Gautrein-staking ‘dalk gou verby’

Gautrein in die depot (Foto: GautengCitizen via Wikimedia Commons)

Ismail Vadi, LUR vir vervoer in Gauteng, het gesê hy is “versigtig optimisties” dat die voortslepende Gautrein-staking binnekort tot ʼn einde sal kom.

Vadi het in ʼn verklaring gesê hy is deur die United National Transport Union (Untu) en Bombela, die maatskappy wat die Gautrein bedryf, in kennis gestel dat die partye die afgelope naweek in uitgebreide onderhandelings betrokke was.

“Dit wil voorkom of ʼn ooreenkoms binne bereik is,” het Vadi gesê.

Stakende Gautrein-werkers sal Maandag van die voorgestelde ooreenkoms ingelig word en sou die werkers ʼn mandaat gee, sal bedrywighede na normaal terugkeer.

“Die Gautengse regering is tevrede dat die partye teruggekeer het na die onderhandelingstafel om ʼn middeweg te vind,” het Vadi gesê.

Untu-lede wat vir die Gautrein werk het twee weke gelede begin staak en die Gautrein genoop om ʼn beperkte treindiens te lewer.

Intussen het Untu aangekondig hy gaan om 10:00 ʼn gesamentlike perskonferensie met die Federasie van Unies van Suid-Afrika (Fedusa) by die Gautrein-stasie in Midrand hou om inligting oor die jongste verwikkelinge bekend te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

John ·

… sou die werkers ‘n mandaat gee, sou die studente nou tevrede wees, sou die optoggangers nou hul sin kry, sou die mynwerkers die base tot oorgawe gedwing het, sou die regering nou grond afvat van hul base, sou hierdie produkte se vat verwyder word, sou die polisie onwettiges ophou vasvat, sou boetie uiteindelik sy duur foon of kar kry, sou die prof ophou om die verhandeling terug te verwys oor plagiaat, sou die verkeersligte ophou om net vir my rooi te wees en my bank ophou om my oortrokke rekening te blok…. Die lekkerlewe in SA vir boelies in gesinsverband, by skole en werkplek, in die politiek en regstelsel. Selfs sg karwagte boelie motoreienaars vir ‘n verpligte fooitjie. Koebaai SA!

Danie ·

Baie, baie goed gestel. Dit ongelukkig ‘n 26 jaar aanloop tot hier gehad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.