Gay predikant verloor saak in konstitusionele hof

Argieffoto

Argieffoto

Die konstitusionele hof het beslis Ecclesia de Lange, ʼn voormalige predikant in die Metodistekerk, mag nie as predikant dien terwyl sy met iemand van dieselfde geslag getroud is nie.

De Lange het in 2009 voor haar gemeente aangekondig dat sy van plan is om met haar lewensmaat van dieselfde geslag te trou. Na afloop van die aankondiging het die kerk haar ingelig dat haar huwelik teen die kerk se beleid is, wat slegs heteroseksuele huwelike erken.

Sy is in 2010 geskors en nie toegelaat om verder as predikant te dien nie. De Lange het die saak vir arbitrasie verwys, maar die partye kon nie ʼn ooreenkomkoms bereik nie.

Die sameroeper van die arbitrasiepaneel het in Junie 2011 namens De Lange ʼn arbitrasieooreenkoms onderteken, wat die bepalings en voorwaardes uiteengesit het. De Lange het die saak na die hooggeregshof geneem in ʼn poging om die arbitrasieooreenkoms tersyde te stel uit vrees dat dit haar saak sou benadeel.

Die hooggeregshof, sowel as die appèlhof, het gesê De Lange het nie rede gehad om die arbitrasieooreenkoms teen te staan nie. Adjunk-hoofregter, Dikgang Moseneke, het Dinsdag tydens uitspraak in die konstitusionele hof gesê daar is geen vooruitsigte vir sukses van De Lange se appèl nie. Hy het bygevoeg dat die arbitrasiepaneel die gepaste forum was om die kerk se beleid te ondersoek met betrekking tot homoseksuele huwelike vir predikante.

Moseneke het gesê De Lange het nie haar bewering van onregverdige diskriminasie onder die aandag van die hooggeregshof gebring nie.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Jacques ·

Stem saam. Die Metodiste het nie agteroorgebuig nie. Die herder kan mos nie aangaan met sy sonde en die gemeente lei nie

Berhalet Beukes ·

Baie interessant… Maar as ‘n getroude dominee of pastoor ‘n verhouding het word hulle nie uit hul amp onthef nie. Mmm….

Gereformeerd ·

Ja Beukes, dit gebeur, maar dan is die nie n kerk van God nie.

Johann Marx ·

Huh Jacques? Natuurlik kan hy? Ek ken baie dominees wat NET ook mens is…..wat ook maar ‘n verkeerde woordjie dink as ‘n taxi voor hom inry, na die susters se lae halse loer van die kansel af, wat ook na die buurman se nuwe Porche kyk…en dit begeer, en ook af en toe wens hy kon die geldgod se lotto kaartjies koop as niemand kyk nie, en lus word vir ‘n bier as dit so warm is. ALLES daai….is sonde, my maat? Daar is nie “groot sonde” en “klein sonde” nie? Gaan vra jou dominee. Of is jou “herder” vlekloos voor die gemeente? Van dat niemand meer die 10 gebooie so gereeld lees nie, vergeet ons ook maar gou wat is sonde en wat nie?

Pendoring ·

Ek dink die sleutel tot die probleem is die VOLHARDING in die sonde. Ons almal sondig , maar bitter min van ons gaan passievol volhard daarmee.

Paul ·

Dis nie wat die hof beslis het nie. Soos dit hier in die eerste paragraaf geskryf is, lyk dit asof daar gesê word die hof het so ‘n bevel gegee. Al wat die hof eintlik gedoen het is om te sê dat die hof nie die kerk se besluit ter syde sal stel nie. Groot verskil!

Die Metodistekerk is maar lekker tweegesig. Hulle het geen probleem daarmee gehad dat die predikant en haar lewensmaat as ‘n “ope geheim” saam in die pastorie woon vir jare lank nie. Die kerk dring dus eintlik daarop aan dat die predikant moet lieg en dan is dit aanvaarbaar, moet tog net nie eerlik en openlik wees oor die verhouding nie!

Pop ·

Ons dominee het vir ons mooi verduidelik … wanneer ‘n man (selfs ‘n dominee), ‘n buite-egtelike verhouding het, en daarvoor opreg om vergiffenis vra, word hy vergewe en hy doen dit nooit weer nie. Gay mense hou egter aan om die sonde te doen wat hulle weet ‘n sonde is. So nee, daar is nie groot sondes en klein sondes nie – net sondes wat vergewe word en jy doen dit nooit weer nie, en ‘n sonde wat net aanhou en aanhou, al weet jy dis sonde.

GES ·

Ons almal streef om soos Jesus te word. Die pad is smal en vereis volharding. So die keuse is eenvoudig, daar is nie ‘n goue middeweg nie. Die goue middeweg en die breë pad is die selfde pad. Ek wil nie betrokke raak by wat is reg of verkeerd nie. Ons almal weet dit. Ek hoop net, dat as jy die verkeerde keuse gemaak het en daarby volstaan, jy met die gevolge kan saamleef.

Piet ·

Waar in die Bybel staan dat jy nie met ‘n ander geslag mag trou nie?

Bloues ·

Mooi so Metodiste, julle wys wie staan as hoof van julle kerk naamlik God en Sy woord. Anders as die NG kerk wat se hoof blyk te wees die sinode en nie God en SY woord nie

Martin ·

Piet, jy noem dit so ewe droog. Nee dit staan nie volgens my kennis iewers geskryf nie. Maar ek dink nie dit moet iewers in die Bybel geskryf staan om dit verkeerd te maak nie. Dit word wel in die Bybel bespreek. Wat my egter pla is dit – elke keer as die Bybel vertaal word, word die gay ding anders benoem. Dit is nou al so verdraai dat die NG senode ‘n rede gekty het om gay huwelike te aanvaar.

AmY ·

Sommer ‘n grappie oor herders wat in sonde saambly:
In ‘n klein dorpie in die Vrystaat trek ‘n jong dametjie by die dominee in omdat sy nie blyplek het nie.

Die stories begin die rondtes doen in die dorp en een van gemeente lede, Oom Daan, besluit om ondersoek in te stel.

Hy bel die dominee en reël dat hy en sy vrou by die dominee kom eet.

Oom Daan en sy vrou bring toe al die kos en geniet ‘n ete saam met die dominee en die jong dame.

Later die week bel die dominee vir oom Daan. “Oom Daan, ek wil nou nie sê julle steel nie, maar daai mooi slaai lepel wat ek in Pakistan gekry het is weg vandat julle hier gekuier het” sê die dominee.

Oom Daan antwoord “Dominee, ek wil nou nie sê jy slaap met daai jonge dame nie, maar as jy in jou eie bed geslaap het, dan het jy die slaai lepel gekry”.

Poplap ·

Dis so jammer dat ons kerke sommer so mense weggooi oor hul seksuele oortuiging. Daarmee saam ook sommer die families en vriende want hoe kan ek myself met ‘n kerk vereenselwig wat so tweegesig is. Onthou tog asb dat hierdie einste kerke (veral NG) vir jare vertel het apartheid is sonde, met swart mense trou is sonde. En nou, nou is dit nie meer sonde nie. Jammer ek glo absoluut on God. Maar my God is nie bevooroordeeld en skeinheilig nie.

Suzette ·

Ai Poplap stem so met jou saam. Hoe val die helde wat al die jare so onverbiddellik was ne. Se ek ook ek glo ook absoluut in God. Hy en Hy alleen sal my oortuig van reg en verkeerd want hy is nie bevooroordeeld en skynheilig nie. By the way ek aanbid BY ‘n kerk as ek moet MAAR ek aanbid die Here en die Here alleen. Wens almal kan net die prentjie kry.

Suzette ·

Ai Maroela Media wat het ek verkeerd gese. Sorry Poplap wil net se My God is ook nie bevooroordeeld en skynheilig nie maar dis seker die ander dinge wat ek bygese het wat nie geduld word nie

Andre ·

Ek dink julle eerste paragraaf is heeltemal verkeerd. Dis nie hoe ek die konstitusionele hof se media opsomming lees nie.

Fransie ·

Ek lees geruime tyd die verskillende opinies oor die gay saak soos gesien deur leke en “kundiges/teoloe” op verskillende media. Hiermee my 5c. Geen christen mag iemand anders veroordeel nie. Maar die Skrif stel dit baie duidelik, dat ons eie dade EN woorde ons sal oordeel in die oordeelsdag. God en Sy Woord het nog nooit verander nie… Dit se duidelik dat homoseksualisme n gruwel is vir God. Beteken dit dat ons die homoseksuele uit die kerk moet ban? Glad nie. Hulle en ons ander het God ewe nodig. Maar net soos ek wanneer ek na n mooi vrou kyk nie aan die wellus kan toegee nie, netso die wat homoseksuele begeertes ervaar nie. Ons altwee mag nie sondig. Ek mag egter met een vrou trou. Die wat homoseksuele wellus ervaar moet egter die knie buig voor God se Woord en Hom vra om hulle te verlos van die bose en hulle genees. God het hulle lief en sal hulle genees. Ons as christene moet diesulkes help om genesing te kry. Maar predikante wat volhard in sonde (maak nie saak watse sonde) bring die chrstelike getuienis en God in die skande en moet die integriteit aan die dag le en uitree totdat hulle verlos is van die gewoonte sonde. Humanisme en teoloe kan se en doen wat hulle wil- “by God is daar geen sweem van verandering”. Maw Hy maak nie foute nie; Sy Woord is onveranderlik, gister, vandag en more. Aan die “slim” teoloe wat so graag verwys na die rituele gebruike/reels in die Ou Testament wat glo “verval” het en nou moet die wat homoseksualisme veroordeel glo ook dan konsekwent al daardie gebruike dan ook volgens die teoloe huldig, die volgende. Jesus se self dat nie een jota of titel daarvan (die Wet) verval het nie. Maar Hy het dit alles in ons plek kom vervul. As ons nou Sy werk aanvaar en onself bekeer, kan ons egter NIE voortgaan en in sonde bly leef nie. Wat van al die rituele reels- u het nodig om met die Heilige Gees vervul te word en Hy sal u lei wat om te doen daaromtrent. Is dit arbitrer? Glad nie. Is daar die wat onder die naam van die leiding van van die Heilige Gees vreeslike dwalings en sonde pleeg? Verseker! Maar weet dat sonde teen die Heilige Gees nie vergewe word nie. Hou maar vas aan die ou Evangeliese waarhede en onderskei die werke van die vlees… Lees die Woord met opregte nederigheid (nie met slim redenasies/ verskonings/ voorbedagte rade nie) en bid die Here en Hy sal u lei. “My volk gaan ten gronde vanwee n gebrek aan kennis” Nie intellek nie….

hendrik ·

Dis PRESIES die bybel verse wat ek gesoek het. Dit staan so in God se Woord en dit is die waarheid. Einde van die gesprek!!!! Lees en WEET.

Tiaan ·

Die Kerk het sy eie huishoudelike reels en verordening wat nie ten gunste van homosexualitiet is nie. Die Kerk is ook baie min gepla oor wat die Grondwet voorhou. Mev de Lange het ongelukkig in die Grondwet geglo.

Kerke betaal nie belasting nie so hulle is nie gebonde aan die reels van die Grondwet nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.