Gebrek aan tugstappe teen werkers wat hospitaal omkeer ‘onaanvaarbaar’

Die DA in Gauteng sê dit is onaanvaarbaar dat geen tugstappe nog gedoen is teen werkers wat die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg in Mei verlede jaar met rommel bestrooi en die werksaamhede by die hospitaal ontwrig het nie.

Strafregtelike klagte is aanhangig gemaak en al is beeldmateriaal oor die voorval beskikbaar, is niemand in hegtenis geneem nie, het DA-woordvoerder Jack Bloom Sondag gesê.

Die Charlotte Maxeke-hospitaal nadat werkers dit met rommel besaai het. (Foto: DA)

Die Gautengse LUR vir gesondheid, Bandile Masuku, het dié inligting op ʼn vraag van Bloom in die Gautengse wetgewer verskaf.

Mense was destyds woedend oor die rommel wat in hospitaalgange uitgegooi is en verhale van dokters en verpleegpersoneel wat hulself uit vrees vir hulle veiligheid in sale toegesluit het.

Klippe is gepak om ambulanse te verhoed om pasiënte na die hospitaal te bring en buitebande is voor die gebou aan die brand gesteek. Die werkers was ontevrede oor onbetaalde bonusse, het Bloom gesê.

Die voormalige minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het die optrede destyds “suiwer straatboewery” genoem en gesê enigeen wat personeel verhoed om hulle werk te doen, is ʼn “moordenaar”. Hy het gesê hy gaan met die polisie praat om diegene verantwoordelik in hegtenis te neem.

Die destydse LUR vir gesondheid, Gwen Ramokgopa, het selfs verder gegaan en gesê dit herinner aan die Life Esidimeni-tragedie.

Meer as ʼn jaar later sê die Gautengse gesondheidsdepartement egter “geen formele tugstappe is nog gedoen nie” en “ondersoekbeamptes is aangestel, maar daar is vertragings in die ondersoek”.

Strafregtelike aanklagte is by die Hillbrow-polisiestasie ingedien vir openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging, maar niemand is in hegtenis geneem nie en die “polisie stel nog ondersoek in”.

“Ek is woedend oor die onverskoonbare vertraging in dissiplinêre en polisieoptrede, al is 16 werkers in die beeldmateriaal geïdentifiseer en werk hulle steeds vir die hospitaal.

Die Charlotte Maxeke-hospitaal nadat werkers dit bemors het. (Foto: DA)

“Hoe is dit moontlik dat werkers wat ander gedreig het en skade van meer as R3 miljoen aangerig het, steeds vir die hospitaal werk? Daar moet verantwoordbaarheid en gevolge wees, anders gaan mense vry voel om die hospitaal te bemors wanneer hulle weer ʼn grief het.

“Daar is ongelukkig tipiese hoëvlakretoriek dat inhegtenisnemings gaan volg wanneer wet en orde verval, maar dit gebeur selde en weens polisie-onbevoegdheid is die kans selfs skraler dat dit in die hof gaan eindig,” het Bloom gesê.

“Ek vermoed die departement het dit probeer toesmeer, maar ek gaan die saak genadeloos opvolg om te verseker die skuldiges word afgedank en verskyn in die hof vir hulle walglike optrede in ʼn plek waar mense genesing moet kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Herman P ·

Wat gaan die ESKOM kaders doen as hulle bonusse dalk sloer….afbreek/afbrand?

Kry maar solank jou sonpanele…

Swannie ·

Daar sal niks van kom nie – ANC kaders beskerm altyd hul makkers.
Dit is ook deel van Suid Afrika se verval dat swart bestuur geensins belangstel om werklik beheer uit te oefen en hul werk met integriteit te doen nie.

Hie hie ·

Hulle het n pa wat die “werk” doen, hy/sy sit net kleur gee en hark groot salarisse en bonusse in.

Gemaskerde Sopbeen ·

Maar dis dan hoe Afrika werk, Mnr Bloom? Wat verstaan jy nie?

Hans ·

Moenie vrae vra nie. Dis die ANC se Afrika Borwa. Dis nou die nuwe standaard

Johann cb ·

In ons land doen baie burgers, en nie-burgers, wat hulle graag wil, want hulle wéét hulle gaan daarmee wegkom! So maklik soos dit!

Realised ·

Noem maar op.
Marikana, Life Esidemeni, Staatskaping en vele meer.
Moet nie ons asem ophou dat enigiets sal gebeur nie. Die land se eintlik ministers is die unie base.

Hanna Hoekom ·

En nou wag ons in spanning op die Nasionale Gesondheid Versekering. Dan is hierdie tipe gedrag ALMAL se voorland…

Manie ·

Die land kort n Margaret Thatcher om die vakbonde se monde te snoer. Maar ongelukkig is hier nie so n persoon. Die anc is niks sonder hulle meelopers die vakbonde

leser ·

weereens ‘n baie goeie bewys van wat die polisie kan doen, alle diensdoende polisie lede by polisie stasies is net daar om ‘n dag om te kry en ‘n salaris te kry, nie verdien nie, net te kry
treurig verby

Ben Parsons ·

Wat van die skade wat aangerig is.
R3 miljoen. Die wat op beeld gesien word moet betaal.

aj ·

Die Openbare Beskermer moet hierdie tipe barbarisme ondersoek en die skuldiges laat vervolg …. en haar POLITIEKE SPELETJIES laat staan!

aj ·

Die vandaliste se VAKBOND moet vervolg word om SKADEVERGOEDI G te betaal!

Vakbonde is volgens wet aanspreeklik vir die skade wat hulle lede veroorsaak!

Johan Maritz ·

Sorg net dat jy nie wit is nie anders gaan daar van jou n voorbeeld gemaak word.

Danie Theron ·

Hoekom, hoekom, hoekom? Wanneer gaan die ANC ruggraat kry? Boewe het ‘n vrypas in SA, hul dreig net ANC hul gaan nie vir hul stem of hul leed aandoen as hul teen hul optree!

Frikkels ·

As daar nou iemand is wat hierdie skuim tot verantwoording sal roep, is dit Jack Bloom. Ek het eerstehandse ondervinding van waartoe hierdie man in staat is. Go Jack go!

Sarel ·

Esidimeni??? Wie was ooit vervolg? Huis David’s in Pretoria – niemand vervolg nie
Dit is hoekom uitlanders Jhb. kan reageer. DA- hoekom word jaar na die tyd vrae gevra. Toemaar ek hoor die stilte

Frikkels ·

Feit is, daar word darem vrae gevra, al is dit laat. Ek is nie ñ DA ondersteuner nie, maar ek weet vir seker, as Jack Bloom begin gesels, dan gebeur daar goeie dinge.

Peet ·

Is ons verbaas – van wanneer af word votas gestraf?
Ons lewe in dìé doen-wat- ons-wil siklus vasgeval.
Moet net nie ‘n verkeerde aanspreek vorm gebruik nie – dan is dit boete, tronk en apologie.

stoney ·

.’n weeklank is in Tshwane gestaak deur busdrywers ens en water en rommel het die stad ontsier, polisievoertuie is beskadig , chaos het geheers. Ek hoor van praatjies wat sê vervolging gaan ingestel word teen diegene wat op kamera geïdentifiseer kan word. Watwou! Wie vervolg vir wie? Hulle eet saam, dis hulle kultuur. Basta met alle unies, die wortel van al die kwaad.

Anoniem ·

Sal graag wil weet hoeveel was die skade in Pretoria en hoeveel die verlies van prduktiwiteit en inkomste.

Frik ·

ANC ondersteunde terrorisme. Hul is meesters op daardie gebied.

Franje ·

En ek stres my dood oor ek n ongelisensieerde vuurwapen het. Party kom weg met moord.

Anka le Roux ·

Dis jammer dat dit die norm geword het wat mense glo aanvaarbaar is. Seker dele van die samelewing is n nodelose moet

hercu ·

dit gebeur wanneer onbevoegde, korrupte “mense” ‘n land regeer, dan word die geldeenheid waardeloos, die infrastruktuur en misdaad van daardie land onregeerbaar en hulle veroorsaak wanorde, want dieselfde “mense” het geen dissipline, etiese waardes of enige gevoel vir hulle medemens nie!!

hulle is leuenagtige, narre in hulle eie sirkus!

marous ·

Hoekom sal hulle iets doen ? Die skade is mos reg gemaak uit die belasting betaler se agtersak . Daar is nie genoeg swets woorde in 10 000 wereld tale om die mense te beskryf nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.