Gebede gevra vir Affies-seuns ná ongeluk

Lian Taljaard

ʼn Gebedsversoek is deur die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) in Pretoria begin nadat twee van sy leerders die naweek in ʼn ernstige motorongeluk was.

Lian Taljaard en Shaun Goedhals, albei 18, was Sondag van Bela-Bela na Pretoria op pad toe die ongeluk gebeur het. Hulle het saam met Lian se gesin vir die langnaweek op hul familieplaas buite die dorp deurgebring.

Die twee het alleen teruggery toe die motor waarin hulle was op die R101 gerol het. Daar was nie ʼn ander motor betrokke nie. Lian het ernstige beserings opgedoen. Shaun is nie so ernstig beseer nie en is reeds uit die hospitaal ontslaan.

Cornel Taljaard, Lian se ma, het aan Maroela Media gesê Lian word in ʼn medies-geïnduseerde koma in ʼn hospitaal in Pretoria gehou. “Hy kry verskriklike goeie sorg daar en daar is ʼn ongelooflike span spesialiste wat na hom kyk. Die personeel is fantasties.”

Volgens Cornel is haar seun se toestand stabiel. Sy het haar dank uitgespreek vir al die ondersteunende boodskappe wat die gesin sedert die ongeluk ontvang het en almal wat hulle ondersteun.

“Ons dra hulle en hulle ouers in hierdie moeilike tyd in ons gebede op,” het Affies in die gebedsversoek gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anoniem ·

Sterkte – Jesus hou vir Lian in die holte van Sy hand ! Sterkte aan Lian se familie en vriende ! Dankie dat Shaun OK is !

dolphin ·

mag die Here vir jul gesin in gebede en voorspoed vir die herstel pad le voor.

Gesiggie ·

Ons dra vir Lian op in gebed, en vra ook dat die Krag en genade van Jesus met sy ouers sal wees.

Varkie ·

Here my GOD wees met Liam
Spaar hom vir sy MA en pa
Asb my VADER in die hemel AMEN
Daar gaan nou teveel jong manne dood in frats ongelukke
Sterkte aan almal

ACJ ·

HERE EK PLEIT U BLOED OOR DAARDIE SEUN IN DIE HOSPITAAL IN JESUS SE NAAM .U IS DIE EEN WAT ALLEEN SIEKTES KAN GENEES EN SONDE KAN VERGEWE SE U IN U WOORD AMEN

Hoekom ·

Ons sondes is lankal vergewe toe Jesus aan die kruis vir ons gesterf het. Gaan lees Job en kry perspektief. Kom ons bid dat die seuns gesond word en dat SY WIL EN NIE ONS WIL sal geskied.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.