Gautrein-tariewe styg

                                                                                                     Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die Gautrein se tariewe sal vanaf 1 Junie met tussen 5% en 16% styg.

Bombela, die maatskappy wat die Gautrein bedryf, gebruikers sal R10 meer betaal om na OR Tambo Internasionale-lughawe te reis. Volgens Bombela sal daar goedkoper tariewe wees vir pendelaars wat tydens goedkoper te reis. Treintye sal ingedeel word in rooi, oranje en groen reistye.

Rooi verwys na spitstyd en is tussen 6:30 en 7:30 op weeksdae van Pretoria na Johannesburg en van OR Tambo na Johannesburg maar nie in die teenoorgestelde rigting nie. Oranje is tussen 6:00 en 7:30 en 15:30 en 18:00 op weeksdae na ander bestemmings. Groen verwys na reistye voor 6:00, tussen 8:30 en 15:30 en ná 18:00 op weeksdae.

Die bustariewe vir treingebruikers bly onveranderd. Die daaglikse parkeertarief sal van R15 tot R18 verhoog vir een tot 24uur. Parkering van drie dae sal van R100 tot R110 styg.

Volgens Bombela is daar tye wat meer as 56 000 passasiers daagliks van die Gautrein gebruik maak. Die maatskappy sê ‘n bykomende trein is in April bekend gestel en dat hulle later nog treine sal byvoeg.

Vir meer inligting besoek www.gautrain.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.