Gebrek aan onderdele pootjie herstel van kragtoevoer in Jhb

(Argieffoto)

City Power het ʼn gebrek aan onderdele en voorraad in sy pakhuise die skuld gegee vir talle kragonderbrekings in die stad.

“Daar is verskeie gebiede in Johannesburg wat al twee weke lank sonder elektrisiteit sit,” het Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, Sondag gesê.

Volgens Mangena is daar ʼn tekort aan transformators, mini-substasies en smeltdrade.

“Netwerkoorlading het beteken die meeste hiervan het opgeblaas en uitgebrand wat tot die toename in aanvraag gelei het. Ons het weens Covid-19-uitdagings ook gesukkel om verskaffers van hierdie voorraad te kry.”

Mangena het gesê City Power het Vrydag onderdele begin ontvang en herstelwerk duur voort.

“City Power probeer sy bes om die agterstande uit te wis, maar ons pleit vir geduld.

“Ons doen ook ʼn beroep op mense om hul samewerking te gee wanneer ons spanne herstelwerk in hul gebied doen. City Power gaan nie skroom om sy spanne te onttrek as ons dink hulle is onveilig nie. Dit gaan die onderbrekings net langer laat voortduur,” het Mangena gewaarsku.

City Power het ook om verskoning gevra vir diegene wat deur uitgerekte onderbrekings geraak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

BEE

Johanncb

Ons is al só moeg vir leuens en verskonings!

Nie Verbaas

Wanbestuur, dis al.

Scalla

Covid word baie as verskoning gebruik

Magda

Nog n verskoning – Ai tog – kry hulle nie skaam om so n duidelike bewys van hulle ONBEVOEGDHEID te wys nie.