Gautreinwerkers sê oor staking

Argieffoto: Verskaf

Die United National Transport Union (Untu) het Sondag bekend gemaak sy lede wat vir die Gautrein werk, gaan vanaand om middernag begin staak.

Untu het Dinsdag ʼn 48 uur-kennisgewing aan Bombela, die maatskappy wat die Gautrein bedryf, gestuur om hulle in te lig dat Untu-lede aan ʼn beskermde staking gaan deelneem. Dit is die eerste keer dat Gautrein-werkers oor lone sal staak.

Steve Harris, algemene sekretaris van Untu, het gesê dié stap volg nadat verskeie loononderhandelinge met Bombela op ʼn dooiepunt uitgeloop het.

“Bombela weier om sy finansiële state bekend te maak. Die maatskappy beweer al die Gautrein se wins gaan aan ʼn Franse maatskappy, maar weier om bekend te maak wat sy wins is,” het Harris gesê.

Die vakbond het Maandag ʼn massavergadering by die Midrand-stasie gehou waartydens die meerderheid van sy lede ten gunste van die staking gestem het.

Untu het gesê sy eise is gegrond op “die huidige wêreldwye ekonomiese resessie wat ʼn verwoestende uitwerking op die daaglikse lewe” van sy lede het.

Untu eis ʼn verhoging van 10% op die basiese salaris plus ʼn verhoging van 113% op ʼn behuisingstoelaag (van R750 tot R1 600), plus ʼn nuwe vervoertoelaag van R800 vir werkers wat nie op skof is nie, plus ʼn verhoging van 101% vir ʼn vervoertoelaag vir nagdiens (van R31,84 tot R64 per skof), met ʼn 10%-verhoging vir nagskof, mediesefondstoelaag van 55/45 en ʼn R20 000-bonus per werknemer per jaar (ʼn algehele verhoging van 19,6%).

“Untu wil graag vooraf om verskoning vra aan pendelaars wat deur die staking geraak gaan word. Untu-lede het geen ander keuse as om aan ʼn beskermde staking deel te neem nie. Dit is Untu se laaste uitweg, in ooreenstemming met die Grondwet en Arbeidswet, om hul werkgewer te dwing om op hul eise ag te slaan,” het Harris bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Hulle wil mos Unies toelaat, nou moet hulle nie huil nie.

UNTU ·

Al is ek ‘n Gautrain pendelaar, ondersteun ek julle 100% UNTU! Net weereens ‘n bewys dat julle lojale en pligsgetroue werk oor die jare maar net tot voordeel van die werkgewer gewees het, ten koste van julself?

Johanna Botha ·

Oral word gestaak …maar daar is ook nie werk nie !

Mrs H ·

Hoop die Franse maatskappy kom haal sy trein! Dan is daar niks werk en niks om oor te huil!

Wollie ·

As die geld nog vir uitbreiding gegaan het soos hul n paar maande terug beweer het dan sou ek verstaan, maar soos gewoontlik gaan die mense net n verhoging kry en ons laer lae-middel klas pendelaars gaan weer moet opdok vir verhoogde tariewe, dis al kla so duur..

AttieNo1 ·

Nee Untu, dit gaan nie oor lojaliteit nie maar beginsels. As ‘n Franse maatskappy die maatskappy besit/finansier maak dit hulle die eienaar en geregtig op die wins. Die probleem in ons land almal wil selektief kommunisme wees en die res voluit kommunisme.

Jannie ·

Geen wonder mense maak nie gebruik van openbare vervoer nie.

Sputnik ·

Ja-nee, wonder ek mos nou so in die stilligheid – gaan die unie kos op die tafel sit vir sy aanhangers as die Franse hul treine kom haal? Sal darem ‘n spektakel wees!

Yankee ·

So let them strike and be happy. Do white folks really need that transporttation? So let these gangsters cut of theire own throats. Shame on the shameless.

stefan ·

maroelamedia: daar was nounet ontplffing op Gautrein spoor blykbaar…enige details?

wilma ·

Al die stakendes moet in die privaat sektor gaan werk waar jy meegedeel word dat daar geen bonusse sowel as salarisverhogings is nie, maar dat jy enige tyd jou bedanking kan indien en groener weivelde gaan soek.

Andre C ·

Wilna,Ek stem saam en voeg by,geen mediese fonds,geen pensioen geen behuising en geen vervoertoelae.Net n salaris

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.