Gebou-ineenstorting: Man se arm op toneel geamputeer

Die gebou na dit ineengestort het,  @SAR_K9_Unit/Twitter

Die gebou na dit ineengestort het, @SAR_K9_Unit/Twitter

Een van die vermeende diewe wat in ʼn Johannesburgse gebou vasgekeer was nadat die gebou gedeeltelik ineengestort het, se arm moes Donderdagoggend geamputeer word om hom uit die puin te red.

“Die man se arm moes op die toneel geamputeer word, aangesien ʼn groot balk hom teen die grond vasgepen het,” het Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste gesê. “Nooddienswerkers en traumadokters kon nie die balk van sy arm verwyder nie, want dit sou moontlik ʼn tweede ineenstorting veroorsaak het. Dit was vir die traumadokters moeilik om by die man uit te kom, maar hy is uiteindelik omstreeks 03:00 bevry. Hy is in ʼn stabiele, maar kritieke toestand na die hospitaal geneem.”

Altesaam vyf mans is sover gered en een persoon is dood nadat die gebou Woensdagoggend in Power Park in Soweto ineengestort het. Die gebou was ʼn ou kragstasie wat agter die Orlando-torings geleë is.

“Sover het ons nie bevestiging of daar nog ʼn persoon vasgekeer is nie,” het Radebe bygevoeg.

Die struktuur van die gebou gaan Donderdag verder gestabiliseer word, waarna die polisie met hul ondersoek sal begin, en kyk of daar nog mense in die puin vasgekeer is. -SAPA

Lees ook:
Foto’s: Een dood, nog vasgekeer ná gebou ineenstort
Drie vermeende diewe in gebou vasgekeer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.