Gebiede steeds sonder krag na substasie brand

Die Allandale-substasie ná die brand. Foto: City Power

Die Allandale-substasie in Midrand is steeds afgeskakel nadat dit Woensdag in ʼn brand beskadig is.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, het gesê dit is nodig om die substasie vir eers afgeskakel te hou as ʼn voorsorgmaatreël ten einde ʼn moontlike ramp te voorkom weens ʼn olielekkasie.

Hy het gesê tegnici van Eskom werk tans aan die substasie en doen toetse. “Die gebiede wat geraak word, is gebiede wat onderskeidelik van Eskom en City Power af krag ontvang en sluit in gebiede rondom Tembisa, Rabie Ridge, Austin View, Mayibuye, Commercial en dele van Glen Austin.”

Mangena kon intussen nie ʼn tyd gee wanneer die kragtoevoer na verwagting herstel sal wees nie. City Power het om verskoning vir die ongerief gevra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann cb ·

Verskoning vra gaan nie die afgelope dekade se gebrek aan instandhouding ongedaan maak nie!

Nugter ·

Mnr die president, die anc het wel apartheid gewen, maar dit is ook al wat julle kon wen. Die anc alleen ( nie ons almal nie) het daarna alles maar alles opgeneuk tot in die grond in vertrap.

Lizelda ·

Baie sterkte aan almal wat daardeur geraak word. Ons kragstasie het verlede jaar ontplof in Pretoria Oos. Ons was AGT lange dae sonder krag!! En net toe d kragstasie herbou is word d nuwe kabels gesteel.

leser ·

as die substasies na en in soweto ook brand, sal eishtjom mos baie krag spaar

Ferdi ·

Da is geen sekuriteit by kragstasies geen geld om hul te betaal

nannie ·

Midrand kla oor 2 dae sonder krag.
Wat moet ons in Vanderbijlpark se wat al vir 10 dae sonder krag is agv van n substasie wat gebrand het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.