Gautrein-werkers staak

Argieffoto

Gautrein-werkers het begin staak nadat daar nie aan hul eise vir indiensnemingsvoordele voldoen is nie.

Werkers verbonde aan die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) by Bombela Maintenance Company (BMC) neem aan die staking deel.

Die Bombela Concession Company, moedermaatskappy van BMC, is deur die Gautengse regering aangestel om die Gautrein-projek te ontwerp, bou, bedryf, onderhou en gedeeltelik te finansier. Die maatskappy kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Phakamile Hlubi-Majola, woordvoerder vir Numsa, het gesê werkers wat deel is van instandhouding, seingewing, meganiese dienste en diensverskaffing het Vrydagoggend begin staak. “Ons lede is kwaad. Hulle moes noodgedwonge tot hierdie drastiese stap oorgaan omdat die bestuur weier om hul voordele uit te betaal in ooreenstemming met die loonooreenkoms wat verlede jaar aangegaan is,” het Hlubi-Majola gesê.

“Ons eise is eenvoudig. Ons soek ʼn behuisingstoelaag van R5 000 en ʼn 13de tjek. Ons wag al sedert 2017 toe die loononderhandelinge plaasgevind het op hierdie eise en het nog heeltyd geduldig gewag dat die bestuur met ʼn aanvaarbare aanbod vorendag kom, maar tevergeefs.”

Die Gautrein het Vrydagoggend op sy amptelike Twitter-profiel bevestig dat van sy werknemers begin staak het. “Ons het gebeurlikheidsmaatreëls ingestel sodat die treindiens nie nadelig beïnvloed word nie en kan passasiers verseker dat ons geen veiligheidstandaarde sal afskeep nie,” het die treindiens gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Albaster ·

Daar is baie maatskappye in Korea en Duitsland wat robotte en sagteware ontwikkel wat die werkers sommer gou kan vervang.

Meneer ·

Dis nie staking nie, dis sabotasie. Hulle maak ALMAL se lewe moeilik!!

GM ·

Party mense se salarisse is nie eers soveel nie, en hul soek ‘n R5000 behuisingstoelaag? Waar dink hul moet al die geld vandaan kom? Moet die maatskappy nie sommer elkeen se kruideniersware ook aankoop nie? En skooltoelae gee, en jul huise ook meubileer nie?

Carl ·

SA Burgers kerm oor hulle nie werk het nie maar soda hulle werk het staak die lot weer.
Waarom word hier niks genoem van die stakings in Mosselbaai nie? Mens kan seker ook nie voorbly met al die stakings nie .

Bert ·

Iemand bereid om ‘n weddeskap aan te gaan wanneer die eerste trein afgebrand word?

Alida ·

Net toe mens begin dink dit is darem een instansie wat werk. Ai dit is so jammer. Die opstokers sal die treine brand want hulle ry nie eers daarmee nie. Daar word geen etery en gemors toegelaat nie.

LB S ·

Dis te duur vir die gewone werkers om te gebruik vir vervoer.

Anoniem ·

Ons kan maar net hoop hulle “gebeurlikheidsplanne” is meer effektief as Eskom s’n.

Bekommerde ·

Mense gaan hulle uit ‘n werk uit staak – vir elke persoon wat staak is daar 10 wat graag jou werk sal wil kry – verder gaan baie plekke finansieel onder agv stakings.

Gert ·

Wat ek nie verstaan nie is dat hierdie mense huise verniet kry en dan nog n toelaag eis ,hoe is dit moontlik.

anton ·

Die Trein kan maar permanent, vir my part ophou loop!!!
Dit is n ”useless” trein wat gereeld staan a.g.v een of ander stupid verskoning/storie.
Ek het die 18de Junie myself belowe dat ek die trein nooit weer sal gebruik nie nadat dit vir die soveelste keer, passasiers in die steek gelaat het.

SjN ·

Daar is baie ander wat die werk kan en wil doen, vervang die geld honger klomp .

André Kruger ·

Om op te hou werk moet wetlik gedefiniëer wees as ‘n summiere bedanking. Daar’s genoeg ander wat wil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.