Die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling het Vrydag se gebeure by die Pretoria-Noord-landdroshof veroordeel.
Ontstoke lede van die EFF het ’n staalhek na die landdroshof afgebreek om toegang tot die hofgebou te verkry.
Die borgtogaansoek van Leon Coetzee is in dié hof aangehoor. Coetzee word aangekla van die moord op Themba Thabethe, wat in dieselfde kompleks as Coetzee gewoon het. Hy is borgtog geweier en die saak is tot 20 Julie uitgestel vir verdere ondersoek.
Volgens die departement is geen beserings tydens die voorval aangemeld nie.
“Die departement doen ʼn beroep op lede van die publiek om respek te toon vir openbare persele sowel as die regsprosesse wat geld vir sake wat voor ʼn hof dien.”
Verskeie video’s en foto’s is op sosiale media gedeel waarin gesien kan word hoe lede van die EFF hul weg baan na die binnekant van die hofgebou. Geen polisiebeamptes was oënskynlik in sig nie.
BREAKING:The #EFF has broken down all the gates at the PTA North MagistratesCourt. They demand access to #LeonCoetzee’s bail hearing. Tensions are high at court #sabcnews pic.twitter.com/qMV4KP5rSx
— Patricia Visagie (@Patrweezy) May 7, 2021
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Regtig! Nou is dit ok om staats eiendom te beskadig, want dit pas die EFF. En daar sal niks van kom nie. Hulle kan maak en breek soos hulle wil en niemand moet iets se nie. So siek en sat vir dit alles.
Nie die Publiek nie noem dit by nasm EFF
Geen wonder as vlak van logiese denke totaal ontbreek dat sulke aksies regverdigbaar is nie. Geen mens sal n suksesvolle ekonomie kan bou met sulke skandelike gedrag nie. Daar sal absoluut niks aan die “beskaafde” gedrag gedoen word nie. Dan verwag hulle nog respek?
Nee jong die belasting betalers sal weer opdok om skade te herstel. Hierdie rooikappies moet ‘n werk kry en ophou leegle. Hulle kyk net waar hulle amok kan maak. Was seker weer betaal om soontoe te gaan! Malema stuur mos sy kaders om al die vuil werk te gaan doen.
Die polisie is absoluut te slapgat om op te tree teen die eff, so ook die minister van polisie en die president.