Gebeure wat lei tot Modimolle-skietery ondersoek

Chrisna en Botes van der Merwe. Foto: Facebook

Die polisie sê twee vuurwapens is op die toneel gevind waar ʼn sakeman van Modimolle in Limpopo doodgeskiet en sy vrou ernstig beseer is.

Inwoners van die Koro Creek-gholflandgoed het die polisie Dinsdag omstreeks 22:00 ontbied nadat hulle skote by Guineafowlstraat 39 hoor klap het.

Ao. James Findlay sê polisiebeamptes het Botes van der Merwe en sy vrou, Chrisna, in die hoofslaapkamer aangetref. Botes is op die toneel dood verklaar terwyl Chrisna eers na die St. Vincent-hospitaal op die nabygeleë Bela-Bela gehaas is. Sy is van daar per helikopter na ʼn Pretoriase hospitaal geneem. Volgens Findlay is haar toestand kritiek.

ʼn Familielid het Maroela Media Woensdagmiddag genader en beweer Chrisna het op Botes geskiet en haarself daarna in die maag geskiet. Die persoon beweer daar was net een vuurwapen op die toneel en geen bewyse dat daar ʼn oor-en-weer-skietery was nie.

Findlay sê egter daar was beslis twee vuurwapens op die toneel. Hy erken dis te vroeg in hul ondersoek om te sê of ʼn oor-en-weer-skietery plaasgevind het. Dit kan wees dat net een van die egpaar geskiet het, maar dit sal deur die polisie se ondersoek bepaal moet word.

Hy het aanvanklik gesê die vermoede bestaan dat die skietery tydens ʼn rusie tussen die egpaar plaasgevind het, maar dit sal ook eers tydens die polisie se ondersoek bevestig moet word.

Findlay sê die polisie doen tans ʼn geregtelike doodsondersoek, maar namate hul ondersoek vorder, kan dit na ʼn moordsaak verander word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Rox ·

Chrisma by foto maar in berig Chrisna.
Net vir jul regstelling.

Sanet ·

2 pragtige jongmense,se lewens vernietig,binne ñ sekond van dwaasheid…
BITTERLIK hartseer en tragies

Tania Heyns ·

Dagsê Mossie

Dankie vir jou boodskap. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Joan Strydom ·

Eens op ’n tyd, sonder die tegnologie van vandag, kon ’n polisieman binne enkele ure ’n toneel opsom en ’n verslag opstel. Hoe kan mens nie eers weet hoeveel wapens was op die toneel nie? Nietemin, soos gewoonlik, ’n uitstekende berig wat dit aan my, die leser oorlaat om tot my eie konklusie te kom en te dink wat ek wil, al kan ek dit nie altyd sê nie.

Nettie ·

‘n Rusie kan so bitter vinnig handuit ruk. Humeure vlam op, mense is meer geneig tot geweld deesdae a.g.v. ander “stimulators” en dan gebeur goed soos dié. Jy doen voor jy dink, ja – selfs jý, die een wat altyd vir ander sê “Dink eers, doen dán” – kan gedruk word en uitgelok word tot jy iets doen wat teen jou grein is. Ek praat uit ondervinding, glo my.

Hartseer. Sterkte aan die dame en haar gesin, familie en vriende.

Bea ·

Ja Joan… ek stem, deesdae vat als net te lank??? die gebeure is baie hartseer… hul lyk na so n gelukkige paartjie, maar ja elke huis het sy kruis? my innige meegevoel aan Botes se familie, ek kan net dink wat Chrisma als sal moet deurmaak as sy gaan herstel…ons was nie daar? so ons kan nie raai wat gebeur het…laat ons eerder dink aan die Familie en die hartseer wat hul moet verwerk.

Christel ·

Die gebeure is baie tragies. Baie baie sterkte vir die paartjie se kinders, familie en vriende en ook vir Chrisna wyl sy veg om haar lewe in die hospitaal.

Hannelie ·

Die gebeure is so hartseer. Ons bid vir die familie en sterkte ook aan haar wat kritiek is. Mag God vertroosting bring.

Wynand ·

So tragies. Dit is die uiteinde van daai onmiddellike woede wat opvlam en die gevoel van “absolute depressie” op daai gegewe oomblik……. want alles lyk net absoluut onoplosbaar/onherstelbaar.
JAMMER VIR ALLE FAMILIE EN VRIENDE. STERKTE

humor ·

Og maar hierdie arme mense was kwaad vir mekaar. Hiedie Chrisna gaan n moeilike tyd he as sy uit die hospitaal kom, want sy gaan vir moord aangekla.

Amanda ·

Hoe kan die familielid, wat nie teenwoordig was, bewerings maak? Iemand probeer iemand se naam skoon hou. Hoekom sal sy haarself in die maag skiet? Ek weet vrouens doen soms dom dinge, maar die een glo ek nie.

Amanda ·

Tensy die “familielid” teenwoordig was dink ek hy/sy vat n vat kans om Botes se naam skoon te hou. Ek weet vrouens doen soms dom goed, maar wys my die vrou wat haarself doelbewus in die maag sal skiet. Aikona

Sharon Swart ·

Julle het nie n clue wat aangaan nie. Hulle weet presies hoeveel gewere daar was! Passop dat die waarheid julle nie skok nie! Baie mense het hulle persoonlik geken.! Moenie vir Botes kruisig nie.! Kry liewer julle feite agtermekaar ! Ek hoop julle skaam julle oor julle aantuigings! Die arme kind was by haar bebloede pa! Daars familie en kinders se gevoelens betrokke wat die gemors lees wat julle hier skryf en hier sit en bespiegel en ruk mense uitmekaar uit en julle ken nie eers die mense nie! Belaglik!

Anoniem ·

Dis ‘n baie hartseer storie en dit alles so kort voor Kersfees. Ek dink mens moet eerder maar bid vir die vrou in ‘n kritieke toestand in die hospitaal dat God sy vlerke van genesing oor haar sal hou. En bid vir die oorledene ook. Ons lewe in ‘n tyd waar mense so maklik bespiegel, ons moet eerder net die mooi en die positiewe raaksien. Ek glo en vertrou die vrou sal volkome herstel. In Jesus Naam.

Pensioenaris ·

Sharon, ek stem so 100% saam met jou. Beter om liewers stil te bly. Die kinders ken die waarheid.

Karlien ·

Interressant dat wanneer daar slegs blankes in ‘n geweldadige situasie betrokke is ons: “nie moet oordeel nie / dit tragies is/ ons moet wag vir al die feite/ niemand perfek is nie.
Maar die oomblik as ‘n nie- blanke persoon so ‘n daad pleeg is die reaksie heelwat anders. Hoe werk dit?

Corrie Mali ·

Ek het hulle persoonlik get en en kan net se se sterkte aan die wat agter bly. Bid vir julle.

Corrie Mali ·

Ek het hulle persoonlik ge ken kan net se sterkte aan die wat agter bly. Bid vir julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.