Gebou-ineenstorting: Nog drie liggame gevind

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Nog drie liggame is in die puin gevind van ‘n gebou wat in Junie in Power Park in Soweto ineengestort het.

“Drie mense is dood gevind en geregtelike doodsondersoeke is geopen,” het ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê.

Makhubela sê die liggame is omstreeks 18:00 Maandag gevind. Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, sê die liggame is deur veiligheidswagte gevind.

Mulaudzi sê ‘n totaal van agt liggame is sedert die ineenstorting in die gebou gevind. ‘n Totaal van vyf mense kon daarin slaag om te ontsnap.

Die gebou was ʼn ou kragstasie wat agter die Orlando-torings geleë is.

‘n Onbekende aantal mense, wat glo besig was om kabels en metaal te steel, was binne die gebou toe dit ineengestort het.

Die foto’s is destyds deur @SAR_K9_Unit op Twitter gelaai.

Die gebou voor en na dit ineengestort het:

Lees ook:
Gebou-ineenstorting: Vyfde liggaam gevind
Gebou-ineenstorting: Dodetal styg tot vier
Gebou-ineenstorting: Man se arm op toneel geamputeer
Foto’s: Een dood, nog vasgekeer ná gebou ineenstort
Drie vermeende diewe in gebou vasgekeer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.