Gebrande liggaam in kragsubstasie gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die gebrande liggaam van ʼn onbekende man is Woensdag by ʼn kragsubstasie in Hennenman in die Vrystaat gevind.

Sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam is deur een van die hoofelektrisiëns van die munisipaliteit ontdek.

“Die Hennenman-kragsubstasie het ʼn kragonderbreking ondervind en die elektrisiën is daarheen om te kyk wat die oorsaak was,” het Mokhuoane gesê. “Toe die elektrisiën glo by die substasie aankom, het hy rubberstewels en ʼn boutsnyer naby die ingang gevind en binne die stasie op die gebrande liggaam van ʼn onbekende man afgekom. Hy het die polisie in kennis gestel.”

Mokhuoane het gesê ʼn voorlopige ondersoek dui daarop dat die onbekende man beplan het om koperdraad te steel toe hy doodgeskok is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Vaalpiet ·

Verkeerd hy het nie ‘n spitvurk saam gevat nie maar ‘n bout knipper

Hennie ·

Seker ‘n agtergeblewe elektriese ingenieur met ‘n gekoopte kwalifikasie. Nie gedink hy het kennis nodig nie.

humor ·

Dankie manne, so lag ons maar ons ellende, die land se pyne met humor weg. Aaaag Solidariteit en Afri forum sal help.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.