Gebaretaal dalk binnekort amptelike taal in SA

Foto: Lifeprint

Gebaretaal kan binnekort Suid-Afrika se 12de amptelike taal wees, soos aanbeveel deur die parlement se grondwetlike hersieningskomitee, het die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, Donderdag gesê.

“Die komitee beveel aan dat artikel 6(1) en 5(1) gewysig word om Suid-Afrikaanse gebaretaal as ʼn amptelike taal in te sluit. Die komitee aanvaar die feit dat die kwessie al lankal agterstallig is,” het Rakwena Monareng, uitvoerrende hoof van die taalwaghond, gesê. “Na verwagting sal die parlement die nodige formaliteite hanteer om die wysiging in die Grondwet te fasiliteer.”

Monareng het gesê dit is ʼn positiewe reaksie vir die dowe gemeenskap en die hele land, veral vir diegene wat graag gebaretaal wil aanleer.

Pansat is verantwoordelik daarvoor om alle Suid-Afrikaanse tale te bevorder, insluitend dié wat vir godsdienstige doeleindes gebruik word. Die land het 11 amptelike tale.

Monareng het bygevoeg die komitee se aanbeveling vind tydens ʼn belangrike tyd plaas voor September, Maand vir die Dowes. “Die besluit sal help om foutiewe gebaretaaltolke te verhoed, wanneer dit geïmplementeer word.

“Pansat glo dat, indien gebaretaal op skoolvlak geleer word, sal dit ook die uitdagings reguleer en beperk van foutiewe gebaretaaltolke, soos die persoon tydens die gedenkdiens van voormalige president Nelson Mandela in 2013. Ons glo, net soos die Grondwet sê, dat alle tale gelyk is, en dat alle tale die nodige erkenning, respek en publisiteit moet ontvang wat dit verdien.

“Pansat sien uit daarna om saam met die departement van onderwys te werk om seker te maak dat daar voorsiening gemaak word dat gebaretaal ʼn sukses is en dat dit ʼn groot bydrae kan lewer vir alle burgers en diegene binne die dowe gemeenskap.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Carl ·

My oorlede pa het die eerste gebare woordeboek vir Suid Afrika geskryf en voltooi in 1978. Hy sou so bly gewees het om die berig te kon lees. Vanjaar sou hy 98 jaar oud gewees het.

Akram ·

Goeie ene Wonder. Ek moet stem dat sommige van die pad gebare baie duidelik gebruik word.

Marts ·

Hi Carl, dis ‘n GROOT gevoel vir jou. Ek voel saam jou. Ek woon in Worcester en sien die gebruik van gebare taal daagliks. Awe!!

Dink net ·

Dink net hoe wonderlik dit sou wees as z die taal kon verstaan en daarop kon reageer tot voordeel van SA.

M A ·

Ek is doof maar het nooit gebaretaal geleer nie – vind dit geheel en al onprakties. Het liplees geleer. Ek wil tog nie net met ander dowes praat nie en gebaretaal is regtig nie iets wat horende mense gaan aanleer om eenkeer n skrikkeljaar te gebruik nie.

dolphin ·

ek is so bly vir die geleentheid om dowe gebaretaal aan te leer om een gebaretaal en die engels en Afrikaans gebaretaal is nie selfde nie.

Skuilnaam ·

Ek is doof en gebruik lip lees, dit is vir my die lekkerse gevoel om met dowe mense betrokke te raak, dit het my net `n jaar gevat om Gabarataal te leer. Ek is glad nie spyt daroor nie.
nogsteeds so gelukkig om in dowe gemeenskap te wees.

MCS ·

Wonderlike idee. Sien almeer mense wat doof is wat werksaam is by winkels soos Checkers, Pick a Pay en Builders Warehouse.

Christo Visagie ·

Dit moet ons amptelike lands taal word,,,,,,,,,,,,,,dalk verstaan ons mekaar dan beter. SA is eintlik BABILON,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,een groot gemors en elkeen in sy eie rigting.

Goeie nuus ·

Hoog tyd!! Ons fokus nie genoeg op die gestemdes nie! My ma was doof en sy kon gebare taal en liplees en ek moet sê sy het liplees verkies maar daar kom tye wat die dowe gemeenskap net beter verstaan word met gebare taal.
Ek hoop dit word deurgevoer!!

Mattie du Pisanie ·

Daar is ‘n persoon wat my vra waar mens ‘n handleiding kan kry vir ‘n dowe in die familie. As iemand dalk kan help asseblief❣

Sagmoedig ·

Beste nuus ooit, my kleindogter is doof, sy is 21 jaar. Laas jaar was sy die 2de prinses van mej Dowe. Hulle is woonagtig in Worcester, Sy wil so graag gaan werk, tans sukkel sy om werk te kry. Sy het n kursus gedoen in computer by Delabat skool, nog steeds sukkel sy om werk te kry. Dit is n baie goeie ding dag julle dit n verpigting wil maak.

jannas ·

Gebaretaal is al vir jare in gebruik. Dit word nou net amptelik. Dis die beste manier om jou uit tedruk en dis nie rassisties nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.