Gautrein-werkers begin binnekort staak

Argieffoto: Verskaf

Die United National Transport Union (Untu) het aangedui dat Gautrein-werkers vir die eerste keer oor lone gaan staak.

Untu het in ʼn verklaring gesê die vakbond gaan Dinsdag ʼn 48-uur-kennisgewing stuur aan Bombela, die maatskappy wat die Gautrein bedryf, om hulle in te lig dat Untu-lede aan ʼn beskermde staking gaan deelneem.

Steve Harris, algemene sekretaris van Untu, het gesê dié stap volg nadat die meerderheid lede wat vir die Gautrein werk tydens ʼn massavergadering Maandag by die Midrand-stasie ten gunste van die staking gestem het.

“Die vergadering is gehou om ʼn mandaat van Untu-lede te verkry nadat die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ʼn stakingsertifikaat aan die vakbond uitgereik het aangesien loononderhandelinge verlede week ʼn dooiepunt bereik het,” het Harris gesê.

Volgens Harris bied Bombela vir Untu-lede ʼn 8,5%-salarisverhoging en wil die instelling nie werkers ʼn aansporingsbonus betaal nie.

Untu het gesê sy eise is gegrond op “die huidige wêreldwye ekonomiese resessie wat ʼn verwoestende uitwerking op die daaglikse lewe” van sy lede het. Die eise sluit in ʼn basiese salarisverhoging van 10%, ʼn huistoelaag van R1 600, ʼn vervoertoelaag van R800, ʼn verhoging in aandskoftoelaag, ʼn hoër mediesefonds-bydrae en R20 000-aansporingsbonusse vir alle werkers.

“Untu wil graag vooraf om verskoning vra aan pendelaars wat deur die staking geraak gaan word. Untu-lede het geen ander keuse as om aan ʼn beskermde staking deel te neem nie. Dit is Untu se laaste uitweg, in ooreenstemming met die Grondwet en Arbeidswet, om hul werkgewer te dwing om op hul eise ag te slaan,” het Harris bygevoeg.

Die staking sal Maandag begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sis ·

YESSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSS nou het die mense werk — nou staak hulle .ek kan nie onthou van EEN JAAR waarin die Gautrein busdrywers of iemand nie gestaak het nie .. Great system .. HORRIBLE werkers .. JULLE HET werk ‘ .. JULLE het ‘n inkomste . julle ondankbare mense .. ander mense sit en kripeer in plakkerkampe en JULLE STAAK . hoeveel keer het julle al gestaak vandat die Gautrein ry? FIRE DIE SPUL en stel mense aan wat WIL werk en wat swaarkry!! Aansporingstoelaag en behuisingstoelaag WIE VAN JULLE WAT HIER KOMMENTAAR LEWER kry dit nog???

Jdb ·

Die feit dat jy staak nadat jy ‘n 8.5% vehoging gebied word, is ‘n duidelike bewys dat jy GEEN aansporingsbonus verdien nie, wat nog te staan ‘n R20,000 bonus!

Anoniem ·

Lyk my dit is nou mode om te staak om buitensporige vergoeding af te dwing. In my boekies is hierdie tipe stakings AFPERSING.

Sis, om jou vraag te antwoord: ek kry nie ‘n behuisingstoelaag, vervoertoelaag, mediese fondsbydrae of aansporingsbonus nie. Indien ek hopelik later vanjaar ‘n algemene verhoging kry, gaan dit beslis minder as 10% wees.

Hendrik ·

Die Gautrain is op ‘n baie hoe vlak van outomatisasie en die drywer het minimum insette, so verstaan ek. Heropleiding van nuwe drywers kan wel gebeur om minimum ontwrigting te veroorsaak. Dit is natuurlik baie belangrik om die Gautrain infrastruktuur te beskerm teen staker vandalisme , asook beskerming virpassasier teen staker intimidasie wat die trein wil gebruik. Kom ons kyk wat gebeur…

jaco ·

Ja nee die dag toe die ANC se wet toegepas het en gese het staak is nou legal was die dag toe hulle Suid Afrika in die afgrond gesak het. ons as belasting betaler betaal vir al hier die stakings dis nog n rede hoekom die ekonomie sleg is. ek werk al 12 jaar vir n maatskappy waarin ons die minimum salaris verdien en as ons gelukig is en n increase kry is dit nie eers 3% nie ons kry ook nie bonusse nie, ons het nie medies nie en ons het ook nie huis toelae nie so ek kan nie verstaan hoe hulle nog wil staak nie ek is meer liewers dankbaardat ek n inkomste het al kom ek nie deur die maande nie is ek dankbaar vir my ou werkie

Staak staak staak ·

Netso .ek het ook al 2% en 3% gekry .. kry darem nou 7% maar kla glad nie, netnou verloor ek my werk . hierdie mense gaan aan oor 8.5% plus aansporingsbonusse plus behuisingstoelae en vervoertoelaag en aandskof toelaag? Neewat SA is besig om in die drein af te sak .. sou hulle dit nie toeken nie brand die land, ken hulle dit toe word 3000 mense oor 6 maande afgedank . dis maar net hoe dit werk ..

KP ·

As jy so n groot aansporingsbonus moet kry wil jy nie werk nie, fire die hele spul. Die ANC het n lat gesny met al hierdie aansporing, winsdeling en wat se bonusse als om kiesers te lok wat hierdie land nog gaan lamle. MARK MY WORDS.

Jannie ·

Binnekort gaan alle pensioenarisse ook begin betoog…….hulle gaan terug werk toe!!

Wonder ·

Hoe kan ‘n mens redeneer dat jy jou werkgewer kan DWING om aan sekere eise te voldoen. ‘n 8,5% verhoging is, na my mening, goed in die ekonomiese klimaat waarin ons ons bevind. En dan verwag hulle nog ander “luukshede” ook van die maatskappy. Wat gaan aan met die mense? Dit voel of niemand meer tevrede is nie en net NOG EN NOG wil hê.

Nita ·

Die Indiese en Chineses ministers is nou juis hier. Ek hoor Ramaphosa soek miljarde by hulle. Hy moet hulle liewer vra vir n miljoen werkers wat tevrede sal wees met wat hulle kry. En fire die lot geld-en-huise. Die miljarde rande gaan in elk geval soos mis voor die son verdwyn.

anton ·

Ek voel n veer vir die Gauteng Trein en die wat daar werk!!!
A.G.V julle alewige stories hoekom die trein gereeld nie loop nie en of vertraag is moet die publiek maar altyd die kortste end trek en het ek so n maand gelede finaal besluit om die trein nooit weer te ry nie.
Dus vir my part kan hy maar staan, brand of vergaan. Hy is ”USELESS”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.