Gay man hof toe oor kraamverlof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Durban wat in ʼn eenslagtige huwelik is en vir die regering werk, dagvaar sy werkgewer voor die arbeidshof nadat sy aansoek om kraamverlof afgekeur is, berig The Star.

Hy beweer daar is teen hom gediskrimineer toe hy aansoek gedoen het vir volle kraamverlof. Hy en sy lewensmaat het in 2011 die ouers van ʼn pasgebore baba geword ná ʼn ooreenkoms met ʼn surrogaat.

Sy werkgewer het sy aansoek van die hand gewys omdat die vier maande betaalde kraamverlof slegs op vroue van toepassing is. Hy is ingelig dat hy slegs geregtig is op vier dae gesinsverantwoordelikheidsverlof.

Die man het die kwessie na die hoof van menslike hulpbronne geneem, waarna hy twee maande se kraamverlof toegestaan is toe sy saak as ʼn aannemingsouer hanteer is.

Hy het in die hof aangevoer dat daar onregverdig op grond van sy geslag, familieverantwoordelikheid en seksuele oriëntasie teen hom gediskrimineer is. Hy eis skadevergoeding van R400 000 en twee maande se salaris. Hy het glo die hof genader in die hoop dat mense in ʼn soortgelyke posisie uit die saak kan baat.

Die hof het uitspraak voorbehou.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

luke ·

Ek is stom en slim genoeg om eerder niks te se op die onderwerp nie. Ek wonder net oor een ding! As hulle Suid Afrika se naam verander na Surkus, beteken dit dan ons word clowns? Ek wonder maar net…

Kellies ·

Luke, Hulle is siek man, siek. Dan moet beide manlike ouers mos vier maande verlof kry. Dan moet elke paartjie, hetsy man en vrou of beide dieselfde geslag vier maande verlof kry as hulle n kind aanneem. Dan moet ek ook vier maande verlof kry as my vrou kraam. Die D****r is te lui om te werk man.

Vrou ·

Dis twak, indien hy kraamverlof benodig het kon hy soos alle ander maar die onbetaalde tyd gekry het, die feit dat hulle hom reeds twee maande gegee het is genoeg. En hoekom nou 3 jaar later eers die saak aanhandig maak, hoekom nie onmiddeliknie, hy het duidelik genoeg geld om te mors op regsonkoste so mors hy nou ons staats geld ook want hulle verdedig die saak met ons belasting geld.
Aanvaar jy wie jy is en leef voort moenie jou lewenswyse aan ander probeer opdring nie.

Asjas ·

As sy liggaam kon doen en deurmaak wat ‘n vrou doen kan hy ook 4 maande verlof kry. Dit gaan oor meer as net ‘n tydjie by die kleinding spandeer. Wat wou HY in die 4 maande doen? Borsvoed????? Dis in elk geval ook onbetaald en UIF uiters traag, gee hom 4 maande. Meeste vrouens gaan vandag na 6 weke terug werk toe agv tekort aan geld. Bestuur al 4 weke na keiser snit ens. Die MAN klink vir my soos ‘n luiaard.

Anti-Azania ·

Die swaap “werk” vir die staat dus is daar nie veel sprake van werk nie, ek het gedink hulle is permanent op kraamverlof!

iemand ·

Ek dink alby ouers moet kraamverlof kry wanneer n nuwe lewe die gesin inkom. Of die ouers nou die selfde geslag is of nie. En mense moet ophou so lelik in die komments wees oor die tipe paartjies, dis nie julle in die verhouding of wat daarmee lewe nie, so hou op dit so ‘persoonlik’ op vat as iemand anders liefde gevind het, selfs al is dit in iemand van hul eie geslag. Dis nie julle saak, of plek om n eiertjie te le oor iemand se tipe liefde nie, al dink julle dis verkeerd.

Dis anyway so n simpel ding om die man oor te diskrimineer, hy het seker die baba net so lief soos enige ma of pa, en ongeag sy geslag moet die kind n ouer he wat daar is deur die dag. Wat nou as n papa aleen n kind moet grootmaak maar nie kan verlof kry nie omdat hy n man is? Wens ons kon verby geslag, ras, taal en liefdes voorkere kyk.

Babs ·

Iemand. Het jy al daaraan gedink wat gebeur in ‘n groot maatskappy (fabriek bv) waar daar elke maand een of twee vrouens kraam. Sommige se mans werk vir dieselfde maatskappy. As almal 4 maande verlof wil hê kan die maatskappy mos sonder hulle klaarkom. Weet van ‘n geval waar ‘n vrou twee keer in een jaar gekraam het. Nadat sy terug gekom het van die tweede verlof het sy bedank. Dit is hoekom baie maatskappye nie meer jong vrouens in diens wil neem. Wat het die vrouens van vroëer jare gedoen toe hulle gekraam het. Dink daar was hegter bande tussen daardie ouers en hulle kinders as tussen baie gesinne vandag.

SNEL ·

Ek stem saam met Atjas. Hierdie klink soos n lekker geldmaak storie vir my. Dis ook nie “sy” werkgewer se skuld “hy” is wat hy kies om te wees nie, en ek stem, kraamverlof is vir die ma om te herstel na alles en ook vir borsvoeding, nie vir popspeel nie, dus sou vier dae vanpas gewees het.

Dave ·

…. ja luke, seker moet hy en nog ‘iemand’ in ‘n ‘surkus’ gaan werk soek. :-)

Rian ·

Wel, Meneer, jy wat in n gay huwelik ingegaan het en n kind deur serogaat het, moes mos geweet dat jy teen die normale grein gaan. n R400 000 eis en nog meer vergoeding klink bietjie absurd, dalk moes jy eerde veg vir die aanpassing van die wet sodat hierdie “nuwe” gesinstruktuur ook in ag geneem word.
Die wet op kraamvelof Is duidelik en maak nie voorsiening vir die abnormale gesins opset waarin jy verkeer nie en boonop bestaan daar nie in die wet so iets soos 4 maande volbetaalde verlof nie, dit is die werknemer se beleid of hulle vergoed vir kraamverlof.

Sal interressant wees om te sien hoe die hof beslis.

Nina ·

Sjoe. Wat vir jou as abnormaal tel, is vir ander doodgewoon liefde. Selfs vir kinders, wat nie diskrimineer nie. Ai. Die feit dat hy bietjie laf is en so lank wil afvat, wel, ja! Maar om so persoonlik te raak? My beste vriendinne is gay, getroud en hulle het ‘n lieflike, stabiele seuntjie. Hul huwelik is soms meer normaal as ons ‘gewone’ mense s’n.

Sonja ·

Sjoe, ek het 2 kinders gebaar en gedink kraamverlof is grotendeels oor die ruskans en herstel tyd wat jou lyf nodig het na die geboorte.. En dan om jou kleintjie te borsvoed en ‘n roetine te kry vir kleinding en die gesin… Waar is hierdie man se snymerke vir sy keiser ? Weet hy ooit waardeur ‘n vrou se liggaam gaan tydens geboorte.. Elke mamma wat self haar kind baar het tyd nodig om te herstel en aantepas.. En soos hier bo genome is dit maar vir UIF eis, en vroeër terug gaan werk toe omdat daar geen inkomste vir hierdie tyd is nie. Dit is regtig min werkgewers wat tydens kraamverlof jou nog ook ‘n salaris betaal..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.