Gautrein staan die naweek

(Argieffoto: Gautrein)

Die Gautrein sal die naweek staan weens onderhandelinge tussen Bombela en Numsa wat ʼn dooiepunt bereik het.

Die Gautrein was die week in bedryf ondanks ʼn staking deur die vakbond Numsa oor ʼn loongeskil. Treinskedules is egter aangepas en busdienste is plek-plek opgeskort weens die staking.

Volgens Bombela, die maatskappy wat die Gautrein bedryf, kon verdere loononderhandelinge nie die dooiepunt oplos nie en gaan sekere Numsa-werkers voort met hul staking.

“Gesprekke met Numsa het tot laat Vrydagaand voortgeduur, maar ʼn ooreenkoms tussen die partye kon nie bereik word nie,” het Bombela gesê.

Die Gautrein se dienste is vir die naweek opgeskort aangesien gebeurlikheidsplanne nie voldoende is om die naweek se bedrywighede voort te sit nie.

“Ons weet dit is ʼn ongerief vir ons passasiers en ons vra byvoorbaat om verskoning.”

Bombela bied ʼn loonverhoging van 4,1% aan terwyl Numsa ʼn verhoging van 26% eis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Trotse Boervrou

Geensins skokkend nie. Die hele land staan al jare lank.

Bittergal

Hulle het SAL afgebreek, nou is dit die Gautrain se beurt.

Dries

“Bombela bied ʼn loonverhoging van 4,1% aan terwyl Numsa ʼn verhoging van 26% eis”. Ek dink hulle is ver en lank van ‘n ooreenkoms bereik.

Jaco

Dit is reg. Laat dit staan. Die trein was nie nodig.

Strandloper

En Maandag staan hy op baksteene….taxi met staal wiele?