Gebeurlikheidsplan in plek gestel ná ontwrigting in parlement

Die polisie moes op 21 Augustus 2014 ingryp toe lede van die EFF en ANC mekaar by die Nasionale Vergadering wou pak Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die polisie moes op 21 Augustus 2014 ingryp toe lede van die EFF en ANC mekaar by die Nasionale Vergadering wou pak Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die minister van verdediging het Dinsdagoggend aangekondig dat ‘n gebeurlikheidsplan in plek gestel gaan word vir wanneer daar weer ontwrigting in die parlement is.

Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula het Dinsdag tydens ‘n mediakonferensie in die parlement gesê die gesag van die staat en die parlement sal nie ondermyn word nie.

“Sekere maatreëls is met onmiddellike effek deur die veiligheidsgroepering in plek gestel om te verseker dat dit nooit weer gebeur nie.”

Nosiviwe Mapisa-Nqakula het uitgevaar teen die EFF wat Donderdag chaos in die Nasionale Vergadering veroorsaak het terwyl president Jacob Zuma besig was om vrae te antwoord.

Mapisa-Nqakula en Nathi Mhleko, minister van polisie, wou egter nie uitbrei oor die maatreëls wat in plek gestel is nie.

Nhleko sê ‘n dit is die eerste keer dat so iets in die parlement gebeur het sedert die aanvang van demokrasie.

“Niemand het dit verwag nie. Dit is soos om in ‘n kerk in te stap en ‘n danspartytjie te verwag.”

Baleka Mbete, speaker van die parlement, het Donderdag vir Julius Malema, leier van die EFF, en lede van sy party uit die Nasionale Vergadering gejaag.

Chaos het uitgebreek nadat lede van die EFF “betaal die geld terug” begin dreunsing het terwyl pres. Zuma vrae oor Nkandla geantwoord het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eben ·

Nosiviwe Mapisa-Nqakula ons wag in spanning …. onthou net jou lede is NIE opgelei in die tipe ‘beskerming’ nie. ….. inteendeel ons en EFF lag vir julle in hul moue

Theresa ·

Ha ha – Merkwaardig is dit nie!! Hierdie wil ek nou sien…………..

ekke ·

Nou toe toe nou!!

Dis mos wat die ANC groot gemaak het, nie waar nie? Waar kom hy vandaan? Waar is hy uitgeskop. Kyk – ek wil van die man – NIKS weet nie, maar ek geniet die sirkus. Ek bewonder hom ook dat hy inklim en raps – en raak raps nè! Hy en sy kaders praat nie net in die koerante en op die nuus nie..hulle gooi kookwater!!

As ek na die rëelboek kyk – hoort dit nie so nie. Maar dan noem ons dit sout in die ANC se wonde! Ek sal nie vir hom stem nie – maar ek gaan sê Well done! Die ANC het hom mooi groot gemaak – net om hulle self op te hang.

Dat daar nou al sulke dinge in plek gestel moet word. Have you ever! Maar dit kom die regerende party en Zuma toe. Hy gaan hulle nog omdop – die land oorvat en ons dalk die see injaag – duidelik praat hy nie net nie, hy doen. Parliment of de nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.