Gebede stroom in vir Joost

Joost van der Westhuizen en Amor Vittone by hul kinders, Jordan en Kylie op Kersdag 2016. Foto: Amor Vittone, Facebook

Joost van der Westhuizen en Amor Vittone by hul kinders, Jordan en Kylie op Kersdag 2016. Foto: Amor Vittone, Facebook

Honderde boodskappe van bemoediging en gebede het Saterdag op sosiale media ingestroom, nadat nuus aan die lig gekom het dat Joost van der Westhuizen vir sy lewe veg in die hospitaal.

Die J9-Stigting het Saterdagoggend op sy amptelike Facebook-blad bevestig Joost is vroeg vanoggend in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem. Saterdagmiddag het die stigting in nog ʼn plasing gesê Joost is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat gerugte op sosiale media die ronde gedoen het dat hy oorlede is.

“Joost veg steeds in die hospitaal almal. Hou aan vir hom bid. Volg asseblief slegs hierdie blad vir nuus. Daar is baie gerugte [wat die ronde doen], maar ons sal die korrekte besonderhede hier plaas,” het die stigting geskryf.

Joost se vervreemde vrou, Amor Vittone, het ook Saterdagoggend ʼn foto van hulle en hul twee kinders gedeel en die publiek gevra om vir Joost te bid. “Ons almal is by mekaar vandag. Joost ons is lief vir jou!” het sy geskryf.

Op Facebook en Twitter het honderde mense boodskappe van bemoediging aan Joost en sy familie, asook foto’s en herinneringe van sy rugbydae gedeel.

Verpleegsters het Joost heeltyds versorg by sy huis in Midrand, op dieselfde landgoed naby die huis waar Vittone saam met die egpaar se twee kinders, Jordan (12) en Kylie (10), woon. Hy het nog elke dag kontak met sy kinders.

Joost ly die afgelope vyf jaar aan motorneuronsiekte.

Lees die vorige berigte oor Joost van der Westhuizen op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Arnel ·

Sterkte vir julle Almal deur die moeilike tyd, ek bid dat God julle deur dit sal dra.

Dion Els ·

Ek bid vir jou bloubul, jy moet sterk wees en aanhou veg soos op die rugbyveld, en jou lewe daarna. Sterkte aan almal

Charmaine ·

Sterkte Joost en familie….Hou net vas aan God Hy sal jul deurdra xxxxx

Henriette Steyn ·

Dit is baie sleg vir sy kinders en familie maar om hom so te sien kan glad nie lekker wees nie ek weet want ek het ‘n kind met MS en om die aftakeling dag vir dag te aanskou is baie swaar. Bid vir hulle God weet die beste.

nhk ·

Joost jy is n voorbeeld vir ieder en elk. Jou nalatenskap is vir ieder en elk om oor na te dink. Sterkte vir jou en die families.

Elize ·

Ons bid vir Joost.sy kinders en sy hele familie. Hy was n wonderlike rugby speler. Sterkte julle almal.

lynette kok ·

Sterkte!!!!My ex man het ook MS Gehad.Klou vas aan GOD……

pieter ·

Is dit nodig om elke slag te verwys na sy vervreemde vrou hulle sien mekaar elke dag blykbaar hoe kan sy vervreemd wees van Joost.

Chris ·

Ek verstaan dat die man ‘n held was. Dit is tragies en hartseer wat met hom gebeur. Ek kry sy kinders jammer en hoop hulle sal berusting vind. Wat vir my ontstellend is die sensasie aan die man se moontlike laaste ure. Ek vind dit redelik ontsmaaklik. Dit is nuuswaardig maar beslis nie sensasineel nie. Swak pers.

Piet Priester ·

Ek kan nie help om te wonder nie. Waarvoor bid ons? Onmiddelik verlossing van hierdie aardse styd? Of ‘n verlenging van hierdie uitmergelende bestaan met basies GEEN lewenskwaliteit nie?

Annamarie ·

Sterkte aan Joos en familie. Vertrou op GOD. Hy is al een wat kan uitkoms bring. GOD is in beheer. Ons bid vir julle.

Lizelle ·

Joost, jy kan gaan rus. Ek dink jy het bereik waar die Here jou wou gebruik het. Ons is almal baie trots op jou en ek dink ons Hemelse Vader nog meer. Jou liggaam is moeg. Die wat agterbly gaan jou baie mis maar hulle sal verstaan.

Rita ·

Sterkte vir Joost en sy hele familie in besonder Amore en sy kinders asook sy ouers.

Dorothy Ross ·

Go rest high on that mountain my friend your work on earth is done. We will miss you and you are tired ??

Erica en Alwyn Albertse ·

Jy is in Ons Gebede. Sterlte aan sy familie en kinders. Mag God jul nou Sterk hou.

Hannetjie ·

Dis baie sad om onse held. ..onse blou bul man so te moet sien ly…mag God Joost die rus nou gee en saggies vat…hy genoeg gely. ..Jordan end Kylie en Joost se ouers en sy familie julle het pragtige herrineringe van hom en hy sal julle soos Jul vir hom altyd lief hê. ..

Mike de Beer ·

Jy is ‘n ware man. God se bystand en vertroosting vir al jou familie jou naastes en jouself.

Peet J ·

Volgens die onlangse foto blyk dit dat die regte voedingswaarde ontbreek daarom dat jou gestel so agteruit gaan . Die medies gaan jou nou verseker teen ontwatering behandel. Jammer dat almal so gou moed opgee maar in elk geval sterke vorentoe.

Conrad ·

Waarvoor moet ons bid en waarom veg hy? Veg teen die onvermydelike dood en die wil van God? Ek het hom een keer hoor se na die diagnose dat hy sal doodgaan wanneer hy wil. Met respek gese, die mense om Joost ly nog meer om hul geliefde so te sien. Daarby het hy 5 jaar gehad om sy sake in orde te kry en afskeid te neem. Baie het nie so n kans nie. Die dood kom vir ons almal. Hy kan homself nie voed en asemhaal sonder hulp nie dan versoek die J9 stigting mense moet vir Joost bid? n Berig in n Sondagkoerant se”hy veg om sy kinders te sien grootword” Joost dink aan jou kinders en gaan in vrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.