Gebied in donkerte gehul ná ongeluk

Sestien persone is beseer toe ʼn minibustaxi op 12 Maart 2016 in ʼn elektrisiteitspaal in Hillcrest, Durban, vasgery het. Foto: ER24

Sestien persone is beseer toe ʼn minibustaxi op 12 Maart 2016 in ʼn elektrisiteitspaal in Hillcrest, Durban, vasgery het. Foto: ER24

Sestien persone is beseer toe ʼn minibustaxi Saterdagaand in ʼn elektrisiteitspaal in Hillcrest, Durban, vasgery het.

“Die ongeluk het in Fischerweg naby ʼn taxistaanplek naby die Inandadam plaasgevind,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, gesê. “Omliggende dele is in donkerte gehul weens ʼn kragonderbreking ná die ongeluk.”

“ER24-paramedici, provinsiale noooddienste en ander spanne was op die toneel,” het sy gesê.

Altesaam 16 persone het geringe tot matige beserings opgedoen. Pasiënte is op die toneel behandel voor hulle na verskeie plaaslike hospitale geneem is.

“Plaaslike owerhede was op die toneel. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek,” het Bodasing bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

GES ·

Net weer ‘n bewys dat taxies mag ry soos hulle wil, indruk soos hulle wil en verkeerstekens verontagsaam soos hulle wil. Ons noem dit vooruitgang en demokrasie !!! Sou hulle teëgegaan word, word hulle menseregte aangetas en dan is dit oorlog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.