Geblinddoekte kinderlyke in vlak graf aangetref

Argieffoto

Die polisie in Dobsonville, wes van Soweto, ondersoek twee sake van moord nadat twee ontbinde kinderlyke in die veld agter die Slovoville-begraafplaas in ʼn vlak graf aangetref is.

Volgens kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het ʼn voetganger Maandag op die lyke afgekom.

“Die ontbinde liggame van die ongeïdentifiseerde seun en dogter wie se ouderdomme op 11 en 10 geskat word, is in ʼn vlak graf aangetref. Hul was geblinddoek en hul hande vasgebind,” het Makhubele gesê.

Volgens Makhubele is daar tot dusver geen sake van vermiste kinders by enige polisiekantore in die Soweto-Wes‑polisiëringsgebied aangemeld nie.

“Die moontlikheid dat die kinders buite dié gebied as vermis aangemeld is, kan dus nie uitgesluit word nie.”

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom  – veral in gevalle waar hulle weet van ʼn seun en ʼn meisie wat saam vermis geraak het.

Makhubele het gesê die polisie sal geen steen onaangeroer laat in die ondersoek na die oortreders in dié gruwelike misdaad nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Vra Net ·

Kan net die ouers wees – want niemand vra dan na hulle nie.
Waar is die EFF nou en al die res? Hierdie was ‘n moord en dalk verkragting ook!!
Waar is al die aktiviste nou? Dit is ‘your people’ wat vermoor is. Waar is julle?

War is Julias ·

Waars die womens league, waar is die BLF en EFF nou? Of ruk julle net op as die blankes die skuldige party is?? Het hierdie kinders ‘in vain’ gesterf?

Waar Is Julle? ·

Waar is die EFF en die aktiviste en die anc vroueliga nou? Waar is die busse vol mense wat aangery word?

waarheid ·

Waar is die ouers of familie van hierdie kinders wat hulle nog nie begin soek het of navraag oor hulle gedoen het nie? Wanneer gaan die eff en andere daar opdaag om hulle ondersteuning te gee? Waar is die vroueliga?

Belankrik Genoeg ·

Ek hoop hierdie weerlose kinders kry ook baie groot publisiteit – want hulle verdien dit!
Die hoeveelheid moorde en verkragtings op kinders moet bekendgestel word aan almal in die wereld – miskien sal dit dan kan stop!! Dit kan nie so aanhou nie – lyk my kinders het geen regte nie? Ek hoop die anc vrouliga en eff en al die ander aktiviste wat gister by die Dros verkragter se verskyning in die hof was sal ook hulle standpunt teenoor hierdie kindermoorde kom uitspreek.
Ek hoop dit is ook vir hulle van kardinale belang.

Kom kom ·

Toe toe, ons verwag niks minder as massa protes en optogte hier ook nie! Waar is die aktiviste nou – gaan hulle anderpad kyk of gaan hulle nou begin opstaan vir dié kinders wat so verkrag, vermink en vermoor word ook? Of gee hulle nie regtig om nie? Hierdie kinders verdien OOK dat daar vir hulle opgestaan word. Ek is hartlik siek en sat vir al die misdaad teen ons kinders – almal van hulle.

Kinderregte ·

Bestaan daar ‘n ding soos kinderregte in S A want dit lyk nie so nie?
Die arme kinders in S A word elke dag vermoor of verkrag. Hoe kan dit stopgesit word?
Waar is die aktiviste wat vir hierdie arme kinders wat gesterf het kan opstaan? Om VIR hulle te praat?
Ek hoop dit gaan in al die koerante verskyn asook die Rapport en Sunday Times want hierdie kinders verdien dit. Hulle kon doodeenvoudig nie verniet gesterf het nie.
Waar is die BLF EFF en voueliga? En al die toeskouers wat by die Dros verkragter se hofverskyning bymekaar gekom het?
Gaan julle nie ook hierdie twee kindertjies wat gesterf het ook ondersteun nie?

TV ·

Gaan hierdie twee kindertjies wat duidelik vermoor is ook of hoofnuus vanaand wees op die TV of gaan julle maar net die kop wegdraai? Gaan dit dalk nie sensasioneel genoeg vir julle wees nie?

Moord en Doodslag ·

Kom na vore blf en eff en anc vroueliga – kom na vore vir hierdie twee kindertjies wat duidelik vermoor is.

Jannie ·

Gaan daar ook nou êrens saamgetrek en betoog en gedreig word hieroor? Waar en teen wie? Komaan BLF, EFF en ANC…….nou het julle mos weer ‘n rede om te kere te gaan!!!

Duncan Potgieter ·

Die ANC vroueliga is nes `n verkleurmannetjie – verander gedurig hulle kleur om hulle versteekte en rassistiese agendas te pas en te bevorder.
Die Dros verkragting waarby `n blanke man betrokke was, word opgehemel, maar as daar elke jaar duisende swart kinders vermoor en verkrag word, is hulle tjoepstil.

Alida ·

Dit is sulke barbaarse gruweldade wat maak dat mens liewer wil sterf.

Jack Sadie ·

Al die gruweldade en wreedheid.Al die verval. Afrika adieu! So bly ek is oud en hoef nie veel langer op hierdie siek aarde te wees nie……

Challa ·

Tragies. Dadelik gaan dit nie oor kinders nie maar oor politieke organisasies en ras. Waarom ruk julle nie op nie? Julle sit by die huis en wil aan ander voorskryf hoe en wanneer hulle moet protesteer. Sies man.

aktiviste ·

En nog steeds is die aktiviste doodstil – ek wonder waarom?

Martin ·

Die pa van hierdie kinders is een can my wagte. Hy is in ñ toestand. Dit is so tragies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.