarbinne.

Potlood ·

Jammer maar dit is nie normaal nie en is nie aanvaarbaar nie. In ander lande soos Japan gebeur dit eenvoudig nie. Hoekom moet Afrika altyd iets vat wat werk en dit breek…

Paul ·

Dit gebeur wel, selfs in Japan, Potlood. Ek het al in meer as een Europese land, insluitend Duitsland, en in Amerika en in Japan self op ʼn stilstaande trein gesit of moes wag vir ʼn laat trein.

Alida ·

Was julle al in London as dit gebeur? Dit is nie ingewoon nie. Ons SA’ners is bederf.

Normaal ·

Dus was dit ‘n normale dag. ‘n Abnormale dag is wanneer niks verkeerd loop.

Steven ·

Dink dis die 5de of 6de keer in 7 jaar wat daar ‘n probleem is. Ek is geen ‘expert’ nie, maar vir my klink dit damn goed. Buitendien, as mens registreer op die gautrain app, kry jy al die updates & info.
#JustSaying

Johan. H. ·

Dis waar as jy niks se word dit die normaal, DIT HOORT NIE te gebeur in n ordentlike land nie,, En hulle het gedink hulle kan die statebond spele aanbied !!ggghhhfff. En jy wat se moenie kla nie,, Mense maak staat om betyds te wees, want jy het dalk ander belangrike afsprake,

Johann Barnard ·

Gaan ry n bietjie op spoornet se treine,dan sal julle sien wat is nag.

Basson ·

Dit gaan nie oor kerm, dinge gebeur dit is so. Die punt is dit gaan oor die effektiewe hantering en bestuur van ‘n abnormale situasie. (Gautrain moes nou al baie oef gekry het hiermee, want dis nie meer ‘n uitsondelike geval nie)

Karin ·

Dis 100%waar Basson.As mens dit net aanvaar is daar fout met jou.Die sleutel is informasie.Dis of te laat deurgegee.if on akkuraat.As jy reeds in d stasie us is dit te laat om ander reelings te tref.Ouers moet kindertjies oplaai.Mense moet medikasie neem op sekere tye..ENS.Gautrain kommunikee nie behoorlik nie.Behalwe as pryse opgaan.Standaarde val en mense aanvaar dit-want dis nie so erg soos…..
Raai wat-dis ook nie so goedkoop soos…….

Varkie ·

Dink die mense word kwaad oor die prys wat hulle moet betaal en dan gebeur dit…?

Boesman ·

Ek was ook een van die honderde wat +/- 2km moes terugstap Midrand stasie toe, maar ek moet sê almal was in ‘n goeie gees en het geloop en grappe maak !! Wat help dit om te vloek en skree, dit gaan boggerol verander.

Al wat swak was, is die feit dat ‘n 8 wa trein se moeë, natgeswete passasiers op Midrand , 2 ure nadat ons gaan staan het, in ‘n 4 wa trein wat reeds vol was moes indruk. Hoekom daar nie ook ‘n 8 was trein gestuur is nie gaan my verstand te bowe !!

Maar nou ja, dis nie iets wat elke dag gebeur nie en ek verkies nog steeds die Gautrein bo die verkeer op die paaie. !!!!!

Alida ·

Ek is bly as jy SA klasifiseer as 1ste wereld. Jy was duidelik nog nie in Europa nie want sou jy kon sien wat is 1ste wereld.

SARIE VAN HEERDEN ·

Om Suid Afrikaanse diens met die van Japan te vergelyk is dom. Japanners is trots op hul dienslewering en las sommer veiligheid ook by. Ons het eenkeer ‘n sambreel op die trein vergeet, ons gasheer het gese om nie bekommerd te wees nie, twee dae later het ons dit teruggekry. Daar is GEEN vergelyking tussen Japan en SuidAfrika nie.

marous ·

“Die Gauteng bus diens is nie deur die voorval geraak nie” Loop dit ook met krag?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.