Gautrein-staking duur voort

Argieffoto: Verskaf

Die staking deur Gautrein-werkers gaan vandag die tweede week binne met die treindiens wat steeds ontwrig word nadat die United National Transport Union (Untu) en die Bombela-maatskappy nie oor die naweek saam om die onderhandelingstafel kon sit nie.

Gautrein-werkers het verlede week Maandag begin staak. Hulle eis ʼn 10% verhoging van hul basiese salaris, ʼn maandelikse behuisingstoelaag van R1 600, R20 000 onvoorwaardelike bonus per jaar vir elke werknemer, ʼn verhoging van die nagskofvervoersubsidie na R64 per nag en ʼn mediesefondsbydrae van 50%.

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het Vrydag aangebied om sy aanbod tot bemiddelling te verleng om ʼn oplossing vir die dooiepunt te vind, maar Untu het gesê hy is ongelukkig nie beskikbaar om oor die naweek te vergader nie. Bemiddelingspogings sal dus na verwagting vandag hervat word.

Die Gautrein was weens die staking nie oor die naweek beskikbaar nie en ʼn beperkte treindiens sal vandag gedurende spitstye beskikbaar wees.

Gautrein-werkers verbonde aan Untu se toegangskaarte is na bewering geblok en hulle word nie in die treinstasies toegelaat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Onvoorwaardelike bonusse? Ook net in Suid-Afika… Bonusse is mos aan prestasie gekoppel? Of sit ek die pot mis? So siek en sat vir “our people” se mentaliteit.

Dekolonisasie ·

Dekolonisasie van hoespoed trein na die kaalvoet op die grond.

AmY ·

Die mense wat met hierdie treine en busse ry, is seker nie brandstigters nie, né

Sharem ·

Nou as hulle staak en ons onskuldige pendelaars verontrief, hoekom kan ons hulle nie permanent boikot nie? Dis sommer strooi, hierdie alewige gestakery.

Theresa ·

Skaam my dood. Wonder wat sê die hoë tegnologie spanne (Duitsers) wat hier so ‘n pragstuk modern tegnologie vir pendelaars kom pas het (juis vir 2010). Net 8 jaar later en kyk wat gebeur. Sies vir selfsug.

Casper Labuschagne ·

Die ou grappie van dat jy vir Jannie mooi kan aantrek maar nêrens heen neem nie word werklikheid op ‘n groter skaal – jy kan tonnels grawe en ‘n wêreldklas moltrein bedryf maar die Gautrein sal nêrens heen gaan nie.

Hendrik ·

Eenvoudige oplossing. Kry ander mense wat wil werk, ongeag kleur, sodat julle nie weer in dieselfde situasie is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.