Gebou by UNIZULU aan die brand gesteek

Foto: Twitter

Foto: Twitter

ʼn Gebou by die Universiteit van Zoeloeland (UNIZULU) se hoofkampus in KwaDlangeza is vroeg Vrydagoggend aan die brand gesteek.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê veiligheidswagte het omstreeks 04:00 gesien die studentesentrum brand. “Die brandweer is ontbied en die brand is geblus.” Zwane het gesê die polisie in Mtunzini het ’n saak van brandstigting aanhangig gemaak.

Volgens Zwane is nog niemand in hegtenis geneem nie en die motief vir die brandstigtingvoorval nog nie bekend nie. Dit is ook nog nie duidelik hoeveel skade aangerig is nie.

Normah Zondo, die universiteit se woordvoerder, het bevestig daar was ʼn brand op die kampus, maar kon nie onmiddellik verdere besonderhede verskaf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.