Gebou-ineenstorting: Vyfde liggaam gevind

Foto: Pheladi Sethusa, @pheladi_s / Twitter

Foto: Pheladi Sethusa, @pheladi_s / Twitter

‘n Vyfde liggaam is in die puin gevind van ‘n gebou wat verlede maand in Power Park in Soweto ineengestort het.

“Die liggaam is gisteraand deur veiligheidswagte gevind terwyl hulle patrollie op die perseel gedoen het,” het ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die liggaam is nog nie geïdentifiseer nie.”

Die gebou was ʼn ou kragstasie wat agter die Orlando-torings geleë is.

‘n Onbekende aantal mense, wat glo besig was om kabels en metaal te steel, was binne die gebou toe dit ineengestort het. Drie kon daarin slaag om te ontsnap en het die polisie en nooddienste ontbied.

Die foto’s is destyds deur @SAR_K9_Unit op Twitter gelaai.

Die gebou voor en na dit ineengestort het:

Lees ook:
Gebou-ineenstorting: Dodetal styg tot vier
Gebou-ineenstorting: Man se arm op toneel geamputeer
Foto’s: Een dood, nog vasgekeer ná gebou ineenstort
Drie vermeende diewe in gebou vasgekeer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.