Gebrande skuur by lugmagbasis nou skougrond

Die vliegtuigskuur wat afgebrand het. (Foto: Verskaf)

Die vliegtuigskuur wat in 2019 by die land se oudste lugmagbasis in ʼn brand verwoes is, is gesloop en nooit herbou nie nadat daar bevind is dat die struktuur onveilig is.

Die lugmag wag boonop nog vir die verslag wat die oorsaak van die brand sowel as die geraamde skade moet aandui.

Die brand het destyds een oggend vroeg by die Swartkop-lugmagbasis in Centurion uitgebreek en groot skade aangerig.

Die skuur wat afgebrand het, is egter vir algemene doeleindes gebruik en geen vliegtuig of museumartefakte is in die brand beskadig nie.

ʼn Gedeelte van die 100 jaar oue lugmagbasis is die tuiste van die lugmagmuseum, terwyl die suidekant van die basis steeds operasioneel benut word.

Brig.genl. Andries Mahapa, woordvoerder van die weermag, het aan Maroela Media bevestig dat daar geen herstelwerk of beplande herbouing aan loods 8 gedoen is ná afloop van die brand nie.

“Die raad van ondersoek (BOI), in konsultasie met die nasionale departement van openbare werke, het bevind dat die struktuur nie veilig is nie,” sê hy.

“Die loods is toe gesloop en die terrein is platgemaak.”

Sedertdien is daar nog nie ʼn nuwe loods gebou nie en daar is ook nie planne om dit te doen nie.

“Hierdie terrein word nou gebruik vir vertoningsdoeleindes tydens die lugmagmuseum se parades en lugskoue.”

Volgens Mahapa wag die lugmag steeds op die amptelike verslag wat die oorsaak van die brand moet aandui. Die verslag is tans by die senior aanklaer van die lugmag se regsatellietkantoor (Legsato).

“Die geraamde skade in randwaarde is nog nie bekend nie aangesien die bevindinge en aanbevelings eers aan al die betrokke partye beskikbaar gestel moet word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elna

Afrika my Afrika! Dis hartseer maar glo nie die gebou sal ooit weer vervang word nie.

casper

Brand die land af ANC – dis al wat julle ken !!

AW

Ja Nee !

Frederick

Kan daar nie na ‘n beter raad van ondersoek verwys word nie. Om darem meer as twee jaar te neem om met so ‘n verslag te voorskyn te kom klink asof niemand werklik omgee nie. Of is die raad nie bevoeg nie.

JohanR

Winnie Mandela – with out matches and tyres. En dan wil hulle Kaapstad lughawe na haar benoem!