Gebede gevra ná kleuter in swembad beland

Janlo Rademeyer (Foto: Facebook)

“Na ʼn moeilike nag gaan dit vanmiddag baie beter met Janlo. Sy asemhaling het baie verbeter, so ook sy bloedsuiker en suur. Sy handjies en voetjies toon ook beweging.”

Só sê Louis Dekker, hoof van die Laerskool Wierdapark in Centurion waar Janlo Rademeyer (3) se ma ʼn onderwyseres is. Dekker het gister ʼn opvolgboodskap aan ouers gestuur oor Janlo se toestand nadat hy amper verdrink het.

Maroela Media het vroeër berig die seuntjie is in ʼn bedenklike toestand na die Garden City-kliniek in Johannesburg gevlieg nadat hy Dinsdag in ʼn swembad beland het.

Die Doornkloof Familiekerk in Centurion het voorbidding vir klein Janlo Rademeyer (3) gevra nadat hy Dinsdag byna verdrink het.

Janlo se pa, Emile, is ʼn leraar by die gemeente en sy ma, Carin, is ʼn onderwyseres by die Laerskool Wierdapark.

Dekker het in ʼn boodskap aan ouers gesê Janlo is intussen geskuif na die isolasiekamer van die pediatriese intensiewe sorgeenheid.

“Hy is in die hande van twee van die beste mediese spesialiste, dr. [Miles] Bartlett, die pediater, en dr. Osmon, die neuroloog.

“Hy is nog in ʼn geïnduseerde koma as deel van sy behandeling, maar hulle is tevrede met sy vordering,” sê Dekker.

Dekker het in die daaropvolgende boodskap ouers bedank vir hul gebede. “Die gesin waardeer elkeen van u opreg.

“Ons is baie dankbaar vir ons skool en ons gemeenskap wat die gesin dra deur die moeilike tye. Ons versoek asb. weer u voorbidding vir Janlo en sy gesin.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SomeOne ·

kleinman, ek het jou aan die Here opgedra vir totale genesing
ouers, julle is ook in my gebede

DieKriek ·

Ongelukke gebeur so vinnig. By ons het n besoeker nie die hekkie toegemaak nie en my kleindogter is reguit na die oord se swembad toe. Gelukkig het sy nie ingeval nie. Mens kan net nie orals wees nie en besoekers is nie ingestel op babas se veiligheid nie. Ek bid dat Janlo herstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.