Gay-besluit vandag bespreek

kerk-banke

Argieffoto

Die NG Kerk het bevestig dat daar vandag vergader sal word oor die appèl wat aangeteken is teen die besluit oor gays wat op die algemene sinode geneem is.

“Die moderamen vergader vanmiddag vir die eerste keer ná die afgelope algemene sinode.
Die saak is op die agenda en sal dus daar bespreek word,” het Malinda Lazenby van die algemene sinode van die NG Kerk gesê.

Dr. Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, het Maroela Media versoek om hom ná afloop van die vergadering te kontak vir meer besonderhede.

Daar sal na verwagting op die moderamenvergadering besluit word hoe om die kwessie te hanteer. Dit kom nadat daar glo soveel as vier appèlle teen die algemene sinode se vroeëre besluit ontvang is.

Die 16de algemene sinode van die NG Kerk het verlede maand vergader om die kerk se finale beleid ten opsigte van homoseksuele verhoudings en huwelike te bepaal. Die kerk het hierna in ʼn verklaring aangekondig dat alle hetero- en homoseksuele mense wat in ʼn verhouding van persoonlike geloofsgehoorsaamheid aan die Here leef, ten volle mag deelneem aan al die voorregte en gebruike van die kerk.

Die kerk het egter gesê slegs ʼn wetlike verbintenis tussen ʼn man en ʼn vrou sal as ʼn huwelik beskou word. Volgens die kerk se besluit sal daar wel erkenning verleen word aan die status van burgerlike verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag. Predikante “wat hul weg oopsien”, lui die verklaring, kan hierdie verbintenisse bevestig.

Dit is nie duidelik hoe die appèlle wat ingedien is dié bogenoemde besluite raak nie en of die besluite dus nie van krag is tot die afhandeling van die appèlproses nie. Die algemene sinode vergader elke twee jaar en dus eers weer in 2017.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Eddie ·

Ek weet hoekom daar nou weer gedink moet word. Daar is te min Christene wat elke Sondag Kerk toe sal gaan as gevolg van hulle geloof dat die Here nie Adam en Steve geskape het nie. Die NG kerk het nou maar een mal te ver gegaan en Satan in die kerk toegelaat. En die tweede rede is dat hulle elke Sondag nie vol kollekte bordjies gaan he nie. Ek weet ek gaan weer lip kry by die gay’s maar traak my nie. Julle lewe in sonde en dit is dit. As jy werklik in die Here glo sal jy nie gay wees nie. As julle iets wil se gaan eers terug na jou bybel en lees hom baaaaie mooi.

susan ·

Nou ja. Gelukkig het ons vir Eddie. Hy weet alles. God het vir hom gevra om die wereld te besuur.

Annwen ·

Miskien moet Susan ook die Bybel BAAAIIEEE mooi gaan lees.

Theo ·

Ek is nie gay nie
(ek dank die Here daarvoor en ook dat my kinders of niemand in my familie gay is nie.Mense is so veroordeelend.Ander mense se sonde is ‘n saak tussen hulle en die Here en nie ons s’n nie.Jesus het juis gese :wie nie sondig is nie ,gooi die eerste klip.Soos ek die Bybel lees is ons as gelowiges se taak om liefde te bewys aan ander (lees die barmhartige samaritaan) en nie om klippe op te tel nie.Ek glo ons moet liewer ons aandag en tyd spandeer om liefde uit te dra aan ander as om te oordeel

@EDDIE ·

Gaan lees JY wat ander so oordeel bybel bietjie mooi!!!! pleeg jy nie sonde nie??? is jy perfek??? ek kan jou belowe meeste van die gay mense wat hul hele lewe in “sonde” leef is nog 10 keer beter as BAIE van die straight mense!!!! Baie maklik om te oordeel as jy nie in daai person se skoene staan nie !!!!

JA ·

Mens word nie net eendag wakker en besluit “oe ek gaan van vandag af gay wees nie” hoor!!!!

Ben ☺☺☺ ·

Ek wil graag weet hoe iemand gemeenskap kan beoefen met iemand van dieselfde geslag. Dink daaraan, dink aan die daad, dink dit gebeur met jou. Dit walg my. Nou moet ek Sondag na daai ou se preek luister – nee dankie. En hy preek uit dieselfde Woord uit wat dit veroordeel. Dis vir elke mens `n skande as jy dit aanvaar en toelaat want jou kinders gaan dink dis ok ons priester is gay.

JWK ·

Ben ek stem saam. Ons sien Godheid in die skriftuur en natuur. Die Bybel veroordeel dit en hierdie gedrag sien ek nie in die natuur nie.
Ben, wat van as dit jou kind is? Ek is in daardie posisie; ek het my seun uit my lewe verjaag en uitgesluit en is baie spyt dat ek 3 jaar van vreugde met albei van hulle verloor het. Van al ons kinders het ons seker die beste verhouding met hierdie twee seuns.

Johannes ·

AMEN! Die Bybel is gladnie onduidelik hieroor nie – Paulus se self dat dit is agv mense se sonde dat hulle oorgegee word aan hulle perversiteit. Ek veroordeel nie Gay mense nie, maar om te se dat dit nie sonde is nie, is ‘n massiewe fout. Om hulle toe te laat om as predikers op te tree en om mee te doen aan die praktyk om hulle te “trou” is verkeerd. God sal hulle self oordeel. Maar wat die NG kerk sinode nou doen is nog groter sonde, om mense op ;n dwaalleer te help lei.

Muller ·

Die kerke verander deesdae God se word soos dit hulle pas. Die kerke, predikers en baie mense verloen God se word. Hulle keur te midde van wat die Bybel se homoseksuele (sodomie) verhoudings goed, wat vir God so afskuwelik was, dat Hy Sodom en Gomorra totaal en al uitgewis het met swael en vuur uit die hemel. So hoe as ek mag vra het dit ewe skielik nie meer ‘n sonde geword nie? Net soos om ‘n buite egtelike verhouding te he, moord te pleeg, te steel, jou ouers nie te gehoorsaam nie, om net ‘n paar te noem, is en bly SODOMIE ‘n sonde. Dis nie ek wat dit se nie, dis nie jy wat dit se nie. Dis onse Hemelse Vader se wette! Of geld die Bybel en God se word net vir party??

Johannes ·

Absoluut, mens kan nie vir God en vir Mammon dien nie. Die NG Kerk sinode het spoas besluit om aan die wereldse druk toe te gee om iets (wat deur Paulus beskryf word as ‘n perversiteit agv sonde) toe te laat. Ek se nie mens moet Gay mense veroordeel nie, God sal dit self doen, maar om die Woord van God te verdraai sodat dit die wereld pas en om mee te doen aan die praktyke deur Gay predikers en verbintenisse in die kerk toe te laat is nog ‘n groter sonde. Die boek openbaring waarsku juis teen die dwaalleeringe in die eindtye. En daar word ook duidelik gese wat met die predikers gaan gebeur wat mense op die dwaalleer lei. Gelukkig is daar nog ander kerke waar die soort verval nie ingetree het nie.

Koos le Roux ·

Die mens maak maak vir homself in sy ongehoorsaamheid baie smart … en sonder bekering moet sy self uitgedinkte oplossings altyd meer vindingryk wees. Tog is die leuen se asem tog te gou op

Eddie ·

Susan dit gaan nie oor die wereld te (ek neem aan )bestuur nie. Dit gaan egter oor wat is reg en wat is verkeerd in die Here se oe. Ek glo dat as die Here man en man wou gemaak het sou Hy dit gedoen het in die begin. Maar weereens gaan lees jou Bybel die Here het man en vrou geskape.

GES ·

In aansluiting wat Eddie geskryf het lees asb die volgende:
2 Tim 4 : 3 en 4
Jes 5 : 20

christine ·

Nee kyk ek is jammer maar die kerk kan maar vergeet van my en my man. Ons het besluit om by die KP kerk te gaan aansluit. Maar verkeerd bly verkeerd . Se een vandag,hy kan nie verstaan dat mense so selfsugtig is nie. Hulle wil nie na n ander kerk toe gaan nie. Vir hom wil ek se, waarom NG Kerk, stig julle eie gekkeparadys los ons sin uit. Want doen die NG Kerk dit,gaan daar een van dae n halwe maan op die toring staan. So ook met Belhar.

Anoniem ·

Dit is vir my altyd interresant om ander se kommentaar te lees oor sake soos hierdie en hoe sommige aanmerkings in teenstryding is met die webtuiste se beleid teen homofobie.

Ditb maak inniglik seer om te dink dat n mede gelowige iemand soos ek kan vergelyk met Satan. Ek kan jou eerlikwaar sê deur n proses van jare se selfverkenning dat ek nie gekies het om so te wees nie. Ek is self nie “uit die kas nie” en verkies dit so, dit is niemand se besigheid nie. Ek is wel trots op dit wat ek al bereik het op 23.

Baie keer dink mense aan die “daad” wat baie homoseksuele mense wel doen, maar lees die kommentaar mooi. Is is dit al waaroor jou huwelik gaan? Is daar nie n emosionele band tussen jou en jou lewensmaat nie? Sal jy jou eie kind afskryf as hy/sy nie jou idee van lewensmaat kies nie, of hul dit kan help of nie?

Ek sal graag na n gay dominee se preke wil luister net soos enige ander dominee, want hul geloof word nie bepaal deur hul seksuele oriëntasie nie. Luister gerus na die kommentaar van die jeug oor hierdie sake en jy sal agterkom dat van die mense met die meeste respek en eerlikheid sal jy in die gay/lesbian gemeenskap vind, juis omdat hul eerlik met hulself is.

Ek plaas hierdie kommentaar as anoniem en ook om n slag die ander kant van die storie te stel. Ek glo baie mense wat hier oordeel nie eens al n gesprek gehad het met iemand wat n ander perspektief het nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Anoniem

Ons vra om verskoning indien van die kommentare aanstoot gegee het. Dit neem ons soms ‘n wyle om deur al die kommentare te lees wat deur die outomatiese siftingstelsel gesluip en op die webwerf beland het, en dan af te keur.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

JA ·

Hi Anoniem, ek is 100% saam met jou!! my sussie bly saam n vrou… een van ons maats van klein dae af, en kom ek se vir jou geen man sou na haar gekyk het soos daai vrou doen nie! so aan ALMAL wat iets sleg te se het… asb bly eder stil want jul weet nie waar van jul praat nie… bepaal jul eder by jul EIE sondige lewens want ek twyfel baie sterk of julle regtig sulke engeltjies is…… julle is skeinheilig en agterbaks en sit net heeldag ander mense en oordeel!!!

EkIsMens ·

Dit is agv mense soos julle dat ek nie meer Christen is nie.

Alles wat ek in die kerk geleer het, wat dominee preek en jeugleiers jou vertel, word net so omgedraai en weggesmyt sodra mense uit die kerk uit stap op ‘n Saterdag- / Sondag middag.

Die Bybel sê tog om jou medemens lief te he.
Die Bybel sê tog om nie te oordeel nie.
Die Bybel se nêrens dat dit ons plek is om te dink aan wat sonde is of nie.

Ek het van kleins af nooit tuis gevoel by die kerk nie. Geen kerk nie.

Want die een preek dat vark onrein is, maar daardie einste een eet lekker spek en eiers elke oggend.
Want die ander sê mens oordeel niemand nie en almal is welkom in die kerk, maar daardie einste een sal die bergie wat sy hart wil oorgee uit die kerk jaag. Daardie einste een sal MY uit die kerk jaag want ek het nog my naellak van my matriekafskeid op my naels.
Want die ander een preek dat Jesus sê “bring my kinders na my toe”, maar in dieselfde asem se hul “behalwe die gay kinders.”

Ek het baie respek verwerf vd NG Kerk. Ek moet dankie sê dat hul dieper in die Bybel lees en nie net sekere verse uithaal en dink dis wat God bedoel nie.

***

Eddie ·

Ekismens dit is seker elkeen van ons se wil wie en wat ons is. Maar moet nie vir een dag dink jy sal nie verantwoording moet gee die dag as jy voor die poorte staan nie. As mense die Bybel wil verdraai dat dit hulle pas en laat beter voel oor die sondes wat hulle pleeg. So Be It. Daar sal jy jouself maar moet regverdig.

chrisp ·

Ekismens.

Dit gaan nie oor respek vir die kerk of daai kerk nie maar respek vir God.Verduidelik ook net waar hulle deur dieper te delf by hierdie besluit uitgekom het.Ek het dit nog nie besef nie.
Dit is juis die denke dat ons altyd almal moet gelukkig hou waar die probleem inkom.Hieruit spruit dan ‘n beleid eintlik ‘n geen beleid nie,geen waardes,geen normes ag sommer geen respek vir niks en niemand nie.

Gerrit ·

Ekismens – Jy soek ‘n verskoning om God nie te dien nie en/of kerk toe te gaan nie. So kom ons kies die maklike weg blameer die kerk en mens. As jy jou oe eerder op God rig en nie die mens nie sal jy nie so maklik in die gat val van verskonings nie. Jou kerk kan jou nie in die hemel bring nie,net ‘n persoonlike verhouding met God.

Zandre ·

Beste

Eddie en Annewen

As julle die Bybel mooi lees sal jy sien dat dit 7 keer meer opgebring word dat skilpvis eet ‘n immerse skande is as om gay te wees. Dit se ook gestel as ‘n kind met sy ouers trug praat moet hy tot dood veroordeel word en ouers wat dit toelaat sal nie die ewige lewe kry nie…

Ek weet nie van julle af nie maar ekt al my dominie baie al in ocean basket gesien lekker prawns eet asook sy kinders wat met hom trug praat.

Elke persoon het sy eie opinie… Maar ek vra myself altyd die vraag?
Wat sal Jesus doen?
Kom ons kyk of Jesus geoordeel het, sy beste vriendin was ‘n prostetiet, sy boetie ‘n leenaar en hy was ‘n Joot… Hahah ek dink huidige christenne sal nie baie van Jesus gehou het nie! Sy filosofie was dat ons as mens net ‘n verhouding met God moet he niks meer nie, niks minder nie. Ok, die ou is Gay… Wie gee om, as hy ‘n verhouding met God het wie gee ons die reg om te se dis nie werklik nie. Eks net bly daar is nog ‘n siel vir sy koningkryk. Ons het soveel haat in die wereld en dis wat God kwaad maak want die vrug van die gees is te bitter om te deel met ander! En verwyt voer daai BITTER VRUG.

Amen

EkIsMens ·

Zandre,

Baie dankie hiervoor. Ek haal my hoed af vir jou.

Stem 100% saam met wat jy hier se.

Fanie Meintjes ·

God se opdrag aan die mens in Genesis was: Gaan dan heen, vermenigvuldig en vul die wêreld. Hy het voorts vir Adam ‘n vrou gegee, nie ‘n man nie. Baie mense reken hulle is gay van geboorte af. God bepaal ‘n kind se geslag, dus wil julle beweer God maak foute. Ek twyfel. Paulus het in die NT gesê weens wellus sal die man sy vrou verlaat en ‘n man aanhang en ‘n vrou sal haar man verlaat vir ‘n vrou. Ek mag die mens veroordeel nie maar hulle dade sal altyd verkeerd bly. Jesus het vir die vrou wat op heterdaad gevang is vir egbreuk gesê, nadat niemand haar gestenig het nie, Ek veroordeel jou ook nie, gaan dan heen en SONDIG NIE MEER NIE. Maar as jy doelbewus jou sonde aanhang en dit wil afdwing as reg moet jy nie van my verwag om dit ook te aanvaar nie. Jammer, jy word nie so gebore nie, dis ‘n persoonlike keuse om jou sonde uit te leef en te regverdig. Julle wil God se Woord verander om julle sonde te regverdig. God is regverdig maar Hy laat Hom ook nie spot nie.

Corra ·

Ek stem 100% saam. En die regverdigheid wat die “guy” mense so wil verdraai dat hulle maar kan omgang he met mekaar…die Bybel se ook reeds dat mense dink hulle volg die ‘regte’ pad, maar die einde van daai pad, is die pad van die dood! Romeine 1 vanaf vers 22 is ook waar God uitdruklik se en praat oor guys..

heni seemann ·

net so padlangs… ek reken die opdrag van “gaan heen menigvuldig en vul die wêreld het die mens deeglik “vervul”….
ek is verbaas dat julle kerke die europeërs ‘n GROOT stap vooruit is wat homo-huwelike en co. aangaan… dit nadat jare lank na die europeërs as godelose verwys was van die “vrome” sa-ners :-(

Anoniem ·

Hierdie is ‘n belaglike argument.
– Wat van iemand wat nie kinders kan kry en dus ook nie kan vermenigvuldig nie? Gaan hulle ook skielik hel toe?
– Wat van iemand wat nooit hul sielsgenoot ontmoet nie en as gevolg daarvan nooit kinders kry nie? Gaan hulle ook hel toe?

Hoe kan jy twyfel dat iemand gay gebore word? Net omdat jy straight gebore is kan dit nie andersom gebeur nie?

EkIsMens ·

Fanie,

Ek vra hierdie uit alle respek, want ek ia geinteresseerd in jou input ook.

My ma en pa het geskei toe ek 20 was en my boetie 10.

Volgens wat ek van die kerk onthou, is skei ‘n sonde.

Wat ek graag sal wil weet is:
is dit dan nie ook ‘n sonde om jou kinders die ONREG aan te doen deur aan te hou met ‘n ongelukkige verhouding nie?
is dit dan nie ook ‘n sonde om jou eggenoot die ONREG aan te doen deur ‘n ander te begeer agv die feit dat jou verhouding aan skerwe le nie?

Hou in gedagte dat my ouers 20 jaar gelukkig getroud was voor hul geskei het.

Ek sien uit na jou terugvoer.

vermeende ·

Ek sit en worstel met myself want ek bid elke aand vir reen maar sodra ek amen se dan dink ek. Hoekom sal God vir ons wil reen wil gee?
Hy het sy wette gegee vir ons om te onderhou, wat ‘n griewel in sy oe is moet ook in joune wees.
God haat die sonde en so moet ons ook.
Dit is verder ook jou Christelike plig om jou broers te maan tee die sonde en ook om hom daarop te wys, as julle dit as oordeel wil sien dan staan dit julle vry.
Die Bybel se, jy mag nie steel nie maar die mens se behalwe as jy honger is!
Die Bybel se jy mag nie doodslaan nie, die mens se behalwe wanneer hy nog nie gebore is nie.
Die Bybel se jy mag nie egbreek nie, die mens se behalwe wanneer jy jou ware liefde ontmoet het.
Ek kan met die voorbeelde heeldag aanhou, maar wanneer jou krane leeg geloop het en daar is niks om te eet nie gaan vra dan gerus vir die mens om vir jou water te gee!

GC ·

Dankie dat jy dit wat ek weet, so uitstekend verwoord het. Ek probeer juis dit wat jy gesê het, aan mense te verduidelik, maar niemand hoor nie. God straf ons sodat ons terugkeer na Hom toe, soos in 2 Kronieke…

Weskaper ·

Ja ek doen ook sonde en kan seker nie oordeel nie maar ek sal wragtig nie na ‘n gay Bedienaar van die Woord se preek luister, want hy leef elke sekonde van die dag in sonde en hoe wil hy my vernaam oor my sonde en om vergifnis bid.

EkIsMens ·

Weskaper,

Jy se dan presies wat ek meen in my heel eerste post.

Hoe kan jy na iemand luister wat die word preek as hy self elke dag in sonde lewe?

MAW, soos Zandre se, hul predikant wat skulpvis eet.
MAW, soos ek se, my predikant wat vark eet.

En ek ken nie een predikant wat sonder sonde is nie. Maar hoe kan jy word spreek as jy self sonde doen? Jou argument steun indirek myne.

christine ·

Mr Anoniem as jy soo graag najou guy predekant sal luister, vat hom sommer saam en stig jou eie kerk. Die heidige een is gebou met geld ingesamel deur gemeente lede se basaars en harde werk. Die is op die koop toe nog diefstal ook. My een seun is toevallig guy ek aanvaar dit en sy maat,maar dit maak dit nie reg nie. Ek kry nagmerries van die hel en my seun en maat wat deur vlamme agtermekaar aanswem.

heni seemann ·

mens moet nie met jou kind se leefwyse saam te stem nie… maar jou kind aanvaar soos wat hy/sy is…

Anoniem ·

Hi Christine

Jy noem jou seun is toevallig gay. Het dit dan net gebeur of voel jy jy het iets verkeerd in sy opvoeding gedoen?

EkIsMens ·

Hi Christine

Jy se jou seun is ook gay?

Voel jy hy is so gebore? Of voel jy hy het dit aangeleer by die voorbeelde wat aan hom gegee was tydens sy grootword?

Jy moet tog begin verstaan dat niemand KIES om gay te wees nie. Veral as jy, soos die kerk, geleer was dat dit verkeerd is.

Is jou kind minder van ‘n Christen nou?

Anoniem ·

Beste Christine,

Ek vra onverskoning dat ek nou eers jou kommentaar lees en daarby kan aanvoeg.

Toe my ma die eerste keer uitvind (sy is nog al familielid wat weet), het sy vir 3 dae nie met my gepraat nie, maar ek het geweet al op 14 ek moes aanvaarding by haar kry om haar perspektief, wat destyds as die sosiale norm beskou was, te verander. Sy het eers besef na my tweede opbreek dat ek werklik sterk gevoellens het en dit nie kan verander word nie. Sy kon self met die situasie verband, maar dit uit my oogpunt uit sien.

Ek dink nie heeltemal jy weet hoe jou seun voel oor die saak nie. Weet hy wat jy dink daarvan?

Borrie Borman ·

Dit is voorwaar n brandende onderwerp
Wat sou Jesus se antwoord wees

vermeende ·

Daai antwoord kry jy ook in die Bybel: “gaan heen en sondig nie meer nie”

GES ·

Alles moet meetbaar wees anders is dit betekenisloos. Meting geskied teen ‘n standaard. Die standaard is of God se standaard of ‘n mensgemaakte standaard. As ‘n keuse gemaak is, werk alles baie eenvoudig en geen regverdiging of verduideliking is nodig. Die probleem ontstaan egter as daar van ‘n dubbelstandaard gebruik gemaak gaan word. Openbaring 3:15 en 16 waarsku daarteen. Diesulkes sal deur God verstoot word. Hou dit asb altyd in gedagte.

Hmmm ·

Die bybel is al baie meer as een keer oor geskryf… en dalk moet almal vir n slag kerk toe gaan en die verskil tussen die ou en die nuwe testament gaan leer…

GES ·

vermeende ek wil graag ‘n antwoord waag. Mense het ongelukkig reëls, regulasies en wette nodig om ordelik te bestaan. ‘n Gelukkige samelewing is ‘n samelewing waar dit in plek is en afgedwing word. Neem ‘n praktiese voorbeeld. ‘n Woonerf sonder grense. Probleme onstaan so gou soos nou. Lang storie kort te maak, ons het ‘n absolute standaard nodig om ons relatiewe standaard aan vas te maak. Dit sal verseker dat vrede en wedersydse respekl gedy.

heni seemann ·

en wie bestem die “standaard” wat afgedwing word…?

GES ·

Die leiers van die volk (parlement) maar met die verskil dat die standaard eers getoets moet word teen absolute standaard (Bybel). As die standaard verantwoordbaar is en die toets geslaag het kan dit afgedwing word. Dit is basies soos dit in die goeie ou dae gewerk het. Ek weet nie waar het dinge skeef gegaan nie. Ek raai dit is toe daar begin is om almal te probeer akkommodeer. Neem die voorbeeld van die doodstraf. Die swaard is aan die staat gegee. As moord (1ste graad) bewys kan word waarom nie die veroordeelde hang nie. Ek weet die teenargument is dat as daar ‘n fout begaan is kan dit nie omgedraai word nie. Huidiglik vind daar ongeveer 25000 moorde per jaar plaas. Ek is seker dat as die doodstraf in plek was ons baie baie lewens sou gespaar het. My gevolgtrekking is dat daar moet teruggekeer word na God en sy wet. Daar is geen alternatief so eenvoudig soos dit.

arie plaasboer ·

@heni seeman en ander kommentatore,
Gaan lees gerus Levitikus 19 : 29 en verder en dan ook Levitikus 20: 13 en verder.
Asof dit nie duidelik genoeg daar opgeskryf staan nie in die Boek van die God wat grotendeels liefde en vergiffenis verkondig.
As jy, soos ek, die geskrewe woord onderskryf, sal Sy Grootste gesag respekteer.

Genis ·

Dit is ‘n hartseer dag as Maroela mens se kommentaar skrap wat teen die verontmensliking van ander mense en vir die liefde is soos ons Leermeester ons leer, maar haatspraak met ‘n (on)christelike baadjie skaamteloos toelaat. Julle stel my net altyd teleur Maroela.

Flip ·

Na aanleiding van al hierdie kommentare, kom ‘n vraag telkens na vore, naamlik:
Wat sou jou optrede teenoor jou gay seun/dogter wees tydens jou daaglikse huisgodsdiens? Sou jy hom/haar eers buite laat staan totdat julle klaar is met julle huisgodsdiens? Wat is die verskil dan tussen huis- en kerk se godsdiens?

Fanie ·

GOD IS LIEFDE. As jy Jesus Christus aangeneem het as jou verlosser en saligmaker, wat vir die hele mensdom se sonde/s gesterf het, kan geen mens se oordeel jou uit die Koningkryk van die Almagtige hou nie. Dan is jy in Sy (Jesus Christus) se reine bloed gewas, waarvan die Groot Doop in water dit versinnebeeld. Die Here God Almagtig vergewe tot moordenaars, as hulle tot inkeer kom, en Jesus aanneem. Dit gaan om Jesus en die wonderlike verhouding tussen die Vader, Seun en Heilige Gees wat ‘n ongekende ( vir die mens, ‘n onverstaanbare ) Liefde vir Mekaar en vir die mens het. Unconditional Love. Los die oordeel vir die Alwetende.
Ons kan maar net op sy Liefde en Genade vir die mens reken.

E ·

Goeie more, ek sal graag wil weet of julle vir ons die uitslae van gister se beraad kan gee.
Baie dankie

Evert Louw ·

Die NGK is weer in hulle verstand in verkeerd,soos destyds met rasse segregasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.