Gebou by Vrystaat-skool aan die brand gesteek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Gebou by ʼn skool in Thabong in die Vrystaat is Saterdagoggend in die vroeë oggendure aan die brand gesteek.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting nadat ʼn administratiewe gebou by die Letsete Sekondêre Skool afgebrand het,” het ao Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

ʼn Veiligheidswag het die brand opgemerk toe hy sy rondes deur die skool gedoen het. Hy het dadelik die brandweer en polisie ontbied.

“Twee vensters was gebreek en twee bottels met ʼn vlambare vloeistof is op die toneel opgespoor,” het Khosana gesê. “Die personeelkamer en die kantoor langsaan het afgebrand.”

Brandbestryders kon die brand blus.

Die motief vir die brandstigting is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

monique ·

Wys jou net…kinders in suid afrika brand skole af…gaan kyk in ander afrika lande waar en hoe leer daai kinders….onder bome en gevalle geboue….kinders in suid afrika kry als te gemaklik..hulle moet dit geniet want dit gaan nie lank hou nie…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.