Gebede verhoor toe hemel se sluise in Oos-Kaap oopgaan

‘n Boer digby die Kougadam het hierdie foto’s vanuit sy bakkie geneem (Foto: Verskaf)

Inwoners en boere in die Oos-Kaap was oorstelp van vreugde toe reën Maandag in dié provinsie begin uitsak het. Dié langverwagte reën volg net nadat honderde mense Saterdag by die Kougadam digby Patensie saamgetrek het om te bid vir reën.

Wikus Nel, een van die organiseerders van die biddag en ’n inwoner van Port Elizabeth, sê boere in die Kougadam-gebied het omstreeks 08:40 met groot opwinding laat weet dat die hemel se sluise oopgegaan het.

“Dit reën! Halleluja, prys die Here! Dankie vir die gebede,” het een van die boere gesê.

Nel sê in Port Elizabeth het reën net voor 09:00 in die stad begin uitsak. Teen die tyd wat hierdie berig gepubliseer is, het dit steeds gereën. Nel het dit as ’n “goeie bui reën” beskryf.

“Die boere is baie opgewonde oor die reën en ek kan hoor hulle is ook meer positief,” vertel Nel.

Maroela Media het vroeër berig omtrent 330 mense het Saterdag by die Kougadam naby Patensie byeengekom om vir reën in die provinsie te bid. Die Oos-Kaap kry al ʼn paar jaar lank nie voldoende reën nie en die Kougadam het slegs 4,8% water. Daar is hierdie week aangekondig dat Dag Zero in dié streek op 1 Junie sal aanbreek indien dit nie voor dan behoorlik reën nie.

“Ons is dankbaar vir die reën. Ons het op die biddag gevra dat God die hemelsluise vir ons sal oopmaak en Hy het geantwoord.

“Ons hoop op God en ons dien ’n groot God. Ons vertrou dat Dag Zero nie ’n realiteit sal word nie. Ons glo ons damme sal teen 1 Junie weer vol wees. Ons kyk uit wat die Here gaan doen in ons streek.”

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) voorspel reën vir die res van die week vir die Oos-Kaap.

Volgens Rejoyce Mohlamme, weervoorspeller by die weerdiens, word daar geïsoleerde buie en donderbuie in die oostelike en westelike dele van die Oos-Kaap voorspel. Sy sê daar is ook ’n 60% kans vir verspreide reën langs die kusstreke. Die reën sal na verwagting tot Vrydag duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

AH ·

Ek is baie nuuskierig oor die mense wat by bykans elke berig ‘n duimpie af wys. Wil julle nie maar jul opinies deel met ons ander nie? Dit sal mens insae gee oor jul negatiewe kommentare!!

Phillip ·

Wys ons net weer hoeveel krag gebed het en dat 3 Enige God geliuster het hoop dit kan so reen dat diedag 0 nooit sal aan breek nie Dankie ons God ons Vaader ons Here Juses Christus

Deni ·

Amen!!! Niks is onmoontlik nie. Dankie Liewe Heer vir die genadewater ????

Kobus ·

Dit is n bewys dat op jou knie met jou oe na bo sal alles reg kom vertrou net

Mariana ·

Dankie Vader!!! Gebed kan baie doen, mens moet net glo, God luister altyd.

Stof ·

Weereens bewys vader, Hy is te alle tye in beheer. Hy hoor graag sy kusse se smekinge aan en verhoor hulle.
Mag Sy ingrype hier, elke leser oortuig dat ons met elke sorg in ons lewe, na Hom mag gaan. Hy is getrou.

Carel Aaron ·

Prys die weerpatrone en dit is nou hul reën seisoen.

Realis Thailand ·

Waar kom die mense daaraan om dankie te se vir die reen vaan iets wat nie bestaan en net n skim in hulle lewe is indoktrineer deur voorgeslagte wat nie beter geweet het nie
Se vir moeder natuur dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.