Gebeure om Amy-Leigh se verdwyning steeds ʼn raaisel

Amy-Leigh de Jager (6). (Foto: Facebook)

Daar was Dinsdag steeds meer vrae as antwoorde ná die sesjarige Amy-Leigh de Jager wat gister voor haar skool in Vanderbijlpark ontvoer is, met haar gesin herenig is.

Duisende mense was op die uitkyk vir Amy-Leigh, of het vir haar en haar gesin gebid, nadat sy gisteroggend voor die Laerskool Kollegepark uit haar ma, Angeline, se arms gegryp is.

Vier mans het klein Amy-Leigh omstreeks 08:00 ontvoer en in ʼn wit Fortuner met haar weggejaag. ʼn Grootskaalse ondersoek is binne minute ná die voorval van stapel gestuur.

Die polisie het vandag in die vroeë oggendure bekend gemaak dat die dogtertjie ongedeerd gevind is. Sy het ook ʼn mediese ondersoek ondergaan.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het die publiek gevra om nie te bespiegel oor die omstandighede rakende die ontvoering nie en moet toelaat dat die polisie-ondersoek na “haar verdwyning en skielike verskyning” sy gang gaan.

Dit het egter nie die stroom bespiegelings, veral op sosiale media, gestuit nie.

Naidoo het by navraag aan Maroela Media gesê niemand is nog in verband met Amy-Leigh se ontvoering in hegtenis geneem nie. Hy wou geen verdere kommentaar oor die kwessie lewer nie.

Amy-Leigh se pa, Wynand, het ook gesê die gesin wil nie in dié stadium kommentaar lewer nie.

Die ANC in Gauteng het die nuus oor Amy-Leigh se veilige terugkeer verwelkom en ʼn beroep op die polisie gedoen om die soektog na haar ontvoerders te verskerp. Bones Modise, woordvoerder van die party se provinsiale uitvoerende komitee, het gesê die voorval kom te midde van hartverskeurende voorvalle van geslagsgebaseerde geweld.

“Die land het met woede gehoor dat die vermiste Universiteit van Kaapstad-student, Uyinene Mrwetyana, by ʼn poskantoor in Claremont verkrag en vermoor is, terwyl die Suid-Afrikaanse bokskampioen, Leighandre ‘Baby Lee’ Jegels vermoor is, glo deur haar vriend.

“Al dié voorvalle plaas die soeklig op vroue en kinders wat nie net die disproporsionele las van groeiende ongelykheid, armoede en werkloosheid moet dra nie, maar ook aan die ontvangkant is van geweld wat mans teen hulle pleeg,” het Modise gesê. “Dit kan nie langer so aangaan nie.”

Jean Kriek, VF Plus-jeugleier, het vroeër gesê die gereg moet geen simpatie betoon vir persone wat by misdaad teen kinders betrokke is nie.

Volgens Kriek word daar daagliks voorvalle aangemeld van kinders wat wegraak. “Hierdie kommerwekkende tendens kan nie voortduur nie en die polisie sal spesiale aandag aan die voorkoms van kinderontvoering moet gee.

“Die veiligheid en beskerming van kinders is nie net die verantwoordelikheid van owerhede en organisasies nie. Ouers het ʼn plig om toe te sien dat hul kinders veilig is en moet hulle na hul bestemming vergesel en daar gaan haal indien moontlik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

122 Kommentare

Creon Cloete ·

Ek wil net graag duidelikheid kry oor iets. In sommige berigte word berig dat sy uit die motor uitgegryp was, en in ander berigte berig hulle dat sy uit haar ma se arms gegryp is?

Skerpioen ·

Ek wens alle vermiste kinders se sake kan so ‘n sterk media uitlokking kry soos met kleine Amy-Leigh. Ek is so dankbaar sy is gevind. Ek is so hartseer oor die kids wat nog nie gevind is nie.

Anoniem ·

Vertrou net, iemand sal nog met die waarheid uitkom, almal wat gebid het, hou aan met BID

Bianca ·

Jaaaa….BID!!!!
Dan skuld die media julle n storie!!!
BID…maar GIS meer,wat n grap!

Harrie ·

Tussen baie ander ouers..uit haar ma se arms/motor geruk, weggejaag, later die pa gebel (wa kry die ontvoerders die selnr?) en toe…kaplaks toe loop die pa half drie die oggend voor die polisie stasie in sy eie kind vas…wie bly by die polisiestasie sit…? Ek sou dink dat mens gaan huistoe, jy is tussen jou familie en vriende, ondersteuning kos iets warm om te drink…watter blanke persoon word nog half drie die oggend by enige SAP stasie gehelp…skuus sou ek biki skepties klink…maar ja ek is bly sussie is veilig en ongeskonde.

KDT ·

@Skerpioen

Ek stem 100% saam met jou. Daar is heelparty FB groepe wat hulle toespits op die verspreiding van inligting oor vermiste persone. Onder andere, “Driehoek Gebedsgroep vir Jesus Kinders”. Gaan ‘like’ hulle blad, en dan kan ons die vermiste persone wyd-en-suid versprei

Elsabe ·

Kyk nhe ek is nie lelik nie
Maar almal wat die ouers nou so sleg se ens was ook mense wat klip hard vir haar EN haar ouers gebid het nou dat die poplap veilig is nou wil almal kom kritiseer wees eeder bly vir hulle en se dankie vir die Here laat jul gebede beantwoord is!!!!!! As ek na dai dogterq se fotos kyk is sy meer as gelukkig! Daar ni een foto waar sy nie smile nie.

Superfilly ·

Familie wil nie komentaar lewer nie want pappa het n paar geraamtes in die kas…………………

Ekke ·

Ek stem.
Iemand baie naby daai kind is die meesterbrein. Snaaks dat die ma se kar ook amper eers agter die Fortuner gaan stop het en toe verder gery het om die kind af te laai!

Ronel ·

Is jy van die pad af om die onsensitiewe kommentaar te los? Ken jy die mense of is dit weer n “tas in die donker rond” kommentaar? As dit my dogtertjie was sou ek tien teen een ook vra vir privaatheid.

Elsa ·

Suoerfilly, pak eers gou jou geraamtes uit. NOU is ek baie nuuskierig…..

Lina Carstens ·

Superfilly ken jy hulle persoonlik? Of het jy te veel data om die internet se “surf” om bog bymekaar te maak?

Jacoba ·

Al die agies wil nou meer weet en nou dat daar niks gese word nie word die arme pa weer gekasty. Van nuuskierigheid is die tronke oorvol en kerke leeg. Die skinderbekke sit en lek hulle lippe af vir not meer sappigheid wat hulle uit hulle duime kan suig en opdis.
Lyk my julle het nie veel om te doen nie behalwe om te skinder

Bella ·

@Ekke, ek wil glad nie spekuleer nie, maar het presies dieselfde gesien!!Dis seker niks maar baie oogvallend

Speurder ·

Ons bly dankbaar dat die gebeure n goeie einde het en dat sy veilig is en nie seer gemaak is nie. Ek sekondeer die feit dat daar volledige ondersoek steeds gedoen moet word. Ek dink begin by selfoonrekords. Sommer die van n paar dae terug ook en selfs huidige. Dis mos hoe n goeie ondersoek tog werk. GEEN grashalm moet ongepluk wees nie. As niemand iets het om weg te steek nie dan sal dit mos deel vorm van die waarheid. Ons wag mag nodeloos en sien wat gebeur. Wonder steeds …

TLC ·

Jong ek kry gevoel dit was soort van inside job
Watch this space
Dis net my gedagte iemand wat vir pappa gewerk het of soiets en sy vermoede was pappa het miljoene
Verstaan dit was 1 wit en drie swart
Amen sy is by mamma en pappa en boeta Amen
Glo sy het haar hamburger gekry ????????????
Ons God is groot

TLC ·

Jong ek kry gevoel dit was soort van inside job
Watch this space
Dis net my gedagte iemand wat vir pappa gewerk het of soiets en sy vermoede was pappa het miljoene
Verstaan dit was 1 wit en drie swart
Amen sy is by mamma en pappa en boeta Amen
Glo sy het haar hamburger gekry ????????????
Ons God is groot

Danie ·

Die gebed van n gelowige het n kragtige uitwerking Jakobus 5:16

Griet ·

Defnitief n land…vol volksgenote,waar sprokiesverhale en rillers heers,BO GEBED en respek vir ñ medemens

LM ·

I don’t care who says what. We serve an awesome God who answers prayer and still does miracles

Elandré ·

Welkom in NUUSKIERIGE AGIE LAND, wat gis,wat raai,wat aankla,wat tog só lekker kan skinder,stertjies bylas en nie met hul neuse uit andere se sake kan uitbly!!!

ABSOLUUT NIKS beters… om húl vervelige ou daggies op aarde,mee op te kikker nie,siestog….

Jacoba ·

Elandre is 110% reg en ou Pop hou niks daarvan nie. Waarheid maak seer ne

DS ·

Superfilly hou eerder jou mond -tensy jy feite het – in welke geval jy dan polisie toe gaan en dit vertel maar nou sit jy agter ‘n rekenaar en maak bespiegelinge want jou eie lewe is seker vreeslik eentonig en vervelig. En al dit so dat pa wel geraamtes in die kas het (wat meeste normale mense wel het party s’ n net erger as ander s’n) gee dit nog steeds niemand die reg om daai gesin deur al daardie trauma te gesit het nie. Net SO dankbaar sy is veilig.

Wian ·

Superfly ek weet jy gaan reg wees!!!!binne 48 uur sal die waarheid uitkom geld smokkel met koppe en ek hoop hulle ry aan die pen !!!!

Boesman ·

Superfly, waar val jy nou uit met so n stelling. Jy klink ook na daardie pessimistiese tipe mens. Waarom nou die “pa” se besluit om geen kommentaar te lewer onder verdenking te bring? Jy soek sensasie.

Ig ·

Wonder of die losprys toe betaal was en waarom is DIE dogterkie spesifiek getarget?

Boy van die Suburbs ·

Pa wil geen kommentaar lewer nie?! Nie eers ‘n woord van dank aan almal wat gebid en ‘n slapelose nag agter die rug het van bekommernis nie! Seker klaar die storie aan die Huisgenoot verkoop…..

Jacoba ·

Ou bitter Boy van die Suburbs, jy vrek van nuuskierigheid. Hoor hier ou Boy wie het vir jou gevra om wakker te sit? Dit was mos jou keuse nie waar nie. Ek twyfel egter of jy regtig wakker gesit het, jy soek sensasie man.

wonder ·

Kan ons net vir eens net se DANKIE sy is veilig en ophou om die KAT agter die Bos te wil gaan uithaal!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

De Villiers ·

@Superfilly, as jy die man so goed ken en weet waarvan jy praat, hoekom dit dan vir die wêreld uitbasuin?
As jy egter nie die man ken nie, is jou mening uiters onverantwoordelik en oordeel jy (wat verkeerd is), wat onnodige skade aan die gesin en familie rig, veral in hierdie donker tyd waarin hulle verkeer en dit alles nog moet verwerk.

Marita ·

Stem saam wees net dankbaar 1 storie eindig posetief! Dogtertjie is veilig res is n bysaak!!!

Lia ·

Ek stem absoluut saam met jou De Villiers…..dit is baaaaie, baie lelik om so iets kwyt te raak Superfilly….hetsy dit nou waar is of nie!!! Siesa…….skaam jou…..wees net dankbaar die dogtertjie is veilig en ongedeerd terug….dit kon so anders uitgedraai het.

Leslie ·

Sjoe. Een berig lees pa het vars lug gaan soek toe kom die twee persone met haar aangestap ????
Daardie tyd in die oggend? ???

Anoniem ·

Ai tog, jy het duidelik nie al die berigte ordentlik gelees nie………
Sy is 2 uur in die nag deur man en vrou gevind wat haar hoor huil het in die straat waar die ontvoerders haar afgelaai het. Die 2 mense het haar toe polisie kantoor toe gevat.

HAB ·

Vandag was die media vol oor hoe streng daar opgtree moet word teen geweld teen vrouens en kinders en dis reg en dis goed so, maar: geweld teen enige mens is verkeerd. Daar word net so baie mans aangeval, geskiet en ge-martel. Ek voel geweld teen enige ander mens eerder aangespreek word. Bly die kind is veilig by die huis…

Shirley ·

Ons as mens is te gou om te oordeel. Niemand weet wat die waarheid is ni. Ek het al gelees van soortgelyke voorvalle wat die kinders ook iewers afgelaai word sodat hul gevind kan word. Ons moet nie net kruisig nie, die familie is deur n moeilike tyd. Een kant bud ons die Here moet help en die ander kant dan oordeel ons.

Boerepompie ·

Jaaa…SHIRLEY…ek verstaan, ook nié, dié lotjie,biddende…maar gissende gelowiges

ano ·

Die pa is n bekende kragboot renjaer dalk nie hier maar oorsee. So wat van die paparatsi? dis mos hoe dit gaan. Altyd soos aasvoels

Michelle ·

Hou op om die Pa te beswadder. Die belangrikste is dat sy gevind is. Ek sou ook 2 uur in die nag wakker gewees het as dit my kind was. Hoekom iets soek wat daar nie is nie. Albei ouers en kinders is deur baie met hierdie gebeure. Prys die Here dat sy gevind is. Kom ons verheerlik Sy Naam.

Sputnik ·

Ai mense, maar julle is ongevoelig! Sê in dié stadium en in dié moerasagtige land eenvoudig net baie, baie dankie aan die Vader dat sy veilig is. Hou op bespiegel.

Marius ·

Brig. Naidoo ontknoop die raaisels en die mense sal ophou spekuleer. Ek wil jou egter daarop wys dat julle, die poliesie, nog steeds nie die moordenaars van die twee jonmense wat in die oosrand op ‘n snelweg doodgeskiet is gevang het nie.

Mariaan ·

Dit is darem nou baie interessant. Die hele land trek saam en bid vir Amy Leigh se veilige terugkoms. En wanneer sy ongedeerd gevind word, word God se hand en Sy wonderwerk misgekyk en word ‘n sinistere rede / aksie gesoek. Hoekom nie God eer NIE?

Madeleine ·

Stem saam! Ek soek ook in die familie se berig eer aan die Here wat haar beskerm het. Hoop hul sien dit nog raak.

De Villiers ·

@Mariaan & @Madeleine, julle het duidelik nog nie die eerste berig van vanoggend oor Amy-Lee op Maroela Media gelees nie.

Willempie ·

Hoe kan jy God eer as dit doelbewus was watch this space!!!!!!

MAPSTIEKS...!! ·

Mensig,maar julle is klomp nuuskierige agies! Hahaaa!
WÁT maak die “detail” tog nou saak…?
Die KIND ongedeerd en veilig!

En dis hoekom,soo baie mense, die sg.biddende, maar GISSENDE christene en gelowiges haat,met n passie!!!

JohanR ·

Waar is Piet Byleveld nou? Hy het die moord op ‘n ander Leigh opgelos.

Yvette ·

O liewe land ek word woedend v hierdie ongeskikte kommentaar. Hul het haar obviously in nag afgelaai dat hul nie gesien word nie. Media dekking was Baie groot. Waarvoor blameer jul die ouers. Die polisie Sal natuurlik vra dat die ouers nie kommentaar lewer terwyl die ondersoek aan die gang is nie. Ek kan nie verstaan Wat is so snaaks v julle nie. As mens besighede het en werknemers ens is dit maklik om getarget te word as mens geld soek. Hulle het geld gesoek en toe raak dit te gevaarlik vir hulle om gevang te word. Wat is so snaaks dat Jul sulke vieslike kommentaar moet lewer. Nee man regtig. Dink Jul iemand gaan haar Helder oordag terugbring waar almal hul kan sien. En tweedens het hul aan geloop gekom by polisiestasie want mense Wat haar gevind het het nie n Kar nie so moeg hul vlieg.

Barrie ·

Jy gaan jou woorde sluk as ek die ouers is sak ek my kop skaamte ,watch this space.

Cherokee ·

Miskien Barrie, gaan dit jý wees wat jou kop in skaamte gaan laat sak.

Yvette ·

Julle raak AL hoe Meer belaglik. Nou Wil Ekke Nog kwytraak ook dat die ma aspris naby die fortuner wou stop en toe verder Parkeer het. Dis belaglik. En Nog Meer belaglik dat Jul Dink oor pa buite gestaan het by polisiestasie dat hy iets te doen gehad het. Polisie sou Mos die mense Wat haar ingebring het ondervra het. Julle sou powere speurders uit gemaak het regtig

Kaas Snoek ·

Sy het dalk gesien daar is ‘n parkering en dis dalk hoekom sy daar wou gestop het maar die spasie dalk te klein so aan gery na ‘n ander parkeer plek.

Elche ·

Aan al die smart vrate. Oppas wat gese word. As jy nie iets kan bewys wees maar versigtig wat jy se. Landwyd was vir die kindjie gebid en maak nie saak wat…. Sy slaap vanaand in haar eie bedjie. Hou op judge. Sies man

Bekommerde ma ·

Julle is gou om te oordeel vir ‘n spicy storie. Julle weet nie waardeur daai skool en ouers gegaan het nie. Hoekom sal jy jou 6 jarige in gevaar stel vir geld. Maak eers seker oor jou feite voor jy bespiegel.

Lina Carstens ·

Geeneen se opinie of mening of nuuskierigheid is belangriker as die feit dat die dogtertjie ongedeerd gevind is en by haar ouers is nie. Sterkte aan die gesin

Elche ·

Beslis. Vanaand slaap die dogtertjie veilig in haar bedjie. Alles waarvoor ons gebid het. So aan al die smart vrate…. Sies man. Maak nie saak hoe die legkaart inmekaar pas. Sy is veilig

Stormrider ·

Ek raak half vies – elke keer sodra ‘n persoon verdwyn word daar ‘n landswye pleidooi deur die nuus-kanale en op alle sosiale media platforms gedoen vir almal se ondersteuning, hulp en konstante gebede. Almal moet asseblief help uitkyk en bid. Sodra ‘n vermiste persoon gevind word, is daar onmiddellik ‘n ‘media-blackout’ Geen verdere inligting, verduideliking, of somtyds net boodskap aan al die mense om net te sê dankie nie. Jy hoor net niks weer nie, want skielik word daar gevra dat mense se privaatheid respekteer word. Ek dink dis baie onlojaal en disrespekvol teenoor die publiek.

Jy hoef nie ·

Jy hoef nie saam te bid nie; ander – wat dit opreg en sonder bybedoelings doen – sal.

JohanL ·

Stormrider, ek dink die media het ‘n baie belangrike rol te speel wanneer ‘n persoon verdwyn. My wens is dat ELKE vermiste persoon dieselfde dekking kry, presies hoe is ek nog nie seker nie (berig op MM, e-pos na verbruikers wat sulke nuus wil ontvang, insetsel op Facebook, ens).

Ek raai dat agv geweldige druk deur die media in die saak, het hierdie betrokke geval gou tot ‘n punt ge-eskaleer waar die kind vrygelaat is. Ons moet onthou dat alhoewel ‘n paar instansies en mense (SAP, Pink Ladies, ens) probeer om ‘n vermiste persoon op te spoor, logika net se dat hoe meer mense help soek (algemene publiek) hoe beter. Daarom dat ek redeneer dat ELKE vermiste geval “op ‘n manier” aan die algemene publiek bekend gemaak word.

Ons moet egter besef dat ons altyd help sonder om te verwag om die “detail” na die tyd te hoor. Dit is in my opinie in elk geval, nie die rede hoekom mens moet help nie.

JJ ·

Gister het ons almal saam gebid vir haar veilige terug te keer na haar ouers. Vandag word die ouers beskuldig van onsin. Ai wees dankbaar dat die mense wat haar in die straat gekry goeie mense is. Dit kon n 2de keer verkeerd verloop het vir die arme kind.

Stefan ·

Superfilly is nie verkeerd nie- ek weet want ek ken die familie. Ons almal het gebid vir die kind, maar nie omdat Ontvoeders haar ontvoer het nie. Moenie jou eie krisis skep en verwag die hele land moet agter jou staan en vir jou bid, terwyl kriminele eintlik niks met die situasie uit te waai het nie. Moenie kriminele misbruik om jou eie situasie in te kleur nie

Pampoen ·

Waar is die baie ander kinders wat ontvoer word? Is dit regtig so of is dit ‘n wolhaar storie. Is dit kinders wat wegloop of is dit regtig ontvoering? Kom Maroela – help ons asseblief met antwoorde.

Posduif ·

Die polisie wag nog so ‘n bietjie sodat die “leunstoel-speurders” die saak oplos. Dit spaar hulle baie KFC-krag, ag ek bedoel mannekrag!!

Antoinette ·

Die pragtige dingetjie is veilig en dis al wat saak maak. Die familie se persoonlike lewens en hipotetiese geraamtes of wat ookal het mos niks met ander te doen nie. Dis uitsluitlik hulle saak. Kom ons hoop en bid eerder dat die meisiekindjie se emosionele en sielkundige skade haar nie te lank sal affekteer nie. Dit moet ‘n aaklige ondervinding vir enigeen van enige ouderdom wees.

Ben ·

Die polisie ondersoek die saak en wil die skuldiges vinnig vastrek ha ha ha! Bly die pragtige kleintjie is weer terug by die huis.

Elizma ·

Ek is dankbaar sy is veilig. Ons gebede is verhoor!!
Die feit dat die familie en polisie op die stadium stil bly is vir my tog logies. As hulle dalk werklik leidrade het en op iemand se spoor is sal dit mos dom wees om nou met die al die inligting na die media te hardloop!!
Vergeet tog net vir ñ oomblik van als wat jy wil weet, en oor wonder en wees net dankbaar dié storie het ñ goeie einde.

Lee ·

Julle mense is belaglik!
Dis as of niemand kan lees nie. Vedere informasie sal gegee word sodra hul self antwoorde het. Op die stadium is alles nog onduidelik..
En word daar nou dadelik aan die nuuskierige agies gese wat die stories agter die stories is word die polisie se saak swakker en word dit moeiliker om die krimenele vas te vang.
Bid vir die kind en amal daar buite asook die land en klim van julle judgemental chairs af… God het ingegryp. Se dankie en hou aan bid… Want dis AL wat die land gaan verander…
Geen ouers sal hul kind deur so iets sit, 1000de mense se gebed vra of sosiale media toe hardloop vir aandag nie.
Die pa kan net solank sit, solank hoop, solank kalm probeer bly…. Vars lug kan men’s altyd net goed doen. Dit was God se manier om die storie op so noot af te sluit. Daar gelaat… Ek prys die Here v haar veilige terug keer… Die mense is in skok, die mense is moeg en emosioneel uitgeput eks seker sodra dinge rustig is sal hulle amal bedank. Die ouma/tannie het reeds namens hulle dankie gese.. Ek kan nie glo mense dink dis okay om so te oordeel nie.

Spook op thaba ·

Leunstoelspeurders ….kry iets om julle mee besig te hou. Die familie het niks met die kind se ontvoering te doen nie. Die ouers verdien nie die aannerkings nie. Dit is gebef wat die kind gered het

Nou toe nou! ·

Mense “scroll” bietjie op en lees wat n ene Stefan hier skryf (en in sy woorde ken hy die familie). Daars n rokie.. ek wonder hoe groot is die vuurtjie?

Cherokee ·

Hoe groot is die vuurtjie? Die vuur wat groter word, is die riskante dinge wat gesê word sonder bewyse.

Cherokee ·

Jan Nel, dit klink asof jy nog nie gehoor het van ‘n IP-adres nie. Rekenaars is opspoorbaar.

Anel ·

Sjoe julle is vieslik superperd en die res! Gaan lees met julle bril op. Gaan lees op timeslive. Die ouers het by die polisiestasie gewag. Die mense wat haar gekry het, het 4km gestap tot by die polisiestasie waar haar pa uitgegaan het om asem te skep en hul gesien het. Ons dien ‘n Almagtige God. Dankie God dat U ons gebede verhoor

Mariaan ·

Maak die publiek betrokke dan IS ons betrokke…hier is beslis iets nie pluis nie…ons MAG ons opinie lewer…wag maar en kyk….te veel mense voel dieselfde…. sy is veilig..dis wonderlik….maar sou hier iets meer agter sit….moet ander mense hieruit leer!

Babelwa ·

Ek stem 100% saam met jou Mariaan. iets ruik na dooie kat

Jax ·

So dankbaar dat sy gevind is. Daar wag jare Lange terapie vir haar en haar hele gesin!
n Vootstel: kan alle koerante nie maar net elke dag se voorblad wei aan foto’s van al die vermiste kinders nie? Posters teen die lamppale ook!
Ek stel nie belang om te weet watter politieke nar nou weer gesê of gedoen het nie. Ek wil veel eerder elke verlore kind weer by sy of haar ouers hê! #vindonskinders

JohanL ·

Goeie voorstel Jax. Hoef ook nou nie noodwendig voorblad te wees nie, voor daar mense is wat jou daarvoor gaan kruisig. Maar goeie idee.

Rhoda ·

Ek ken nie die familie nie.
Ek weet nie wat die feite is nie.
Ek het niks te sê nie.

tinker ·

Hou op spekileer en wag vir feite, sy is veilig en dis al wat saak maak. Die mensdom is n snaakse spesie.

Spark Plug ·

Ek ruik n rot..alles is net te toevallig. Het die man die geld betaal en toe laat weet hul hom waar en hoelaat moet hy waar wees…hmmm. Iemand het vir iemand kwaad gemaak en om n kind te gebruik om die ouers terug te kry is nie fresh nie

Leon ·

Met so ‘n ontvoering is daar altyd baie vrae.
Het die familie baie geld.
Werk hulle in ‘n bedryf waar jy baie vyande maak.
Het hulle iewers in hulle verlede geraamtes.
Skuld hulle baie geld.
Het hulle familielede wat by snaakse dinge betrokke is.
‘n Ou se verlede kan soms jou inhaal, maar ook hoekom spesifiek die meisie op die spesifieke oom blik op die spesifieke plek. Hoe het hulle geweet waar en waneer om haar te kry.
R2 000 000? Dit vra baie meer vrae as wat ‘n mens dink.
Bly sy is tuis, maar krap dieper.

Babelwa ·

Ons almal het ernstig gebid en God het gehoor. Dis net vir my ook snaaks dat die gesin niks wil sê nie? ek voel tog ons almal het die ‘reg’ om te weet wie haar gegryp het (wit of swart), ja, die hele storie klink vir my ook na ‘n ‘storie’ en ‘inside job’. Die waarheid sal nog uitkom elk geval.

Blommie ·

Prys die Here sy is veilig. Vir die res: Bêre die emmer klippe vir jouself. Jy gaan dit dalk nodig kry.

CHAPPIES ·

Onse ou volkie,dié kán darem maar tog,te lekker baklei, mekaar ini hare vlieg, gis,baasspeurder-sleutelbord speel en dapper skokkende “anonieme” stellings maak…maar ons HUMOR steek altyd kop uit…
MM julle kan gerus,by van julle bo-baas speurder leserskorps, kers opsteek…

Susan ·

Ja ja ons almal wonder ook maar, en ja niemand nog aangekeer vir die moord op die twee jongmense helder oordag by Putfontein nie. Ons land en sommige van ons mense is korrup.
Die raaisels sal seker opgelos word oor die tye en die pa se doen en late. Dankie tog sy is veilig.

Lynette ·

Lee…jy weet duidelik nie waartoe ouers in staat is nie. DUISENDE ouers het al hul eir kinders doelbewus skade aangedoen….vir geld en aandag. Moenie so n dom comment maak nie.

Priscilla ·

Was die kind dan die hele tyd in die dorp onder almal se neuse? Dan word sy naby die polisie stasie afgelaai waar haar ouers wag….

Die Afrikanervolk ·

Kommentaar op hierdie traumatiese aangeleenteid is om die minste te sê grotendeels bisar en ontstellend in vele opsigte. En dit sluit hoofsaaklik die kommentaar in van diegene wat so hard bid dat hulle seker al amper tandloos is en seker nog net op hulle tandlose gums prewel – hulle wat links en regs hulle eie Evangelie verkondig. Hulle eie Evangelie wat vermeng is met skinder, verregaande psigideliese verbeeldingsvlugte en stories opmaak.

Nietemin ek is bly en dankbaar die kind is veilig.

Lynette ·

Daar is BAIE ouers wat hul kinders willens en wetens deur so iets sal sit…..in watter LaLa-land woon jy?

Loutjie ·

Jy weet as ek so na al die kommentare kyk…..dan besef ek hoekom dit met ons nasie gaan soos dit gaan. Ons kan met niks saamstem nie……bymekaar staan vir n wyle…..soos in gebed……en dan daarna alles oopskeur, bespiegel, voortydse veroordeling en elk sy alter ego te voorskyn bring. Ons sal die pad wat ons loop….loop. Want ons kan nie eers saamstaan in die geloof dat gebede verhoor is nie en soek redes om die teendeel te bewys. Is dit nie hartverskeurend nie?

TV ·

Lynette, ek woon in ‘n La-La land waar karakter nog saakmaak, waar ek my neus uit ander se sake hou hoe reg of verkeerd hul optrede ookal is, waar ek nie oordeel want dis nie my plek, waar ek glo elke mens het goed in hom, en waar ek ‘dink’ wat ek wil maar nie op harte trap om my opinie te lug ingeval ek verkeerd bewys word. In watter La-La land leef jy met jou ‘reg’ om te oordeel?

Cherokee ·

Jy skryf ‘n skrywe soos jou vorige kommintaar en volg dan op met ‘n onskuldige ‘oordeel nie’. Tyd dat julle die ebtekenis van ‘oordeel’ uitvis.

TN ·

Jy droom ___ die afgelope paar maande het ‘n hele paar ” ouers ” hulle kinders deur die bank , van klein tot groot , vermoor. Is dit dan nie veel erger nie ? En jy vra watter ouer sal dit doen ? Al die wat glo dat daar na die dood vir hulle en hulle kinders ‘n beter plek is !

Willemien ·

Ek het mos gese. Dit word nou glo ondersoek, maar laat ek jou se, daar word nou eers mooi uitgewerk hoe hulle vir die publiek gaan verduidelik wat eitlik gebeur het. niks word ondersoek nie. als word nou weggesteek. ek onthou die oggend toe Jade Panayitou “ontvoer” is. almal het dadelik gese oooh Suid Afrika is so en so. Toe was dit nooit Suid Afrika se skuld nie. Toe sit haar eie man die heeltyd agter haar ontvoering en moord, HOEKOM???? hy’t ‘n skelmie gehad. Toe vermoor hy ander mense se doger, suster……… Ons land makeer niks. Die mense is siek, nie Suid Afrika nie. Ek is sommer lus en gaan toi-toi voor hulle huis en se kom uit met die waarheid.

Nel ·

Leer by die grootes; ”It is a capital mistake to theorize before one has data”.
`~Arthur Conan Doyle
Overgesetzynde – Hou den bek totdat jy weet waarvan jy praat…

Is alle nasies sulke skinderbekke? ·

Nel ek is bevrees dat die meerderheid van die kommentators hier bitter moeilik aan jou versoek sal kan voldoen weens hul uiters besige verbeeldingsvlugte en vlytige skindertonge. As hulle hande maar net so besig was soos hulle tonge. Jou versoek is duidelik: Hou den bek totdat jy weet waarvan jy praat. Maar o nee vergeet dit – hulle sal lustig en listig bly voortgaan met hulle wonderbaarlike stories.

wilma ·

Na die lees van ongeveer 111 kommentare, lyk dit vir my asof net een persoon die kommentaar van ene Stefan, wat beweer dat hy familie is, raakgelees het.

Bella ·

Julle wat so gou se oordeel kom ons nie toe, en ons het geen reg op verdere inligting. Kyk weer na die beriggewing, kommentare en vergelyk dit met ons politieke situasie. Verseker het ons die reg om te weet en te judge. Die situasie kon ons land in verdere chaos gegooi het. Julle is die “derde mag” nie ons regering of ons mense. Dit gaan nie meer oor Amy – dit gaan oor wie agter dit was en hul motiewe!

Elize ·

Hi ek ken nie die mense nie en hul ken my nie weet julle wat almal het saam gebid toe ek dit gesien het het ek as n ouma gehuil en daar het ek vir God gevra Heer ek is n sondaar maar met oe vol trane en n hart wat seer is bring die kind veiling terug weet jul wat God ons Lewende God het haar terug besorg aan haar familie want ons saam het gebid vir dit en ons glo dat God ingekryp het ons kan dankie se en nie verwyte gooi nie want dit kan met enige een gebeur en dan gaan jy vra hoekom moet mense dink daar is iets snaaks aandie gang so ek bid vir God elke kind wat weg geraak het maak nie saak wat se vel kleur dit is nie en elke volwasse wat die tyd weg raak dat hy elkeen onder sy vlerk sal hou en as dit sy wil is hul veilig terug besorg

Rina ·

Hier is nou reeds soveel betigtings en teregwysings op baie se kommentaar,dit is eintlik hartseer!
Soos ek reeds voorheen gesê het……ek het net so hard gebid vir haar veilige terugkoms, maar dit maak my nie minder nuuskierig om te hoor wat die ondersoek gaan uitbring nie!

Griet Skryf n Sprokie... ·

Bly kalm…en vergeet maar gerus van dié storie…julle gaan niks verder hoor nie…

Dis verby en dis wonderlik só!

Kia ·

Stenig my maar, maar ons is goed genoeg om die storie te versprei, Sosiale media vol te post, self te soek….., maar sodra die kindhie gevind is. Is ons bir mrrt van nuy nie en hoef ons nie te waarheid te weet nie. Dis ietwat onregverdig, dink julle nie. Ek’s bly sy’s gevind, maar call a spade a spade.

Esra ·

Ek dink daar moet in diepte na die famielie gekyk word, iemand in die famielie het daai mense betaal om dit te doen, soos ek verneem is mamma en pappa nie so verlief is soos hulle voorgee nie, in ons SA is dit baie min dat die mense deie kind ongedeerd sal aflaai,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.